in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Monopoly
is een van die bekendste bordspele en is gemaak deur Hasbro en Parker Brothers. Deelnemers kompeteer om rykdom te vermag deur gestileerde ekonomiese aktiwiteite, soos die koop, huur en verhandel van eiendom. Speelgeld word gebruik en deelnemers maak beurte om oor die bord te skuif met behulp van twee dobbelstene. Die spel is na die ekonomiese konsep "
monopolie
" vernoem: die dominering van 'n mark deur 'n enkele verskaffer.
Sedert Charles Darrow die speletjie in 1935 gepatenteer het (aldus Hasbro), het 750 miljoen mense dit gespeel, wat dit die mees gespeelde kommersiele bordspeletjie in die wereld maak. Die 1999 Wereldrekordboek deur Guinness het Hasbro se vorige statistiek van 500 miljoen mense aangehaal. Die speletjie is in meer as 103 lande gelisensieer en in meer as 37 tale gedruk. In 2015 is daar beraam dat die speletjie wereldwyd 275 miljoen kopiee verkoop het.
[1]
Met die uitreiking van die oorspronklike Suid-Afrikaanse weergawe was Eloffstraat die waardevolste eiendom in die vier stede wat destyds deel was van die spel:
Johannesburg
,
Kaapstad
,
Bloemfontein
en
Durban
. Indertyd kon spelers eiendom in Eloffstraat koop vir R400. In die jongste plaaslike weergawe, die van 2002, is die tradisionele eiendomme in middestede verruil vir meer eksklusiewe eiendomme (soos R40 000 vir eiendom in
Clifton
) en is die strate in die vier stede vervang deur stede, buurte en bakens.
[2]
Monopoly
is afgelei van
The Landlord's Game
, geskep deur
Lizzie Magie
in die Verenigde State in 1903 as 'n manier om te demonstreer dat 'n ekonomie wat individue beloon, beter is as een waar monopoliee al die rykdom hou.
[3]
en om die ekonomiese teoriee van Henry George te bevorder - veral sy idees oor belasting.
[4]