in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Leo II
(
Latyn
: Leo Iunior Augustus,
Grieks
: Λ?ων Β′; 467 ? 17 November 474) was in 474 n.C. vir minder as ’n jaar die
Bisantynse
keiser. Hy was die seun van
Zeno
en Ariadne, dogter van die vorige keiser,
Leo I
, en sy vrou, Verina. As die keiser se naaste familielid is hy as keiser aangewys na Leo se dood.
Nadat hy sy pa as medekeiser aangestel het, is hy in November 474 onder raaiselagtige omstandighede dood. Daar is gegis dat Ariadne hom vergiftig het sodat haar man keiser kon word. Hy is wel deur sy pa opgevolg, hoewel sy ouma Verina sy dood uitgebuit het om teen Zeno saam te sweer.