in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Opvoedkunde
of
pedagogiek
is die studie van hoe volwassenes (onderwysers, ouers) jongmense grootmaak vir 'n bepaalde doel. Die studie van onderwys word
onderwyskunde
genoem. Die studie van lesgee self, word
didaktiek
genoem.
Opvoedkunde is die wetenskap van die ontwikkeling van 'n kind tot by volwassenheid. Dit bestudeer die opvoeding, die ontwikkelingsfases, asook die verhouding tussen die kind en sy omgewing: familielede, skool, vriende, die geboue in sy omgewing, media ens. Dit le veral klem op die handelinge. Opvoeding is dus die toepassing van opvoedkunde in die praktyk.
Dit is opmerklik dat die opvoedkunde (pedagogiek) vir 'n lang tyd nie in alle lande as selfstandige wetenskap bestaan het nie maar dat dit in Nederland en Vlaandere wel so was. Gespesialiseerde studierigtings in pedagogiek sluit in:
- sosiale pedagogiek
- onderwyspedagogiek (met inbegrip van
didaktiek
)
- kliniese pedagogiek
- teoretiese pedagogiek
- forensiese pedagogiek
- Geskiedkundige pedagogiek
bestudeer hoe opvoeders (onderwysers en ouers) in die verlede gestalte gegee het aan die begeerte om jeugdiges met 'n bepaalde doel voor oe groot te maak.
- Ortopedagogiek bestudeer die grootmaak van jeugdiges met liggaamsgestremdheid:
ontwikkelingsstoornis
of
leerstoornis
soos
ADHD
of
disleksie
.
- Psigopedagogiek
Sommiges huldig die mening dat daar teoriee behoort te bestaan wat altyd en oorhoofs behoort te geld oor die (Beinvloeding van) menslike gedrag. Ander meen egter dat menslike gedrag onvoorspelbaar is en kan slegs met nabetragting evalueer word. Soms word pedagogiek gesien as 'n vorm van toegepaste
sielkunde
.
Algemene vakgebiede van die pedagogiek is:
- emosionele ontwikkeling
- estetiese ontwikkeling
- etiese ontwikkeling
- intellektuele en kognitiewe ontwikkeling
- liggaamlike opvoeding
- persoonlikheidsontwikkeling
- seksuele ontwikkeling
- sosiale ontwikkeling
Internasionaal bekende opvoedkundiges
Suid-Afrikaanse opvoedkundiges
- W. A Landman (1923- )
- P.A van Niekerk
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Pedagogy
.
|