in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Linne
is 'n weefsel van
vlas
of hennep
[1]
wat naas
wol
,
sy
en
katoen
een van die oudste tekstielvesels is - met 'n tradisie wat duisende jare terug strek. So is vlasvesels in
Egipte
,
Mesopotamie
en
Fenisie
reeds vanaf tussen 5000 en 4000 v.C. stelselmatig tot tekstiele verwerk.
Linne was die weefsel waarin ou Egiptenare die gebalsemde en gedroogde liggame van hul oorledenes gehul het om hulle vir 'n lewe in die
hiernamaals
te bewaar. In
Europa
was linne vanaf die Griekse en Romeinse antieke tydperk tot die
Middeleeue
naas wol die enigste materiaal waaruit klere en ander tekstiele soos bedde- en linnegoed geweef is, terwyl doek van growwe, sterk linne vir die vervaardiging van
seile
gebruik is.
[2]
Ook die doek, waarop skildermeesters die verf van hul werke aangebring het, is van linne gemaak.
In die 19de eeu is linne grotendeels deur goedkoper katoen verdring wat ook makliker verwerk kan word. Linne is vandag nogtans gewild as kombuislinne (soos tafeldoeke en servette), beddegoed en as tekstielstof vir somerklere (veral in warmer klimaatsones). In kouer klimaatstreke is dit daarnaas 'n geskikte materiaal vir warm winterklere wat nie klam word soos katoen nie - dit absorbeer tot 35 persent vogtigheid. Om ekologiese redes - vir die vlasverbouing word nog mis nog insekdoders benodig - het linne as natuurvesel vanaf die laat 20ste eeu ook by omgewingbewustes gewild geraak.
- ↑
F.F. Odendal
, R.H. Gouws (reds.):
Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT).
Pinelands, Kaapstad: Pearson Education South Africa / Maskew Miller Longman (Edms.) Bpk. 2005, bl. 671
- ↑
HAT (2005), bl. 983