Leszek Kołakowski
|
|
Leszek Kołakowski in 1971
|
|
Gebore
|
(
1927-10-23
)
23 Oktober 1927
Radom,
Pole
|
Oorlede
|
17 Julie 2009 (op 81)
Oxford
,
Engeland
|
Nasionaliteit
|
Pole
|
Vakgebied
|
Filosofie
|
Instelling(s)
|
Universiteit van Warskou
|
Alma mater
|
Łod?-universiteit
Universiteit van Warskou (PhD, 1953)
|
Bekend vir
|
Humanistiese interpretasie van
Karl Marx
|
Beinvloed deur
|
Immanuel Kant
,
Georg Wilhelm Friedrich Hegel
,
Karl Marx
,
Friedrich Engels
,
Baruch Spinoza
|
Invloed op
|
Jose Guilherme Merquior
,
Christopher Hitchens
,
Solidarno??
,
Noam Chomsky
[1]
|
Toekennings
|
Vredeprys van die Duitse Boekhandel (1977)
Erasmusprys
(1983)
Klugeprys (2003)
Jerusalemprys (2007)
|
Leszek Kołakowski
(Radom,
23 Oktober
1927
?
Oxford
,
17 Julie
2009
) was 'n
Poolse
filosoof
en skrywer.
Vanwee die Duitse besetting van
Pole
in die
Tweede Wereldoorlog
het Kołakowski nie skool gegaan nie. Hy lees self boeke en het so nou en dan privaatlesse ontvang, waarna hy sy eindeksamen in die ondergrondse skoolstelsel slaag. Hierna gaan hy filosofie studeer in
Łod?
. In
1953
promoveer hy aan die Universiteit van Warschau. Van
1959
tot
1968
was hy hier hoogleraar en voorsitter van die afdeling Geskiedenis van die Filosofie.
Omdat hy 'n ortodokse Marxis was, is hy in
1950
deur die Kommunistiese Party na
Moskou
gestuur vir 'n kursus vir baie belowende kommunistiese intellektuele. Hiertydens kom hy tot die besef vir die eerste keer oor die omvang van die materiele en geestelike troosteloosheid van die
Stalinisme
.
Die dood van
Stalin
in 1953 het tot gevolg dat die Poolse Kommunistiese Party verdeel word, omdat sommige partylede verdere demokrasie wou he. Baie word slagoffers tydens optogte in
Junie
1956
in
Pozna?
. In die maand Oktober wat daarop volg, word
Władysław Gomułka
gekies tot leier van die Kommunistiese Party in Pole, ten spyte van die besware van die
USSR
hierteen. Kołakowski was in die tydperk een van die voorste persone in Pole as dit gaan om 'n hersiening van die
Marxisme
. Die kort opstel
Wat is sosialisme?
is 'n duidelike kritiek op die Stalinisme en is verbied in Pole, maar sirkuleer tog in die geslote kringe.
Kołakowski het hom in toenemende mate uitgespeek oor sy terleurstelling in die
Kommunisme
. Hy is in
1966
uit die Kommunistiese Party gesit en twee jaar later ook uit sy hoogleraarskap ontslaan, waarna hy in ballingskap gegaan het. Sy werk verskyn in ondergrondse publikasies en bly 'n bron van inspirasie vir die meningsvorming van die Poolse intellektuele. Sy opstel
Stellings oor hoop en hopeloosheid
verskyn in
1971
in
Kultura
, 'n Poolse literere tydskrif wat uitgegee is in
Parys
. Kołakowski het hierin 'n evolusionere strategie voorgestel om die stelsel te ondermyn.
In 1968 word Kołakowski gashoogleraar in die Filosofie Fakulteit aan die McGill Universiteit in
Montreal
. 'n Jaar later het hy na die
Universiteit van Kalifornie, Berkeley
gegaan. Vanaf
1970
het hy navorsing gedoen by die All Souls College in Oxford. Hy woon sedertdien in Oxford, maar werk in
1974
nog aan die Yale Universiteit en van
1981
tot
1994
as deeltydse professor aan die Universiteit van Chicago vir die Committee on Social Thought.
Kołakowski het vernietigende kritiek geuiter teenoor die Marxisme en waarsku liberale demokratiese state teen die gevaar van relativisme. Sy ervarings met die
Nazis
en met die Kommunistiese regering in Pole het hom 'n goeie insig in die realiteit van die
totalitarisme
.
'n Kernagtige beskrywing van sy politieke visie kan gevind word in sy
essay
How to be a Conservative-Liberal-Socialist
, waarin sy menslikheid, skeptisisme en aan voelling vir humor na vore kom.
In sy werk oor die ideegeskiedenis, versprei oor baie boeke en artikels, ondersoek Kołakowski die aandag vir sommige filosofiese en
teologiese
aannames wat die grondslag le vir die Westerse samelewing.
Sy driedelige geskiedenis van die Marxisme
Głowne nurty marksizmu
( later in
Engels
gepubliseer as
Main Currents of Marxism
) uit
1976
is 'n klassieke studie.
Kołakowski se boeke verskyn in die eerste plek in Pole in ondergrondse uitgawes, waarin hulle 'n belangrike rol gespeel het in die vorming van 'n Poolse opposisie. Op latere leeftyd het hy sowel in die Pools as in Engels geskryf.
- Jednoska i Nieskonczonosc. Wolnose i Antynomie wolnose w filozofii Spinozy
[Individu en oneindigheid. Vryheid en anitonie van vryheid in die filosofie van Spinoza] (1957) = dissertasie uit 1953.
- Klucz niebieski, albo opowie?ci buduj?ce z historii ?wi?tej zebrane ku pouczeniu i przestrodze
(1957)
- 13 bajek z krolestwa Lailonii dla du?ych i małych
(1963)
- Rozmowy z diablem
(1965)
- Od Hume'a do Koła Wiede?skiego
(1966)
- Kultura i fetysze
(1967)
- A Leszek Kołakowski Reader
(1971)
- Positivist Philosophy
(1971)
- TriQuartely 22
(1971)
- Obecno?? mitu
(1972)
- The Socialist Idea
(1974) (hiervoor was hy redakteur saam met Stuart Hampshire)
- Husserl and the Search for Certitude
(1975)
- Głowne nurty marksizmu
(1976)
- Czy diabeł mo?e by? zbawiony i 27 innych kaza?
(1982)
- Religion: If There Is No God
(1982)
- Bergson
(1985)
- Le Village introuvable
(1986)
- Metaphysical Horror
(1988)
- Pochwała niekonsekwencji
(1989) (redakteur Zbigniew Menzel)
- Cywilizacja na ławie oskar?onych
(1990) (redakteur Paweł Kłoczowski)
- Modernity on Endless Trial
(1990)
- God Owes Us Nothing: A Brief Remark on Pascal's Religion and on the Spirit of Jansenism
(1995)
- Freedom, Fame, Lying, and Betrayal: Essays on Everyday Life
(1999)
- The Two Eyes of Spinoza and Other Essays on Philosophers
(2004)
- My Correct Views on Everything
(2005)
- Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia
|
---|
Filosowe
| |
---|
Teoriee
| |
---|
Konsepte
| |
---|
|