in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Leeudoringstad
is 'n dorp in die
Noordwes
-provinsie van
Suid-Afrika
. Die dorp is 30 km oos van
Wolmaransstad
.
Die dorp is
6 Desember
1920
op die plaas Rietkuil geproklameer en genoem na die
leeudoringboom
nadat 'n spoorwegstasie met die naam Leeuwdoorns in 1908 opgerig is. Die dorp en
plaaslike NG gemeente
het dan ook lank as Leeuwdoornsstad bekend gestaan. Die naam kom van die plant
Harpagophytum procumbens
(
duiwelsklou
), wat in die omgewing groei. Die dorp le aan die hoofspoorlyn tussen
Kimberley
en
Johannesburg
en die dorp het gegroei om die spoorweghalte.
Die belangrikste ekonomiese aktiwiteite in die distrik is
skaap
- en
beesboerdery
, terwyl
mielies
,
sorghum
, sonneblomsaad en
grondboontjies
verbou word. Die
R502
en die
R504
streeksroetes kruis in die dorp.