in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Nicolaas Jacobus de Wet
(plaas Mooifontein, distrik
Aliwal-Noord
,
11 September
1873
?
Pretoria
,
16 Maart
1960
) was 'n
Suid-Afrikaanse
kabinetsminister,
hoofregter
, waarnemende
goewerneur-generaal
en van 1943 tot 1951 kanselier van die
Universiteit van Suid-Afrika
.
[1]
De Wet verwerf in 1893 'n graad aan die
Victoria-kollege
en gaan na die
Universiteit van Cambridge
om in die regte te studeer. Hy vestig hom drie jaar later in
Kaapstad
as advokaat toe hy lid van die Kaapse balie word.
In September 1913 tree hy toe tot die politiek, word verkies tot
Volksraadslid
vir
Wakkerstroom
en word minister van justisie, wat hy bly tot 1924. Later verteenwoordig hy die kiesafdeling
Potchefstroom
. In 1921 word hy tot senator benoem en bly in die Senaat tot 1929. In 1932 word hy as regter in
Transvaal
aangestel.
De Wet is in 1935 benoem tot voorsitter van die
Nasionale Parkeraad
en in 1937 aangestel as appelregter, voor hy op
15 Julie
1939
aangestel word as hoofregter. Van 1942 af vervul hy die pligte van die goewerneur-generaal as amptenaar belas met die uitvoerende gesag, maar hoewel hy meer as een keer die pos van voltydse goewerneur-generaal aangebied is, weier hy dit telkens.
In 1943 tree hy af as hoofregter en dien van daardie jaar tot in 1951 as kanselier van die
Universiteit van Suid-Afrika
. Hy sterf in 1960 in
Pretoria
. Die
Johannesburgse
voorstad
Dewetshof
is sowat ses jaar tevore na hom genoem.
- Albertyn, dr. C.F. (red.) 1962.
Die Afrikaanse Kinderensiklopedie
. Kaapstad, Bloemfontein, Johannesburg: Nasionale Boekhandel Bpk.
- Rosenthal, Eric
. 1978.
Encyclopaedia of Southern Africa
. Cape Town and Johannesburg: Juta and Company Limited.