in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Latium
(
Italiaans
:
Regione Lazio
) is 'n historiese landskap en administratiewe streek in
Sentraal-Italie
. Die grootste stad in Latium is die Italiaanse hoofstad
Rome
.
In die Romeinse tydperk het
Latium
verwys na die min of meer reghoekige area tussen die
Tiber
-rivier, die Sabine-gebergte, en die
Middelandse See
. Die moderne geografie lys die naam nie meer nie, aangesien die konnotasie met antieke Rome verband hou.
Voor die aankoms van die Romeine, het verskeie etniese groepe hier gewoon. Sommige van hulle het nie eers Indo-Europese tale gepraat nie. Die
Etruskers
was die hoofgroep van hierdie mense, gedurende hierdie pre-Romeinse periode. Elke streekstad het sy eie staat gevorm. Indo-Europese stamme het die gebied begin binnedring, onder andere die groep wat vandag as die Latyners bekend staan. Hulle was onmiddellik deur die oorspronklike stamme in posisie van onderdrukking geplaas, wat hulle laat verenig het en teen
338 v.C.
het hul stad Rome beheer oor die hele gebied gehad. Na die
Maatskaplike Oorlog
in
90 v.C.
het Rome burgerskap verleen aan al die bewoners van die stede in die gebied.
Provinsies, stede en enkele besienswaardighede
[
wysig
|
wysig bron
]
Die administratiewe streek Lazio word verder onderverdeel in die volgende provinsies:
Frosinone
,
Latina
,
Rieti
,
Metropolitane Stad Rome
en
Viterbo
.
- Frosinone, hoofstad van die provinsie (bevolking ongeveer 480 000 teen Desember 2006)
- Latina, hoofstad van die provinsie (bevolking ongeveer 490 000 teen Desember 2006)
- Rieti, hoofstad van die provinsie (bevolking ongeveer 150 000 teen Desember 2006)
- Viterbo, hoofstad van die provinsie (bevolking ongeveer 290 000 teen Desember 2006)