in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Marcus Antonius
(
Latyn
: M·ANTONIVS·M·F·M·N, oftewel
Marcus Antonius Marci Filius Marci Nepos
, d.w.s. "Marcus Antonius, seun van Marcus, kleinseun van Marcus") (14 Januarie
83 v.C.
?
1 Augustus
30 v.C.
) was 'n
Romeinse
politikus en generaal wat 'n deurslaggewende rol gespeel het in die transformasie van die
Romeinse Republiek
van 'n
oligargie
na die
outokratiese
Romeinse Ryk
.
Antonius was 'n belangrike ondersteuner van en militere aanvoerder vir
Julius Caesar
tydens sy
verowering van Gallie
en die
burgeroorlog
daarop. Caesar het Antonius as die administrateur van Italie aangestel terwyl hy sy politieke teestanders in Griekeland, Noord-Afrika en Spanje ondergesit het. Na die sluipmoord op Julius Caesar in 44 v.C., het Antonius sy kragte saamgesnoer met
Marcus Lepidus
, een van Caesar se generaals, en Caesar se aangenome seun
Octavianus
in 'n diktatoriale driemanskap wat vandag as die
Tweede Triumviraat
bekend staan. Die Triumviraat het die strydmagte van Caesar se sluipmoordenaars, die
Liberatores
, in 42 v.C. in die
Veldslag van Philippi
verslaan en die regering van die Republiek onder mekaar verdeel. Rome se oostelike provinsies is aan Antonius toegedeel, insluitend
Ptolemeiese Egipte
met
Kleopatra
as koningin, wat aan Rome onderhorig was, en die bevel oor die
Roomse oorlog teen Parthie
.
Verhoudinge binne die Triumviraat is verydel namate die lede na meer omvattende politieke mag gestrewe het. 'n Burgeroorlog tussen Antonius en Octavianus is in 40 v.C. afgeweer deurdat Antonius met Octavianus se suster
Octavia Minor
in die eg getree het. Antonius het egter ten spyte van sy huwelik sy liefdesverhouding met Kleopatra voortgesit, wat sy politieke bande met Rome verder gekortwiek het. Na Lepidus se ontslag in 36 v.C., het die Triumviraat finaal opgebreek in 33 v.C. weens die geskille tussen Octavianus en Antonius. Die onenigheid is tot breekpunt gevoer met die
burgeroorlog
van 31 v.C. Die
Romeinse Senaat
het op Octavianus se aandrif oorlog verklaar teen Kleopatra, en Antonius is as verraaier gekondemneer. Antonius is dieselde jaar deur Octavianus verslaan by die
Slag van Actium
. Die oorwonne Antonius en Kleopatra het na Egipte gevlug waar hulle
selfmoord
gepleeg het.
Met Antonius se dood het Octavianus oorgebly as die onbestrede alleenheerser van die Romeinse wereld. Octavianus sou die titel
Augustus
aanvaar en regeer as die eerste
Romeinse keiser
.
Antonius verskyn in
Shakespeare
se dramas
Antony and Cleopatra
en
Julius Caesar
. In laasgenoemde stuk lewer hy die beroemde toespraak wat begin met die woorde "
Friends, Romans, countrymen, lend me your ears
".
[1]