Charles-Edouard Jeanneret-Gris
(
6 Oktober
1887
?
27 Augustus
1965
), wat gekies het om as
Le Corbusier
(
Frans
: [l? k??byzje]) bekend te staan, was 'n
Switsersgebore
argitek
en skrywer wat beroemd is vir sy bydraes tot wat nou bekend staan as
Moderne Argitektuur
. Hy word as beide Switsers en
Frans
beskou nadat hy in die 1930's 'n Franse burger geword het.
Hy was 'n pionier in teoretiese studies van moderne ontwerp en het hom toegewy tot die verskaffing van beter lewensomstandighede vir die inwoners van digbevolkte stede. Sy loopbaan het oor vyf dekades gestrek met ikoniese ontwerpe wat oral in
Europa
,
Indie
,
Rusland
gebou is en met twee strukture elk in
Nood-
en
Suid-Amerika
. Hy was ook 'n stadsbeplanner, skilder, beeldhouer, skrywer en ontwerper van moderne meubels.
Le Corbusier is op
6 Oktober
1887
in La Chaux-de-Fond, Neuchatel,
Switserland
gebore. Sy familie was horlosiemakers. Hy het sy hoerskoolloopbaan aan 'n tegniese skool voltooi en het as jong man saam met argitekte soos Josef Hoffman, Auguste Perret en Peter Behrens gewerk. Tussen
1911
en
1921
het hy onder andere as binneshuisversierder in Switserland en fabrieksbestuurder in
Parys
gewerk terwyl hy terselfdertyd vryskutwerk as skilder en argitek gedoen het. In
1922
het hy 'n argitekskantoor saam met sy neef, Pierre Jeanneret, begin en begin praktiseer as Le Corbusier (die naam van sy ouma aan moederskant).
Van sy bekendste ontwerpe sluit in die "Citrohanhuis" (1923) in die vorm van 'n motor, wat gestalte gegee het aan sy visie dat 'n huis 'n "masjien vir lewe" moes wees; die
kubistiese
Villa Savoye
(1931); die Onderwysministerie in
Rio de Janeiro
; die
Unite d'Habitation
(1947), 'n woonstelblok in
Marseille
wat 'n daktuin, winkels, sportfasiliteite en 'n kleuterskool as deel van die ontwerp ingesluit het; die Indiese stad Chandigarh in die Punjab; die Notre Dame du Haut kerk by Ronchamp (1950-1955), 'n besondere samevloeiing van argitektoniese en skulpturele elemente.
Le Corbusier is in 1965 in
Frankryk
oorlede.
Belangrikste prestasies
[
wysig
|
wysig bron
]
Le Corbusier was een van die
twintigste eeu
se mees invloedryke argitekte. Hy was die vader van bewegings soos die funksionalisme en die purisme en het 'n beslissende rigting gegee aan argitektoniese ontwikkeling in die twintigste eeu. Die funksionalistiese beweging is saamgesnoer in die CIAM (Internasionale Kongres van Moderne Argitektuur), 'n organisasie van argitekte wat deur le Corbusier en Siegfried Giedion gestig is. Die nuwe argitektuur het as die
Moderne Beweging
of
Internasionale Styl
bekend gestaan.
Le Corbusier se argitektoniese filosofie het berus op 'n oortuiging dat die boukuns in die verlede nie funksioneel was nie. Volgens hom moes die woning tot in die kleinste onderdele deurdag wees en diensbaar gemaak word aan die doel waarvoor dit bestem was; al die oorbodige elemente moes verdwyn. Die estetiese vorm moes nie die uitgangspunt wees nie, maar moes ook nie verwaarloos word nie; dit moes die logiese gevolg wees van die konstruktiewe moontlikhede en die toepassing van die nuwe materiale. Sy ontwerpstyl is gekenmerk deur konstruksie met pilare of kolommure wat vrye deurloop van die tuin onder deur die gebou moontlik gemaak het, groot horisontale vensters wat soms heeltemal as glasmure deurgeloop het in onbeperkte lengte, en daktuine. Hierdie vernuwings was moontlik omdat sy ontwerpe die mure bevry het van hulle tradisionele drakragfunksie.
Le Corbusier het gedurende die dertigs met verreikende stadsbeplanningsidees vorendag gekom. Sy argitektoniese oplossing vir verstedeliking en groeiende stratenette (
urban sprawl
) was
toringgeboue
, wat baie mense in meervuldige verdiepings kon huisves binne parkgebiede wat beskikbaar sou wees omdat die toringgeboue minder grond sou opneem.
Alhoewel daar intussen uitgevind is dat hierdie benadering juis bydra tot sosiale probleme, is dit destyds gesien as 'n oplossing vir verstedeliking en het stadsbeplanning vir dekades op beginsels berus wat deur Le Corbusier en sy tydgenote daargestel is.
In 2016 het
Unesco
werelderfenis
-status aan sewentien van Le Corbusier se argitektoniese ontwerpe verleen wat in hul geheel as 'n buitengewone bydrae tot die ontwikkeling van modernistiese boukuns beskou word.
[1]