in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Oezbekistanse Sosialistiese Sowjetrepubliek
(
Oezbekies
: ?збекистон Совет Социалистик Республикаси, Ozbekiston Sovet Sotsialistik Respublikasi;
Russies
: Узбекская Советская Социалистическая Республика, Oezbekskaja Sowetskaja Sotsialistitsjeskaja Respoeblika), ook bekend as die Oezbekistanse SSR, Oezbekistan of Oesbekistan, was een van die republieke van die
Sowjetunie
.
Die Oezbekistanse Sosialistiese Sowjetrepubliek het op 27 Oktober 1924 tot stand gekom. Die Tadjikistanse OSSR het ook eers deel van Oezbekistan uitgemaak ? tot dit in
1929
die
Tadjikistanse Sosialistiese Sowjetrepubliek
geword het. ’n Jaar later is Oezbekistan se hoofstad van
Samarkand
na
Tasjkent
geskuif. Waarskynlik in ’n poging om die
Kazachstanse Sosialistiese Sowjetrepubliek
te verswak, is die Karakalpakse OSSR in
1936
van die gebied geskei en deel van Oezbekistan gemaak. Na die
Tweede Wereldoorlog
is nog verskeie gebiede tussen die twee republieke rondgeskuif.
Op
1 September
1991
is die Oezbekistanse SSR hernoem tot die Republiek van
Oezbekistan
, maar dit het amptelik deel van die Sowjetunie gebly tot op
26 Desember
1991
.
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel
en:Uzbek Soviet Socialist Republic
Republieke van die Sowjetunie
|
---|
|