in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ou Styl
(O.S.) en
Nuwe Styl
(N.S.) word soms by datums gevoeg om dit duidelik te maak watter kalenderstelsel gebruik is. O.S. dui byvoorbeeld aan 'n datum is bereken volgens die
Juliaanse kalender
, wat voorheen in baie lande gebruik is, eerder as die
Gregoriaanse kalender
, wat tans in die meeste lande gebruik word. In
Engeland
se geskiedenis kan dit ook daarop dui dat die begin van die Juliaanse kalender aangepas is om op
1 Januarie
te val, hoewel ’n ander jaarbegin op daardie tydstip gebruik is.
Hoeveel dae die twee kalenders verskil, wissel van eeu tot eeu. (Vergelyk tabel regs.)
In
Rusland
is die Juliaanse kalender tot op
14 Februarie
1918
gebruik. Enige datum in die geskiedenis voor die dag is volgens die kalender (dus O.S.) bereken. So het die
Russiese Rewolusie van 1917
op 25 Oktober (O.S.) plaasgevind en dit word steeds in Rusland die "Oktober-rewolusie" genoem. In die Nuwe Styl, wat toe al feitlik oral ter wereld gebruik is, het die rewolusie egter op 7 November plaasgevind.
Die
Oosters-Ortodokse Kerk
gebruik steeds die Juliaanse kalender en daarom val
Kersfees
in Rusland en sommige ander lande tans op
7 Januarie
(wat 25 Desember is volgens die Juliaanse kalender).
In
Brittanje
is dit gebruiklik om die meeste datums van die Juliaanse kalender by die Gregoriaanse
jaar
aan te pas sonder om die
dag en maand
te verander. Die Engelse kalenderjaar het van die
12de eeu
tot in
1752
op 25 Maart begin.
[1]
’n Gebeurtenis tussen 1 Januarie en 24 Maart sou dus in die vorige jaar geval het omdat die kalenderjaar toe eers op 24 Maart geeindig het.
Die datum van koning
Charles I
se teregstelling is in die tyd aangeteken as 30 Januarie 164
8
(O.S.).
[2]
In moderne weergawes van die gebeure word die datum gewoonlik aangegee as 30 Januarie 164
9
(N.S.). As die datum volledig omgeskakel sou gewees het na die Gregoriaanse kalender, sou dit 9 Februarie 1649 gewees het, die datum wat sy tydgenote in sekere dele van Europa waar die Gregoriaanse kalender toe reeds gebruik is, sou beskou het as die dag van die teregstelling.
25 Maart (O.S.) val in die Nuwe Styl op 6 April, en dit is steeds die eerste dag van die
finansiele jaar
in Brittanje.