in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Dr. Johannes Nicolas Malan
(1903?1981), beter bekend as
Nico Malan
, was 'n
Suid-Afrikaanse
prokureur, politikus en die
administrateur
van
Kaapland
.
[1]
Malan is op
8 Augustus
1903
in
Fort Beaufort
gebore en is op
2 April
1981
in sy geboortedorp oorlede.
[2]
Hy word op 28 April 1960 die waarnemende administrateur van die Kaapprovinsie, maar is op 28 April 1960 permanent in die pos aangestel. Na sy aanstelling het hy, ter wille van neutraliteit, sy persoonlike lidmaatskap as 'n dienende lid van die
Nasionale Party
opgese. Hy was die administrateur tot 1 Junie 1970, waarna Andries Hendrik Vosloo die leisels by hom oorgeneem het.
Op 17 Junie 1964 het hy die nuwe gebou van die
Hoerskool Groote Schuur
ingewy. Sy vrou het die skoolgebou oopgesluit en hy het die hoeksteen in die voorportaal onthul.
In 1968 is ereburgerskap van
Kimberley
aan hom toegeken.
[1]
Dit was een van Malan se ideale om die eerste skouburg (teaterkompleks) in Suid-Afrika te bou. Sy droom is bewaarheid en die Nico Malan-teater is in 1971 geopen. In Maart 2001 is dit hernoem na die
Kunstekaap-teatersentrum
, toe
Kruik
met die Kunstekaap-geselskap vervang is.
[3]