in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Konstantyn IV
(
Latyn
: Constantinus IV,
Grieks
: Κωνσταντ?νο? Δ'; 652 ? September 685) was die
Bisantynse
keiser van 668 to 685. Hy word soms verkeerdelik "die Bebaarde" genoem weens verwarring met sy pa,
[1]
Constans II
, wat ook bekend was as Konstantyn die Bebaarde.
Tydens sy bewind is 50 jaar van ononderbroke
Islamitiese
gebiedsuitbreiding vir die eerste keer gestuit.
Konstantyn het sy pa, Constans II, in 668 as keiser opgevolg. Sy eerste taak was die onderdrukking van ’n opstand in
Sisilie
wat tot sy pa se dood gelei het.
[2]
Binne ses maande het hy die opstand onderdruk met die hulp van
pous Vitalianus
.
[3]
Daar was egter groot probleme in die ooste. In 669 het die Arabiese
kalief
Muawiyah I
Konstantinopel aangeval met ’n leer onder bevel van sy seun Yazid. Hulle het
Amorion
,
Kartago
en Sisilie binnegeval.
[4]
In 670 het hulle
Cyzicus
verower en dit gebruik as basis.
[5]
In 672 het hulle Konstantinopel met ’n groot vloot van die see af aangeval.
[6]
Terwyl Konstantyn se aandag daardeur afgetrek is, het die
Slawiers
Thessalonika
onsuksesvol aangeval.
[5]
In 674 het die Arabiere die langverwagte beleg van Konstantinopel begin. In die lente en somer het hulle die stad aangeval en die res van die jaar by
Smirna
en
Cilicia
oorwinter. Konstantyn het geweet dis net ’n kwessie van tyd voor Konstantinopel onder beleg is en hy het seker gemaak daar is genoeg voorrade in die stad.
[4]
Hy het ook ’n groot aantal vuurskepe laat bou. Dit is die eerste keer dat vuur in gevegte deur die Grieke gebruik is
[6]
en dit was een van hul grootste voordele bo die vyand.
Na vyf jaar het die Arabiere teruggetrek en is hulle in
Anatolie
verslaan.
[5]
Dit het Muawiyah I gedwing om vrede met Konstantinopel te maak. Volgens die vredesverdrag moes hulle afstand doen van die eilande in die
Egeiese See
wat hulle verower het en belasting aan Konstantyn betaal. Dit het die keiser in staat gestel om hom toe te spits op Thessalonika, wat steeds onder beleg van die Slawiers was.
[5]
Weens die voortslepende konflik met die Arabiere in die 670's in die ooste, moes Konstantyn noodgedwonge verdrae in die weste sluit met die
Lombarde
, wat Brindisi en Taranto verower het.
[7]
In dieselfde jaar het die
Bulgare
die
Donou-rivier
oorgesteek en die Bisantynse en Slawiese volke begin oorheers.
[5]
In 680 het Konstantyn ’n grond- en see-aanval op die invallers geloods. Hy moes egter die leer weens swak gesondheid verlaat. Dit het tot paniek gelei en die Bisantyne is deur die Bulgare verslaan.
In 681 het Konstantyn sy seun
Justinianus II
as sy opvolger aangewys en in September 685 is hy aan
disenterie
dood.
[8]
- Hierdie artikel is vertaal uit die
Engelse Wikipedia
- ↑
Norwich, pg. 316
- ↑
Bury, pg. 303
- ↑
Bury, pg. 315
- ↑
4,0
4,1
Bury, pg. 310
- ↑
5,0
5,1
5,2
5,3
5,4
Moore, R. Scott, "Constantine IV (668 -685 A.D.)",
De Imperatoribus Romanis
Geargiveer
28 Februarie 2018 op
Wayback Machine
(1997)
- ↑
6,0
6,1
Norwich, pg. 323
- ↑
Kazhdan, pg. 501
- ↑
Norwich, pg. 327
- Theophanes,
Chronographia
.
- Kazhdan, Alexander, ed. (1991),
Oxford Dictionary of Byzantium
, Oxford University Press,
ISBN
978-0-19-504652-6
- Norwich, John Julius (1990),
Byzantium: The Early Centuries
, Penguin,
ISBN
0-14-011447-5
- Canduci, Alexander (2010),
Triumph & Tragedy: The Rise and Fall of Rome's Immortal Emperors
, Pier 9,
ISBN
978-1-74196-598-8
- Warren Treadgold,
A History of the Byzantine State and Society
(Stanford University Press, 1997)
ISBN 0-8047-2630-2
- Bury, J.B.,
A History of the Later Roman Empire from Arcadius to Irene, Vol. II
, MacMillan & Co., 1889