in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Oliver Laurence North
of
Ollie North
[1]
is 'n afgetrede luitenant-kolonel van die
Amerikaanse Marinierskorps
. Hy is ook 'n bekende TV-persoonlikheid, politieke kommentator, skrywer en was by die Iran-Contra-skandaal betrokke.
Oliver Laurence North is op
7 Oktober
1943
in
San Antonio
,
Texas
gebore, maar word in
Philmont
in
New York
groot. Hy studeer aan die Staatsuniversiteit van New York by Brockport. In 1987 is hy met Betsy Stuart getroud.
North het 22 jaar in die Amerikaanse marinierskorps gedien, onder andere tydens die
Vietnamoorlog
. In 1981 word hy lid van die staf van die Nasionale Veiligheidsraad van die
Reagan-regering
, hy koordineerder van 1983 tot 1986 die bestryding van
terrorisme
, en word uiteindelik adjunkdirekteur vir politiek-militere sake. Hy koordineer die inval van
Grenada
in 1983. In 1985 speel hy 'n belangrike rol in die suksesvolle poging om die kapers van die passasierskip, die
Achille Lauro
in
Italie
te arresteer. North was ook in 1986 by voorbereidings vir die lugaanvalle op Libiese militere basisse in
Tripoli
en
Benghazi
, as vergelding vir 'n bomaanslag in 'n Berlynse nagklub betrokke.
Die Iran-Contra-skandaal
[
wysig
|
wysig bron
]
In die laat 1980's verkoop die VSA in die geheim wapens aan
Iran
om die vrylating van Amerikaanse gyselaars wat in
Libanon
aangehou is aan te moedig. North formuleer egter 'n tweede deel van die plan, wat die opbrengs van die verkope na die Contra-rebelle in
Nicaragua
herlei. Dit was spesifiek ingevolge die Boland-Amendement verbied en hy is op 5 Julie 1989 vir sy aandeel daaraan gevonnis.
Hy is vir drie jaar gevangenis met opskorting, twee jaar voorwaardelik, 'n $150 000 boete en 1 200 uur gemeenskapsdiens gevonnis. Op 20 Julie 1990 is sy veroordeling tersyde gestel omdat die proses nie regverdig was nie en dit op TV uitgesaai is. Die Amerikaanse Hooggeregshof verwerp die saak en het nie 'n hersiening daarvan toegestaan nie.
In 1994 staan North as senator in
Virginia
, maar was nie suksesvol nie. Hy het verskeie blitsverkopers geskryf, waaronder:
Under Fire
,
One More Mission
,
War Stories - Operation Iraqi Freedom
,
Mission compromised
,
The Jericho sanction
en
The Assassins
. Hy skryf ook rubrieke en is die gasheer van die TV-program
War Stories with Oliver North
.