Orange, Vaucluse

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Orange
Lugfoto van sentraal Orange
Lugfoto van sentraal Orange
Wapen van Orange
Wapen
Koordinate: 44°08′18″N 4°48′35″O  /  44.1383°N 4.8097°O  / 44.1383; 4.8097 Koordinate : 44°08′18″N 4°48′35″O  /  44.1383°N 4.8097°O  / 44.1383; 4.8097
Regering
 ? Burgemeester Jacques Bompard [1]
Oppervlak
 ? Totaal 74,2 km 2 (28,6 vk. myl)
Die Triomfboog van Orange
'n Opvoering van Madame Butterfly op 9 Julie 2007
Die Romeinse teater in Orange

Orange ( Franse uitspraak: ​ [?????] ; Provensaalse Oksitaans : Aurenja of Aurenjo in Standaard-Mistraliaans ) is 'n commune in die Vaucluse departement van die Provence-Alpes-Cote d'Azur gewes in suid-oos Frankryk . Dit is gelee omtrent 21 km (13 mi) noord van Avignon . Dit beskik grotendeels oor 'n landbou ekonomie.

Bevolking [ wysig | wysig bron ]

Met ingang 2018 het die munisipaliteit oor 28,922 inwoners beskik. Die stad van Orange is bevolkingsgewys die tweede grootste munispaliteit (commune) van Vaucluse na Avignon , met Carpentras wat oor die derde grootste bevolking beskik. [2]

Historiese bevolking
Jaar Inwoners ±% p.a.
1793 7 000 ?    
1800 7 270 +0.54%
1806 7 440 +0.39%
1821 8 307 +0.74%
1831 9 123 +0.94%
1836 8 874 ?0.55%
1841 8 633 ?0.55%
1846 9 231 +1.35%
1851 9 824 +1.25%
1856 10 621 +1.57%
1861 10 007 ?1.18%
1866 10 622 +1.20%
1872 10 064 ?0.90%
1876 10 212 +0.37%
1881 10 301 +0.17%
1886 10 280 ?0.04%
1891 9 859 ?0.83%
1896 9 980 +0.24%
Jaar Inwoners ±% p.a.
1901 10 096 +0.23%
1906 10 303 +0.41%
1911 11 087 +1.48%
1921 10 766 ?0.29%
1926 10 799 +0.06%
1931 11 956 +2.06%
1936 12 946 +1.60%
1946 13 978 +0.77%
1954 17 478 +2.83%
1962 19 912 +1.64%
1968 24 562 +3.56%
1975 25 371 +0.46%
1982 26 499 +0.62%
1990 26 964 +0.22%
1999 27 989 +0.42%
2007 30 025 +0.88%
2012 28 948 ?0.73%
2017 28 919 ?0.02%
Bron: EHESS en INSEE (1968-2017) [3]

Toeriste aantreklikhede [ wysig | wysig bron ]

Die stad is bekend vir sy Romeinse argitektuur. Sy Romeinse teater, die Theatre antique d'Orange, word beskryf as die indrukwekkendste Romeinse teater in Europa. Die datum van die oprigting van die boog word steeds gedebateer, maar huidige navorsing wat die inskripsie op die boog as afdoende bewyse aanvaar, dui daarop dat die oprigting daarvan tydens die heerskappy van keiser Augustus plaasgevind het. Die boog bevat ook 'n inskripsie wat in 27 n.C. aan keiser Tiberius gewy is, toe dit deur Tiberius opgerig is om die oorwinnings van Germanicus oor die Duitse stamme in die Rynland te vier. Die boog, teater en nabygelee omgewing is in 1981 deur UNESCO gelys as 'n Werelderfenisgebied .

Kultuur [ wysig | wysig bron ]

In 1869 is die Romeinse teater gerestoureer. Dit dien sedertdien as die venue van 'n musiekfees. Die fees, wat in 1902 die naam Choregies d'Orange gekry het, word sedertdien jaarliks gehou en is nou bekend as 'n internasionale operafees .

In 1971 is die "Nuwe Choregies" begin en het dit oornag 'n internasionale wegholsukses geword. Verskeie van die bekendste internasionale operasterre het in die teater opgetree, waaronder Barbara Hendricks, Placido Domingo , Montserrat Caballe , Roberto Alagna , Rene Pape en Inva Mula. Operas soos Tosca , Aida , Faust en Carmen is al hier opgevoer.

Die Romeinse teater is een van drie erfenisterreine waar die Romeinse muur nog besigtig kan word.

Die Meyne-rivier

Susterstede [ wysig | wysig bron ]

Orange is die susterstad van: [4]

  • Breda , Vlag van Nederland  Nederland (1963)
  • Vlag van Libanon Byblos, Libanon (2004)
  • Vlag van België Diest, Belgie (1963)
  • Vlag van Duitsland Dillenburg, Duitsland (1963)
  • Vlag van Pole Jarosław, Pole (2000)
  • Vlag van Pole Kielce, Pole (1992)
  • Vlag van Duitsland Rastatt , Duitsland (1965)
  • Vlag van Italië Spoleto, Italie (1981)
  • Vlag van Spanje Velez-Rubio, Spanje (2004)
  • Vlag van Volksrepubliek China Weifang , China (2004)

Orange vorm die Unie van Oranje-stede saam met Breda, Diest en Dillenburg. [4]

Klimaat [ wysig | wysig bron ]

Oranje beskik oor 'n bedompige subtropiese klimaat, met net te veel reenval in die somer om 'n mediterreense klimaat-klassifikasie te he. Somers is warm en relatief droog. Die meeste reenval kom in die lente en herfs voor, hoewel dit gepaardgaan met lae temperature. Winters is nie te straf nie, maar ryp en sneeu is nie ongehoord nie. [5] Op 28 Junie 2019 het die temperatuur 41,0 ° C behaal.

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. "Repertoire national des elus: les maires" . data.gouv.fr, Plateforme ouverte des donnees publiques francaises (in Frans). 2 Desember 2020 . Besoek op 12 Desember 2020 .
  2. Telechargement du fichier d'ensemble des populations legales en 2018 , Institut national de la statistique et des etudes economiques
  3. Population en historique depuis 1968 , INSEE
  4. 4,0 4,1 "La ville d'Orange est liee au Monde par son histoire" . ville-orange.fr (in Frans). Orange . Besoek op 14 Januarie 2021 .
  5. Climate Summary for Orange, France ad

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]

Toerisme-inligting oor (France) Orange (France) op Wikivoyage