Macbeth
|
Koning van Skotland
|
|
’n Fiktiewe portret (John Hall).
|
Bewind
|
1040-1057
|
Volle naam
|
Mac Bethad mac Findlaich
|
Ander titels
|
Mormaer van Moray (1032-1057)
|
Gebore
|
Omstreeks 1005
|
Gesterf
|
15 Augustus 1057
|
|
Iona
|
Voorganger
|
Duncan I
|
Opvolger
|
Lulach
|
Gade van
|
Gruoch
|
Vader
|
Findlaech van Moray
|
Macbeth MacFinley
(volle naam:
Mac Bethad mac Findlaich
,
Skots-Gaelies
:
MacBheatha mac Fhionnlaigh
; 1005 -
15 Augustus
1057
), met die bynaam
Ri Deircc
("die Rooi Koning"),
[1]
was van 1040 tot met sy dood koning van
Skotland
(toe bekend as
Alba
), en van vroeer af ook koning van
Moray
en van
Fortriu
. Daar is bewyse dat hy baie van sy tyd in en om die Forres-gebied van Moray deurgebring het waar hy, terwyl hy koning van Moray was, sy neef
Duncan
van Alba in ’n veldslag naby Pitgaveny verslaan het.
[2]
Hy is veral bekend danksy
William Shakespeare
se tragedie
Macbeth
en die baie werke wat daardeur geinspireer is. Die toneelstuk is hoofsaaklik geskoei op
Holinshed's Chronicles
(1577) en is nie noodwendig histories korrek nie.
Die naam "Macbeth (
Mac-Bethad
, of in moderne Gaelies
MacBheatha
) beteken "seun van die lewe".
[3]
Hoewel dit soos ’n
patroniem
lyk, is dit nie een nie, maar het dit eerder die betekenis van "regverdige man"
[3]
of "godsdienstige man".
[4]
Volgens sommige bronne is Macbeth ’n kleinseun van
Malcolm II
en dus ’n neef van
Duncan I
, wat hy opgevolg het. Malcolm II se kleinseun Duncan is op 30 November 1034 aangewys as koning van Alba, oenskynlik sonder teenstand (terwyl vorige troonopvolgings gepaardgegaan het met ’n stryd tussen verskillende aanspraakmakers).
[5]
Anders as die bejaarde koning Ducan van Shakespeare se toneelstuk, was die regte koning Duncan in 1034 ’n jong man, en selfs in 1040 toe hy dood is.
[6]
Vanwee sy jeug het Duncan se vroee heerskappy blykbaar sonder groot omwentelinge verloop. Later was sy bewind onsuksesvol. In 1039 is Strathclyde deur die
Northumbriers
aangeval en ’n wraakaanval daarna deur Duncan was rampspoedig. Hy het die nederlaag oorleef, maar die volgende jaar het hy ’n leer noordwaarts aangevoer na Moray, Macbeth se domein, oenskynlik in ’n strafaanval teen Moray.
[7]
Hy is daar, op die slagveld by Bothnagowan, nou Pitgaveny, gedood deur ’n leer onder aanvoering van Macbeth. Dit was moontlik op 14 Augustus 1040.
[8]
[9]
Na Duncan se dood het Macbeth koning geword. Daar is geen bewyse van teenstand nie, maar dit sou normaal gewees het as sy bewind nie algemeen aanvaar sou word nie. In 1045 is Duncan se pa,
Crinan van Dunkeld
, die stamvader van die
Huis van Dunkeld
en leke-ab van
Iona
, in ’n geveg tussen twee Skotse leers dood.
[10]
Duncan se vrou het met haar kinders, onder andere die toekomstige konings
Malcolm III
en
Donald III
, uit Skotland gevlug. Verskeie bestemmings word genoem, maar die Britse historikus E. William Robertson meen die veiligste plek vir hulle sou haar of Duncan se familie en ondersteuners in
Atholl
gewees het.
[11]
Na Crinan se nederlaag het Macbeth blykbaar geen mede-aanspraakmakers op die troon gehad nie.
In 1052 was Macbeth indirek betrokke in die stryd in die
Koninkryk van Engeland
tussen Godwin, die Graaf van Wessex, en
Eduard die Belyer
toe hy ’n paar Normandiese bannelinge van Engeland in sy hof ontvang. In 1054 het Eduard se Graaf van Northumbrie, Siward, ’n groot inval in Skotland aangevoer. Dit het gelei tot ’n bloedige veldslag waarin 3 000 Skotte en 1 500 Engelse volgens die Annale van Ulster dood is. Die gevolg was dat ene Mael Coluim (nie Mael Coluim mac Donnchada, die toekomstige Malcolm III van Skotland nie) heringestel is as die koning van Strathclyde.
[12]
Dit kan wees dat die gebeure van 1054 verantwoordelik was vir die idee in Shakespeare se toneelstuk dat die Engelse Malcolm III op die troon geplaas het.
Macbeth het nie die Engelse inval lank oorleef nie; hy is in 1057 verslaan en noodlottig gewond deur die toekomstige Malcolm III, seun van Duncan I.
[13]
[14]
Die presiese datum is onseker; dit wissel van 14 Augustus tot 15 Augustus tot 5 Desember. Macbeth se stiefseun,
Lulach
, is kort daarna as koning aangewys.
Anders as latere skrywers, noem geen bron uit Macbeth se tyd dat hy ’n tiran was nie. Die
Duan Albanach
noem hom "die beroemde Mac Bethad". Die
Profesie van Berchan
beskryf hom as "die vrygewige koning van Fortriu", en se:
The red, tall, golden-haired one, he will be pleasant to me among them; Scotland will be brimful west and east during the reign of the furious red one.
[15]
Macbeth se lewe het, nes die van koning Duncan I, teen die einde van die 14de eeu legendariese afmetings aangeneem toe John van Fordun en Andrew van Wyntoun hul geskiedenisse skryf.
In Shakespeare se toneelstuk
Macbeth
van die 17de eeu, wat hoofsaaklik op Raphael Holinshed se weergawe berus, is Macbeth aanvanklik ’n dapper en lojale generaal van die bejaarde koning Duncan. Nadat hy deur die drie hekse en sy eie vrou gevlei is, besluit Macbeth dis in die haak om die koning te vermoor en die troon oor te neem. Eindelik blyk die hekse se voorspellings misleidend te wees en Macbeth vervreem die adel van Skotland. Hy word in ’n veldslag deur prins Malcolm verslaan. Terwyl die koning se leers disintegreer, loop hy Macduff raak ? ’n vlugtende adellike wie se vrou en kinders vroeer deur Macbeth se doodspatrollies vermoor is. Toe Macbeth besef hy sal sterf in ’n tweegeveg met Macduff, weier hy eers om dit te doen. Maar Macduff verduidelik as Macbeth oorgee, sal sy voormalige onderdane hom spot. Daarna neem Macbeth hom voor: "I will not yield to kiss the ground before young Malcolm's feet, to be baited by a rabble's curse." Hy besluit om tot die dood teen Macduff te baklei. Macbeth word verslaan en onthoof, en die toneelstuk eindig waar prins Malcolm sy kroning beplan.
Die waarskynlike rede
[16]
dat Shakespeare Macbeth so onvleiend uitgebeeld het, is dat koning
Jakobus VI en I
van Malcolm III afgestam het deur die Huis van Bruce en sy eie
Huis van Stewart
, terwyl Macbeth se lyn uitgesterf het met die dood van Lulach ses maande na sy stiefpa s'n.
In ’n essay van 1959 vergelyk
Boris Pasternak
Shakespeare se Macbeth met Raskolnikof, die hoofkarakter in
Misdaad en Straf
deur
Fjodor Dostojefski
. Pasternak het verduidelik nie een van die karakters is aanvanklik ’n moordenaar nie, maar word een weens ’n paar foutiewe redenerings en ’n geloof dat hulle bo die wet verhewe is.
- ↑
Skene, William Forbes,
Chronicles
, p. 102.
- ↑
Taylor, Cameron (2008).
On the Trail of the Real Macbeth
.
ISBN
1906307318
.
- ↑
3,0
3,1
Aitchison, Nicholas Boyter (1999).
Macbeth:man and myth
. p. 38.
ISBN
978-0750918916
.
- ↑
Davis, J. Madison (1995).
The Shakespeare Name and Place Dictionary
. p. 294.
ISBN
978-1884964176
.
- ↑
Vir Duncan I as
tanaise rig
, die gekose erfgenaam, sien Duncan,
The Kingship of the Scots
, pp. 33?34; Hudson,
Prophecy of Berchan
,pp. 223?224, waar aanvaar word dat Duncan koning van Strathclyde was.
- ↑
Annale van Tigernach 1040.1.
- ↑
G. W. S. Barrow,
Kingship and Unity: Scotland 1000?1306
, Edinburgh University Press, 1981, p.26.
- ↑
Broun, "Duncan I (d. 1040)"; die datum kom uit Marianus Scotus, en daar word in die Annale van Tigernach daaroor berig.
- ↑
Hudson,
Prophecy of Berchan
, pp.223?224; Duncan,
The Kingship of the Scots
, pp.33?34.
- ↑
Annale van Tigernach
1045.10;
Annale van Ulster
1045.6.
- ↑
Robertson,
Scotland under her Early Kings
, p. 122
- ↑
Florence of Worcester, 1052;
Anglo-Saxon Chronicle,
Ms. D, 1054;
Annale van Ulster
1054.6; en bespreek in Duncan,
The Kingship of the Scots
, pp. 38?41; sien ook Woolf,
Pictland to Alba
, pp. 260?263.
- ↑
Moncreiffe, Iain (Sir Iain Moncreiffe of that Ilk).
The Robertsons (Clan Donnachaidh of Atholl)
. W. & A.K. Johnston & G.W. Bacon Ltd., Edinburg. 1962 (herdruk van 1954), p6
- ↑
Andrew Wyntoun,
Original Chronicle
, red. F.J. Amours, vol. 4, pp 298?299 en 300?301 (c. 1420)
- ↑
Hudson,
Profesie van Berchan
, p. 91, stansas 193 en 194.
- ↑
"The History of Scotland deur John Leslie, 1578"
.
British Library
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2017
. Besoek op
8 Augustus
2016
.
-
The Annals of Ulster, AD 431?1201
, CELT: Corpus of Electronic Texts, 2003
,
http://www.ucc.ie/celt/published/T100001A/index.html
, besoek op 15 November 2008
-
The Annals of Tigernach
, CELT: Corpus of Electronic Texts, 1996
,
http://www.ucc.ie/celt/published/G100002/index.html
, besoek op 15 November 2008
-
Gaelic notes from the Book of Deer (with translation)
, CELT: Corpus of Electronic Texts, 2001
,
http://www.ucc.ie/celt/published/G102007/
, besoek op 15 November 2008
- Anderson, Alan Orr (1922),
Early Sources of Scottish History A.D. 500 to 1286
,
I
(1990 revised & corrected ed.), Stamford: Paul Watkins,
ISBN
1-871615-03-8
- Anderson, Alan Orr (1908),
Scottish Annals from English Chroniclers A.D. 500 to 1286
, London: D. Nutt
,
https://archive.org/details/scottishannalsfr00andeuoft
- Anderson, M. O. (1980),
Kings and Kingship in Early Scotland
(2nd ed.), Edinburgh: Scottish Academic Press,
ISBN
0-7011-1604-8
- Bannerman, John (1974),
Studies in the History of Dalriada
, Edinburgh: Scottish Academic Press,
ISBN
0-7011-2040-1
- Barrell, A. D. M. (2000),
Medieval Scotland
, Cambridge: Cambridge University Press,
ISBN
0-521-58602-X
- Barrow, G. W. S. (1989),
Kingship and Unity: Scotland 1000?1306
(2nd ed.), Edinburgh: Edinburgh University Press,
ISBN
0-7486-0104-X
- Broun, Dauvit (1999),
The Irish Identity of the Kingdom of the Scots in the Twelfth and Thirteenth Centuries
, Woodbridge: Boydell Press,
ISBN
0-85115-375-5
- Cowan, Edward J. (1993), "The Historical MacBeth", in Sellar, W. D. H.,
Moray: Province and People
, Edinburgh: The Scottish Society for Northern Studies, pp. 117?142,
ISBN
0-9505994-7-6
- Crawford, Barbara (1987),
Scandinavian Scotland
, Leicester: Leicester University Press,
ISBN
0-7185-1282-0
- Driscoll, Stephen (2002),
Alba: The Gaelic Kingdom of Scotland AD 800?1124
, The Making of Scotland, Edinburgh: Birlinn,
ISBN
1-84158-145-3
- Duncan, A. A. M. (1978),
Scotland: The Making of the Kingdom
(2nd ed.), Edinburgh: Mercat Press,
ISBN
0-901824-83-6
- Duncan, A. A. M. (2002),
The Kingship of the Scots 842?1292: Succession and Independence
, Edinburgh: Edinburgh University Press,
ISBN
0-7486-1626-8
- Foster, Sally M. (2004),
Picts, Gaels and Scots: Early Historic Scotland
(2nd ed.), London: Batsford,
ISBN
0-7134-8874-3
- Smyth, Alfred P. (1984),
Warlords and Holy Men: Scotland AD 80?1000
, Edinburgh: Edinburgh University Press,
ISBN
0-7486-0100-7
- Swanton, Michael (1996),
The Anglo-Saxon Chronicle
, New York: Routledge,
ISBN
0-415-92129-5
- Taylor, A. B. (1937),
"Karl Hundason, "King of Scots""
,
Proceedings of the Society of Antiquaries of Scotland
LXXI
: 334?340, archived from
the original
on 26 Maart 2009
,
https://web.archive.org/web/20090326065639/http://ads.ahds.ac.uk/catalogue/adsdata/PSAS_2002/pdf/vol_071/71_334_342.pdf
, besoek op 25 Januarie 2017
- Woolf, Alex (2007),
"The Cult of Moluag, the See of Mortlach and Church Organisation in Northern Scotland in the Eleventh and Twelfth Centuries"
, in Arbuthnot, Sharon J.; Hollo, Kaarina,
Fil suil nglais ? A Grey Eye Looks Back: A Festschrift for Colm O'Baoill
, Brig o' Turk: Clann Tuirc, pp. 317?322,
ISBN
0-9549733-7-2
,
http://www.st-andrews.ac.uk/history/staff/alexwoolf/CultofMoluag.pdf
- Woolf, Alex (2000), "The 'Moray Question' and the Kingship of Alba in the Tenth and Eleventh Centuries",
The Scottish Historical Review
(Edinburgh: Edinburgh University Press)
LXXIX
(2): 145?164,
ISSN
1750-0222
- Woolf, Alex (2007),
From Pictland to Alba, 789?1070
, The New Edinburgh History of Scotland, Edinburgh: Edinburgh University Press,
ISBN
978-0-7486-1234-5
- Hierdie artikel is vertaal uit die
Engelse Wikipedia