in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Oosseefinse
of
Balto-Finse tale
is 'n reeks verwante
tale
met 'n gemene oorsprong wat in die gebied aan die ooskus van die
Oossee
deur ongeveer 7 miljoen mense gepraat word. Dit is 'n onderafdeling van die
Fins-Samiese tale
wat tot die
Fins-Oegriese
tak van die
Oeraalse taalfamilie
behoort.
[2]
[3]
Oosseefins is 'n dialek kontinuum wat gewoonlik in sewe tale verdeel word.
[4]
Die hoof moderne Oosseefins tale is
Fins
en
Estnies
[5]
Die ander Finse tale in die Oossee gebied is
Ingries
,
Karelies
,
Wepsies
,
Woties
, wat om die
Finse Golf
en die mere Onega en Ladoga gepraat word asook
Voro
wat in die suidooste van Estland gepraat word en
Lyfs
in
Lyfland
in
Letland
.
Ludies
word soms van Karelies onderskei en
Seto
van Estnies en Voro.
Fins
en
Estnies
is amptelike tale van die
Europese Unie
en
Finland
en
Estland
onderskeidelik. Die kleiner Oosseefinse tale is almal bedreig en Lyfs en Woties het beide minder as 100 sprekers oor en word as uiters bedreig beskou.
[5]
Fins en Estnies is die enigste van die tale wat gevestigde literere tale is.
Meankieli
(in noordelike Swede in die
Tornedal
en
Kven
in
Finnmark
in
Noorwee
is
Finse
dialekte wat deur die twee
Skandinawiese
lande as onafhanklike minderheidstale erken word.
Die Oosseefinse tale deel 'n aantal kenmerke soos die gebrek aan grammatikale geslag, gebrek aan lidwoorde, soortgelyke klem, komplekse klanklengtes, konsonant gradiasie, ens.
Die taalfamilieboom in die inligtingskas verteenwoordig die tradisionele binere boom vir die Oraalse tale. Sommige vakkundiges is van mening dat aanpassings in Oeralies gemaak moet word wat tot 'n kleiner boom lei.
[6]
- ↑
Jacek Fisiak, Raymond Hickey, Stanisław Puppel, Language History and Linguistic Modelling: A Festschrift for Jacek Fisiak on His 60th Birthday, Contributor Jacek Fisiak, Uitgegee deur Walter de Gruyter, p831, 1997,
ISBN 3-11-014504-9
, 9783110145045
- ↑
Finno-Ugric languages at
concise.britannica
- ↑
Denis Sinor, The Uralic languages description, history and foreign influences, Handbuch der Orientalistik. 8 , Handbook of Uralic studies, uitgegee deur BRILL, 1988,
ISBN
9004077413, 9789004077416, Geraadpleeg op Google Books, 4 Januarie 2008
- ↑
Daniel Mario Abondolo, The Uralic Languages, Uitgegee deur Taylor & Francis, 1998,
ISBN 0-415-08198-X
, 9780415081986
- ↑
5,0
5,1
Finnic Peoples
at
Encyclopædia Britannica
- ↑
Daniel Mario Abondolo, The Uralic Languages, Uitgegee deur Taylor & Francis, 1998,
ISBN 0-415-08198-X
, 9780415081986, bl. 3