in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Landdros
is die titel van 'n staatsamptenaar met beperkte plaaslike
regsprekende
en bestuursverpligtinge. Die titel is afkomstig uit
Nederlands
waar “land” verwys na streek en “dros” na 'n regterlike amptenaar op die platteland. 'n Landdros is die belangrikste verteenwoordiger van die sentrale regering in die distrik waarin hy werksaam is.
Op 31 Augustus 1682 is Johannes Mulder op
Stellenbosch
as die eerste landdros in die
Kaapkolonie
aangestel. Hy was as landdros voorsitter van die kommissie van landdros en heemrade. Op 31 Desember 1827 is die amp van landdros afgeskaf en vervang met 'n siviele kommissaris en 'n plaaslike magistraat. Die magistraat sou met minder administratiewe pligte belas word.
Na die
Groot Trek
het die
Voortrekkers
die amp van landdros in die
Zuid-Afrikaansche Republiek
en die Republiek van die
Oranje-Vrystaat
ingevoer.