in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Koninklike Lyfwag van Bhoetan
sekuriteits agentskap
Onderdeel van
| Bhutanese armed forces
|
---|
Land
| Bhoetan
|
---|
Die
Koninklike Lyfwag (KL) van
Bhoetan
is 'n deel van die Koninklike Bhoetanese Weermag
[1]
[2]
maar onafhanklik omrede dit onder die persoonlike opdrag van die Koning van Bhoetan val. Hulle verseker die veiligheid van die
Koning van Bhoetan
(tans
Jigme Khesar Namgyel Wangchuck
) en ander lede van die koninklike familie.
Die Koninklike Lyfwag het meer as een duisend soldate, en dit is die mees elite-eenheid van die gewapende magte van die
Koninkryk van Bhoetan
. Die kommandant is Generaal-majoor Dhendup Tshering (een van die mees senior militere offisiere, wat gedien het in die weermag vir meer as 36 jaar).
Die soldate is goed toegerus met die nuutste wapens en opgelei in alle velde, bv. anti-terrorisme. Die Koninklike Lyfwag van Bhoetan het hulself bewys tydens 'n kort konflik met die noordoostelike ekstremistiese groepe, wat onregmatig kamp opgeslaan het in Bhoetan. Onder die persoonlike opdrag van die destydse vierde koning van Bhoetan, het die wagte geen ongevalle gely nie en het die meeste van die aanvalle gelei.
Die KL het kritiek ontvang vir die uitvoering van arbitrere aanhouding en marteling van diegene wat uitsprake maak oor wat Bhoetan aan die Lhotshampa mense doen.
[3]
[4]