La Paz

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

La Paz

Kaart Wapen
Vlag
  Land Bolivie
  Departamento La Paz
  Provinsie Pedro Domingo Murillo
  Koordinate 16°29′S 68°8′W  /  16.483°S 68.133°W  / -16.483; -68.133
  Stigting 20 Oktober 1548
  Oppervlakte:  
 - Totaal 470 vk km
  Hoogte bo seevlak 3 600 m
  Bevolking:  
 - Totaal (2006) 1 872 480
 - Bevolkingsdigtheid 6 275/vk km
  Tydsone UTC -4
  Burgemeester Juan del Granado
  Amptelike Webwerf Gobierno Municipal Geargiveer 28 Augustus 2008 op Wayback Machine

La Paz [la 'pas] ( Spaans : La Paz de Ayacucho , Aymara : Chukiagu ) is die regeringsetel van Bolivie en die hoofstad van die departamento La Paz (die amptelike Boliviaanse hoofstad is nog steeds Sucre ). La Paz le teen die noordwestelike hang van die Cordillera Real-bergreeks , sowat 3 600 tot 3 700 meter bo seevlak, in die onvrugbare riviervallei van die Rio Choqueyapu ( Rio de la Paz ). Die stadsgebied word deur die sneeubedekte bergspits Illimani (6 882 meter) oorheers.

Geskiedenis [ wysig | wysig bron ]

La Paz is amptelik op 20 Oktober 1548 deur die Spanjaarde gestig en het destyds 'n ou Inka -stad vervang. Die huidige La Paz is 'n moderne metropool met 'n bevolking van meer as 1,8 miljoen in die metropolitaanse gebied en dien as die kulturele, nywerheids-, handel- en opvoedkundige sentrum van Bolivia. La Paz beskik oor 'n aantal universiteite waarvan die oudste in 1674 gestig is, en 'n aantal wetenskaplike en kulturele instellings.