한국   대만   중국   일본 
Paleogeen - Wikipedia Gaan na inhoud

Paleogeen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Era Periode Epog Tyd gelede 
(in miljoen jaar)
Kainosoikum Kwarter Holoseen 0 - 0,0117
Pleistoseen 0,0117 - 2,588
Neogeen Plioseen 2,588 - 5,333
Mioseen 5,333 - 23,03
Paleogeen Oligoseen 23,03 - 33,9
Eoseen 33,9 - 56,0
Paleoseen 56,0 - 65,5
Mesosoikum Kryt Laat ouer
Moenie verwar word met die Paleoseen nie.

Die Paleogeen is die eerste geologiese periode van die Kainosoiese Era en strek van die einde van die laaste periode van die Mesosoiese Era , die Kryt , sowat 66 miljoen jaar gelede tot die begin van die Neogeen sowat 23,03 miljoen jaar gelede. Dit word veral gekenmerk deur die feit dat soogdiere ontwikkel het van relatief klein, eenvoudige vorme in groot, uiteenlopende diere na die Kryt-Paleogeen-uitwissing wat ’n einde aan die vorige Krytperiode gebring het. [1]

Die periode bestaan uit drie epogs : die Paleoseen , Eoseen en Oligoseen . Die einde van die Poleoseen (55,5/54,8 miljoen jaar) word gekenmerk deur een van die belangrikste tydperke van verandering tydens die Kainosoikum wat oseaan- en atmosferiese sirkulasie ontwrig en gelei het tot die uitwissing van talle seediere en ’n verandering in soogdiere .

Klimaat en geografie [ wysig | wysig bron ]

Die klimaat op aarde het tydens die Paleogeen verander van warm en vogtig tot kouer en droer. Die neiging duur vandag nog voort, hoewel dit van tyd tot tyd afgewissel word met warmer tydperke. Dit is gedeeltelik veroorsaak deur die Antarktiese Ringoseaan ( Engels : Antarctic Circumpolar Current ), ’n seestroom in die Suidelike Yssee wat ooswaarts om Antarktika loop en seewater se temperatuur laat daal het.

Die kontinente het in die Paleogeen al hoe nader aan hul huidige posisies geskuif. Indie het teen Asie gebots en die Himalaja gevorm. Die Atlantiese Oseaan het jaarliks met ’n paar sentimeter wyer geword. Afrika het noord beweeg tot teen Europa , terwyl Suid-Amerika nader aan Noord-Amerika geskuif het. Australie het geskei geraak van Antarktika en in Suidoos-Asie se rigting beweeg.

Flora en fauna [ wysig | wysig bron ]

Soogdiere het ’n groot diversifikasie ondergaan. Na die Kryt-Paleogeen-uitwissing wat gelei het tot die uitsterwing van nie-vlieende dinosourusse , het hulle ontwikkel in die meeste van die moderne soogdiere van vandag. Sommige het in groot diere ontwikkel wat die land oorheers het, terwyl ander aangepas het by see- en lugomgewings. Sommige soogdiere het hulle gewend tot ’n lewe in bome en die primate geword waarvan die mens afstam. Voels het ook toegeneem na die uitwissing van die pterosourusse .

Nadat die aarde afgekoel het, was tropiese plante minder en beperk tot streke naby die ewenaar. Bladwisselende plante het algemener geraak en kon die seisoenale klimaat wat nou oor die wereld heen geheers het, beter oorleef. Een van die grootste gebeurtenisse in die plantlewe in die tyd was die ontwikkeling van die eerste grasspesies. Hulle het uitgebrei en nuwe ekologiese omgewings geskep wat vandag as savannes en preries bekend is. Die graslande het baie van die woude vervang omdat hulle beter kon oorleef in die droer klimaat wat tipies was van baie streke in die tyd.

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. Robert W. Meredith, Jan E. Janecka, John Gatesy, Oliver A. Ryder, Colleen A. Fisher, Emma C. Teeling, Alisha Goodbla, Eduardo Eizirik, Taiz L. L. Simao, Tanja Stadler, Daniel L. Rabosky, Rodney L. Honeycutt, John J. Flynn, Colleen M. Ingram, Cynthia Steiner, Tiffani L. Williams, Terence J. Robinson, Angela Burk-Herrick, Michael Westerman, Nadia A. Ayoub, Mark S. Springer, William J. Murphy. 2011. Impacts of the Cretaceous Terrestrial Revolution and KPg extinction on mammal diversification. Science 334:521-524.

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]


Proterosoikum Fanerosoiese Eon
   Neoproterosoikum    Paleosoiese Era Mesosoiese Era Kainosoiese Era
Ediacarium Kambrium Ordovisium Siluur Devoon Karboon Perm Trias Jura Kryt Paleogeen Neogeen Kwarter