Mensape
(saam bekend as
Hominoidea
) is 'n
klade
Ouwereldse
ape
wat
inheems
is aan
Afrika
en
Suidoos-Asie
. Saam met sy sustersgroep,
Cercopithecidae
, vorm dit die klade
Catarrhini
. Die
Nuwe Wereld
se ape het vroeer van die van die
Ou Wereld
afgeskei deur hulle oorkant die
Atlantiese Oseaan
te vestig. Hulle word van ander
primate
onderskei deur 'n groter graad van bewegingsvryheid by die skouerblad, wat ontwikkel het danksy die swaai aan takke. Mensape het nie sterte nie, blykbaar vanwee 'n
mutasie
van die TXBT-
geen
.
[2]
Daar is twee oorlewende takke van die superfamilie Hominoidea: die
gibbons
, of langarmape, en die
hominiede
, of groot ape.
- Eersgenoemde, die familie
Hylobatidae
, sluit vier
genusse
en altesaam 20
spesies
gibbons in, wat almal inheems aan
Asie
is. Hulle kom baie in bome voor en is tweevoetig op die grond. Hulle het ligter lywe en kleiner sosiale groepe as die groot ape.
- Die familie
Hominidae
("hominiede"), die groot ape, sluit ook vier genusse in en bevat drie lewende spesies
orangoetangs
en hulle subspesies; twee lewende spesies
gorillas
en hulle subspesies; twee lewende spesies van die genus
Pan
(
bonobo's
en
sjimpansees
) en hulle subspesies; en die
mens
in 'n enkele lewende subspesie,
Homo sapiens sapiens
.
Buiten die gorilla en die mens is hominoiede ratse boomklimmers. Hulle eet 'n verskeidenheid plante en soorte vleis, veral plantvoedsel: Dit sluit in
vrugte
,
blare
,
wortels
en
sade
, insluitende
neute
en
grassade
. Mense se dieet verskil soms heeltemal van die van ander hominoiede veral vanwee die ontwikkeling van
tegnologie
en 'n groot verskeidenheid
habitats
. Die mens is verreweg die talrykste van al die Hominoidea-spesies; daar is sowat 'n paar duisend van hulle vir elke ander primaat.
Alle niemenslike hominoiede is skaars en word bedreig. Die grootste bedreiging is 'n verlies van tropiese
reenwoude
en die feit dat hulle vir bosvleis
gejag
word. Ook die
ebola
-virus staar die mensape van Afrika in die gesig. Ebola-infeksies word beskou as die grootste bedreiging vir die oorlewing van die Afrika-mensape. Dit was sedert 1990 verantwoordelik vir die dood van minstens 'n derde van alle gorillas en sjimpansees.
[3]
Hominoidea
is 'n superfamilie
ape
, en die familie
Hominidae
bevat die familie groot ape en mense binne die superfamilie. Die
Homininae
bevat beide die mense en Afrika-ape. Laasgenoemde verwys net na die
sjimpansee
en
gorilla
.
[4]
Die term
Hominini
verwys na die menslike
tribus
, waarvan
Homo sapiens
(moderne mense) die enigste lewende spesie is.
[5]
[6]
Catarrhini (31 m.j.g.)
|
Hominoidea/ape (20,4 m.j.g.)
|
Hominidae
/groot ape (15,7 m.j.g.)
|
Homininae
(8,8 m.j.g.)
|
Hominini
(6,3 m.j.g.)
|
|
mense (genus
Homo
)
|
|
|
sjimpansees (genus
Pan
)
|
|
|
|
|
gorillas (genus
Gorilla
)
|
|
|
|
|
orangoetangs (genus
Pongo
)
|
|
|
|
|
gibbons/langarmape (family Hylobatidae)
|
|
|
|
|
Cercopithecoidea
Ouwereldse ape
|
|
|
|
'n Vergelyking in grootte tussen (van links) 'n gibbon, mens, sjimpansee, gorilla en orangoetang. Niemenslike hominoides staan gewoonlik nie regop nie.
Die families en lewende genusse en spesies van hominoides is:
- Superfamilie Hominoidea
[7]
- Familie
Hominidae
: Hominiede ("groot ape")
- Genus
Pongo
: orangoetangs
- P. pygmaeus
- P. abelii
- P. tapanuliensis
[8]
- Genus
Gorilla
: gorillas
- Genus
Homo
: mense
- Genus
Pan
: sjimpansees
- Familie
Hylobatidae
: gibbons ("langarmape")
- Genus
Hylobates
- Genus
Hoolock
- Genus
Symphalangus
- Genus
Nomascus
Geskiedenis van taksonomie
[
wysig
|
wysig bron
]
Die geskiedenis van hominoiede se taksonomie is ingewikkeld. Onlangse bewyse het ons begrip verander van die verwantskap tussen die verskillende hominoiede, veral wat betref die menslike lyn; en die terme wat tradisioneel gebruik is, is taamlik verwarrend. Mededingende benaderings tot metodologie en terminologie word in huidige wetenskaplike bronne aangetref. Owerhede het mettertyd die name en betekenis van name van groepe en subgroepe verander namate nuwe bewyse die begrip van verwantskappe tussen hominoiede verander het. (Dit sluit in nuwe ontdekkings van
fossiele
en
gereedskap
en van waarnemings in die veld, asook die voortdurende vergelykings van
anatomie
en
DNS
-reekse.) Daar was 'n stelselmatige afgradering van mense van om "spesiaal" te wees" in taksonomie tot om "een van baie" te wees.
Vandag is daar agt lewende
genusse
hominoiede. Dit is die vier genusse in die familie Hominidae, naamlik
Homo
,
Pan
,
Gorilla
en
Pongo
; plus vier genusse in die familie Hylobatidae (gibbons):
Hylobates
,
Hoolock
,
Nomascus
en
Symphalangus
.
[7]
Carl Linnaeus
se insluiting van mense in die orde
Primates
saam met ander ape het sommige mense, wat so 'n nou verwantskap tussen die mens en die res van die
dierew
ereld ontken het, gepla. Linnaeus se Lutherse aartsbiskop het hom van "goddeloosheid" beskuldig. Op 25 Februarie 1747 skryf Linnaeus:
Dit is nie vir my lekker om die mens tussen die primate te plaas nie, maar die mens ken homself intiem. Laat ons nie oor woorde kibbel nie. Dit sal vir my om't ewe wees watter naam gebruik word. Maar ek soek desperaat by jou en die hele wereld 'n algemene verskil tussen die mens en ape volgens die beginsels van die
natuurgeskiedenis
. Ek weet beslis van geen. As iemand net vir my een kan opnoem! As ek 'n man 'n aap noem, of omgekeerd, sal ek al die teoloe teen my laat saamspan. Miskien moet ek dit doen, volgens die wet van natuurgeskiedenis.
[9]
Daarna het Johann Friedrich Blumenbach in die eerste uitgawe van sy
Manual of Natural History
(1779) voorgestel die primate word in twee groepe verdeel: die "Quadrumana" (vierhandiges, dus ape) en "Bimana" (tweehandiges, dus mense). Die onderskeid is deur sommige ander naturaliste gevolg, en party het dit opgehef tot op die vlak van
orde
.
Die baie ooreenkomste tuusen mens en aap ? veral die groot ape ? het dit egter duidelik gemaak so 'n onderskeid maak geen wetenskaplike sin nie. In sy boek van 1871,
The Descent of Man, and Selection in Relation to Sex
, skryf
Charles Darwin
:
Onlangs het baie van ons beste naturaliste teruggekeer na die siening wat eerste voorgestel is deur Linnaeus, wat so merkwaardig was vir sy skerpsinnigheid, en die mens in dieselfde orde as die Quadrumana geplaas, onder die titel Primates.
[10]
Veranderings in taksonomie en terminologie
[
wysig
|
wysig bron
]
Mense die nieape
: Tot omtrent 1960 het taksonome gewoonlik die superfamilie Hominoidea in twee families verdeel. Die wetenskapgemeenskap het mense en hulle uitgestorwe verwante as die buitegroep in die superfamilie behandel; mense is dus beskou as heeltemal anders as die "ape". Mense is as die familie
Hominidae
geklassifiseer en was as die "hominiede" bekend. Alle ander hominoiede was as "ape" bekend en is in die familie
Pongidae
opgeneem.
[11]
|
|
Die "groot ape" in Pongidae
: In die 1960's is die metodologiee van
molekulere biologie
toegepas op die
taksons
van primate. Goodman se immunologiestudie in 1964 van serumproteiene het daartoe gelei dat die hominoiede in drie families verdeel is: die mense in Hominidae; die groot ape in Pongidae en die langarmape (gibbons) in
Hylobatidae
.
[12]
Die rangskikking het egter gelei tot twee trigotomiee (drie groepe van 'n gemeenskaplike voorouer):
Pan
,
Gorilla
en
Pongo
in Pongidae, en Hominidae, Pongidae en Hylobatidae in Hominoidea. Dit het verwarring veroorsaak.
|
|
Gibbons die buitegroep
: Nuwe studies het daarop gedui dat gibbons, en nie mense nie, die buitegroep in die superfamilie Hominoidea is. Dit het beteken die res van die hominoiede is nader verwant aan mekaar as wat enige van hulle aan die gibbons verwant is. Hiermee is die gibbons (
Hylobates
et al.) geisoleer nadat die groot ape na dieselfde familie as die mens geskuif is. Nou het die term "hominied" 'n groter versameling taksons in die familie Hominidae ingesluit. Met die familietrigonomie opgelos, kon wetenskaplikes nou probeer uitvind watter genus "die minste" verwant is aan die ander in die subfamilie Ponginae.
|
|
Orangoetangs die buitegroep
: Ondersoeke wat die mens en die ander drie hominiedgenusse vergelyk het, het onthul die Afrika-ape (sjimpansees en gorillas) en mense is nader verwant aan mekaar as enige van die
Asiatiese
orangoetangs (
Pongo
). Dus is die
orangoetang
, en nie die mens nie, die buitegroep in die familie Hominidae. Dit het daartoe gelei dat die Afrika-ape na die subfamilie Homininae geskuif is saam met die mens ? wat 'n nuwe trigonomie geskep het:
Homo
,
Pan
en
Gorilla
.
[13]
|
|
Hominins
: In 'n poging om die trigonomie op te los en terselfdertyd die nostalgiese "buitegroep"-status van die mens te behou, is die subfamilie Homininae in twee
tribusse
verdeel: Gorillini, met die genus
Pan
en
Gorilla
; en Hominini, met die genus
Homo
(die mens). Mense en hulle nabyverwante het nou bekend geword as "hominiene", dus van die tribus Hominini. Die term "hominiene" is dus gebruik soos "hominiede" tevore, terwyl laasgenoemde se betekenis ook verander het saam met veranderings in Hominidae (sien bo: 3de grafika, "Gibbons die buitegroep").
|
|
Gorillas die buitegroep
: Nuwe DNS-vergelykings het nou bewys gorillas, en nie mense nie, is die buitegroep in die subfamilie Homininae. Dit het daarop gedui dat sjimpansees saam met mense in die tribus Hominini geplaas moet word, maar in 'n ander subtribus.
[14]
Nou het die term "hominien"
Homo
plus die vroegste
Homo
-verwante en
-voorsate
wat na die afskeiding van die sjimpansees ontstaan het, uitgebeeld. (Mense word nie meer as 'n buitegroep geklassifiseer nie, maar as 'n tak diep in die stamboom van die aapgroep voor die 1960's).
|
|
Spesievorming
van gibbons
: Latere DNS-vergelykings het die vorige onbekende opdeling van die genus
Hylobates
(gibbons) in vier genusse onthul:
Hylobates
,
Hoolock
,
Nomascus
en
Symphalangus
.
[7]
|
|
Belangrike gedragstudies in die veld is op die drie bekendste "groot ape" gedoen, byvoorbeeld deur Jane Goodall, Dian Fossey en Birute Galdikas. Die studies het getoon die niemenslike hominoiede toon in hulle natuurlike omgewing duidelik verskillende sosiale strukture: gibbons vorm monogame, territoriaal gebonde pare; orangoetangs is alleenlopers; gorillas woon in klein troppe met 'n enkele manlike leier; sjimpansees woon in groter groepe; en bonobo's stel promiskue seksuele gedrag ten toon.
Buiten mense en gorillas eet mensape hoofsaaklik
vrugte
, aangevul deur 'n verskeidenheid ander kosse. Gorillas is hoofsaaklik
blaarvretend
. Niemenslike ape eet gewoonlik 'n klein hoeveelheid rou vleis soos
insekte
en
eiers
. In die geval van mense het migrasie en die uitvinding van jaggereedskap en die kookkuns gelei tot 'n selfs groter verskeidenheid kosse.
[15]
Mense en ander ape eet soms ander primate.
[16]
Jag het al daartoe gelei dat van die primate bedreig word.
[17]
Al die niemenslike hominoiede is vermoedelik hoogs intelligent en wetenskaplike studie het bevestig dat hulle goed vaar in 'n verskeidenheid kognitiewe toetse, hoewel daar relatief min data is oor die
kognisie
van gibbons.
Vroee studies deur Wolfgang Kohler het buitengewone probleemoplossingsvermoens in sjimpansees gedemonstreer, wat Kohler aan insig toegeskryf het. Die gebruik van gereedskap is herhaaldelik gedemonstreer; meer onlangs is die vervaardiging van gereedskap ook aangeteken. Sjimpansees in verskillende dele van Afrika het gereedskap ontwikkel wat gebruik is in die soek van kos, wat 'n soort dierekultuur demonstreer.
[18]
- ↑
Gray, JE.
"An outline of an attempt at the disposition of Mammalia into tribes and families, with a list of the genera apparently appertaining to each tribe"
.
Annals of Philosophy
. New Series.
10
: 337?344. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 27 April 2022
. Besoek op
5 Julie
2022
.
- ↑
Xia, Bo; Zhang, Weimin; Wudzinska, Aleksandra; Huang, Emily; Brosh, Ran; Pour, Maayan; Miller, Alexander; Dasen, Jeremy S.; Maurano, Matthew T.; Kim, Sang Y.; Boeke, Jef D. (16 September 2021).
"The genetic basis of tail-loss evolution in humans and apes"
(in Engels).
doi
:
10.1101/2021.09.14.460388
.
- ↑
Rush, J. (23 Januarie 2015).
"Ebola virus 'has killed a third of world's gorillas and chimpanzees' ? and could pose greatest threat to their survival, conservationists warn"
.
The Independent
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 30 Maart 2015
. Besoek op
26 Maart
2015
.
- ↑
"Hominoid taxonomies August 1, 2001 Science Week"
. University of California Los Angeles
. Besoek op
2 Oktober
2015
.
- ↑
"Paleoanthropology Hominid Family History"
. Communication Studies, University of California, Los Angeles
. Besoek op
2 Oktober
2015
.
- ↑
"Fossil Hominids The Evidence for Human Evolution"
. Jim Foley
. Besoek op
2 Oktober
2015
.
- ↑
7,0
7,1
7,2
Groves, C.P. (2005). Wilson, D.E.; Reeder, D.M. (reds.).
Mammal Species of the World: A Taxonomic and Geographic Reference
(3de geredigeerde). Baltimore: Johns Hopkins University Press. pp. 178?184.
ISBN 0-801-88221-4
. OCLC 62265494.
- ↑
Cochrane, J. (2 November 2017).
"New Orangutan Species Could Be the Most Endangered Great Ape"
.
The New York Times
. Besoek op
3 November
2017
.
- ↑
"Letter, Carl Linnaeus to Johann Georg Gmelin. Uppsala, Sweden, 25 February 1747"
. Swedish Linnaean Society.
- ↑
Darwin, C.
(1871).
The Descent of Man
.
ISBN
978-0-7607-7814-2
.
- ↑
G. G., Simpson (1945). "The principles of classification and a classification of mammals".
Bulletin of the American Museum of Natural History
.
85
: 1?350.
- ↑
Goodman, M. (1964). "Man's place in the phylogeny of the primates as reflected in serum proteins". In Washburn, S. L. (red.).
Classification and Human Evolution
. Chicago: Aldine. pp. 204?234.
- ↑
Goodman, M. (1974). "Biochemical evidence on hominid phylogeny".
Annual Review of Anthropology
.
3
(1): 203?228.
doi
:
10.1146/annurev.an.03.100174.001223
.
- ↑
Goodman, M.; Tagle, D. A.; Fitch, D. H.; et al. (1990). "Primate evolution at the DNA level and a classification of hominoids".
Journal of Molecular Evolution
.
30
(3): 260?266.
Bibcode
:
1990JMolE..30..260G
.
doi
:
10.1007/BF02099995
.
PMID
2109087
.
S2CID
2112935
.
- ↑
Lawton, G. (2 November 2016).
"Every human culture includes cooking ? this is how it began"
.
New Scientist
.
- ↑
Callaway, E. (13 Oktober 2006).
"Loving bonobos have a carnivorous dark side"
.
New Scientist
. Besoek op
26 November
2014
.
- ↑
"Extinction threat to monkeys and other primates due to habitat loss, hunting"
.
Science Daily
.
- ↑
McGrew, W. (1992).
Chimpanzee Material Culture: Implications for Human Evolution
.