한국   대만   중국   일본 
Mariental - Wikipedia Gaan na inhoud

Mariental

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Mariental
Mariental se hoofstraat
Mariental se hoofstraat
Wapen van Mariental
Wapen
Leuse(s): 
Luceat et crescat
Mariental is in Namibia
Mariental
Mariental
Koordinate: 24°38′S 17°58′O  /  24.633°S 17.967°O  / -24.633; 17.967 Koordinate : 24°38′S 17°58′O  /  24.633°S 17.967°O  / -24.633; 17.967
Land Vlag van Namibië  Namibie
Streek Hardap
Stigting 1912
Hoogte
1 090 m (3 580 ft)
Bevolking
 ? Totaal 12 478
Tydsone UTC+2 ( SAST )

Mariental is een van die groter dorpe van Namibie met 'n bevolking van 12478 in 2011. Dit is saam met Rehoboth die vernaamste dorp in die streek Hardap . Dit is gelee aan die B1-hoofweg tussen Kaapstad en Windhoek .

'n Lugbeeld van Mariental

Die dorp het munisipale status verwerf in 1946 en is die hoofdorp van die distrik Gibeon, 'n belangrike karakoelgebied . Die Hardap-besproeiingskema sowat 20 km noord van die dorp het gelei tot die bou van die Hardapdam , wat by sy voltooiing in 1963 die derde grootste dam in die destydse Unie van Suid-Afrika was.

Mariental het sy naam van die Duitse boer , Hermann Brandt, gekry. Hy het die dorp die naam van sy vrou, Anna Marie Mahler, gegee. [1] Brandt het 'n plaas in die area gekoop vanaf die Nama-kaptein Hendrik Witbooi . [2]

Sien ook [ wysig | wysig bron ]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. Raper, Peter. "Dictionary of SA Place Names" . Besoek op 19 November 2021 .
  2. Cassidy, Joseph (2009). Place Names of Namibia A Historical Dictionary . Windhoek: Macmillan Education Namibia Publishers (Pty) Ltd. p. 1. ISBN   978-99916-0-654-5 .

Bron [ wysig | wysig bron ]

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]