in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ontwikkelingsielkunde
is die studie van die
psigologiese
ontwikkeling van die mens deur sy lewensloop. Hierdie rigting fokus hoofsaaklik op die kognitiewe, sosiale en morele ontwikkeling van kinders, pubers, volwassenes en bejaardes. Bekende sielkundiges wat geskryf het oor menslike ontwikkeling is
Jean Piaget
,
Erik Erikson
,
Sigmund Freud
en
Carl Gustav Jung
.