in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Leontios
(
Latyn
: Leontivs,
Grieks
: Λε?ντιο?; oorl. 15 Februarie 706)
[1]
was die
Bisantynse
keiser van 695 tot 698.
Leontios is in
Isaurie
gebore en was ’n soldaat wat vinnig opgang gemaak het. In ’n volksopstand onder sy leiding is die vorige keiser,
Justinianus II
, van die troon afgesit en Leontios het hom opgevolg. Sy naam was eintlik Leo (Grieks: Λ?ων,
Le?n
), maar hy is bekend onder die naam wat in Bisantynse geskrifte gebruik is.
Leontios was ongewild. Hy het militere operasies vermy en eerder probeer om die ryk te verenig. Nadat die
Moslems
Kartago
in 697 verower het,
[2]
het die Bisantynse soldate in opstand gekom en generaal Apsimaros as hul leier aangewys.
[3]
Apsimaros het sy naam na
Tiberius III
verander en die leer het na
Konstantinopel
opgeruk en Leontios se bewind in 698 oorgeneem. Leontios is gevange geneem, vermink en later tereggestel.
[4]
- ↑
Kazhdan, Alexander, ed. (1991),
Oxford Dictionary of Byzantium
, Oxford University Press,
ISBN
978-0-19-504652-6
- ↑
Moore, R. Scott, "Leontius (695-698 A.D.)",
De Imperatoribus Romanis
(1999)
- ↑
Bury, J.B.,
A History of the Later Roman Empire from Arcadius to Irene, Vol. II
, MacMillan & Co., 1889
- ↑
Norwich, John Julius (1990),
Byzantium: The Early Centuries
, Penguin,
ISBN
0-14-011447-5