in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ons gemeentelike feesalbum
'n Oorsig van die Ontstaan en Groei van die Gemeentes van die Ned. Geref. Kerke met geleentheid van die Van Riebeeck-fees 1952
|
|
|
Skrywer
| Ds.
P.L. Olivier
|
Land
| Suid-Afrika
|
Taal
| Afrikaans
|
Onderwerp
| Geskiedenis van die
Nederduitse Gereformeerde Kerk
|
Genre
| Kerkgeskiedenis
|
Uitgewer
| N.G. Kerk-Uitgewers van S.A.
|
Uitgegee
| 1952
|
Medium
| Hardeband
|
Bladsye
| 608
|
|
Titelblad van "Ons gemeentelike feesalbum", 1952.
Ons gemeentelike feesalbum
is 'n gedenkboek wat die
N.G. Kerk-uitgewers
in 1952 die lig laat sien het om saam te val met die
Van Riebeeck-fees
, die 300-jarige herdenking van die koms van
Jan van Riebeeck
na die Kaap.
Die album vertel in gemiddeld 'n bladsy elk die verhaal van meer as 600 gemeentes van die
Nederduitse Gereformeerde Kerk
se ontstaan en groei. Die boek is verdeel in die indertydse vier sinodes: Kaap, Natal, Vrystaat en Transvaal. Die gemeentes in die destydse
Suid-Rhodesie
en
Noord-Rhodesie
het onder die Vrystaatse Sinode geval en is daarom onder daardie afdeling ingesluit, terwyl die drie gemeentes in Oos-Afrika (
Meru
,
Vergenoeg
en
Loubser
) deel was die Transvaalse Sinode en as sodanig geplaas is.
Suidwes-Afrika
het destyds onder die Kaapse Kerk geval en is daar ingedeel.
Talle gemeentes het nie gegewens ingestuur nie en word daarom net met stigtingsjaar en leraar(s) aan die einde van hulle onderskeie sinodes behandel. Voorin die boek is 'n reeks foto's wat die verhaal van gemeentes se ontstaan vertel en agterin talle foto's van kerkgeboue en sleutelfigure in die kerk se geskiedenis. By die meeste gemeentes se inskrywing is daar 'n foto van die leraar of medeleraars.
Ds.
Phil Olivier
was die samesteller van die feesalbum.
In 2010 het boekhandelaars die feesalbum teen tussen R100
[1]
en R250
[2]
verkoop, na gelang van die toestand. Die oorspronklike uitgewersprys was £2.5s.
Vir die buiteblad van die boek is 'n foto van die kerkgebou van die
NG gemeente Steynsburg
gebruik.