Kazan
(
Russies
: Каза?нь, [k??zan?];
Tartaars
: Казан,
Qazan
) is 'n stad in
Rusland
en die
hoofstad
van die Republiek
Tatarstan
. Kazan is by die samevloei van die
Wolga
- en
Kazankarivier
en sowat 800 km oos van
Moskou
in die Europese gedeelte van Rusland gelee. Die stad het 'n bevolking van 1,2 miljoen (van wie sowat die helfte etniese Russiese is) en is die agste grootste in die Russiese Federasie. Kazan is tweetalig ? met Russies en Tartaars as amps- en omgangstale.
Kazan se geskiedenis strek terug tot in die 11de eeu ? 1005 word amptelik as stigtingsdatum beskou. Die oudste historiese dokument, waarin na die stad met die destydse naam Bulgar-Dzadid verwys word, dateer van 1177. Tussen die 10de en 13de eeu het in Tatarstan 'n ryk met hoogs ontwikkelde ambagte, landbou en handel langs die Syroete en Wolga-waterweg bestaan ? Wolga-Bulgarye. Die Wolgaroete het die noorde van Rusland met die Kaspiese See verbind.
Die Wolga-Bulgaarse Ryk is in 1236 deur Batoe Khan, die grootseun van die legendariese
Djengis Khan
, en sy Goue Horde verower. In 1445 is die multi-etniese Kazanse Khanaat met Kazan as hoofstad gestig. Kazan is in 1552 deur die Russiese tsaar
Iwan IV
verower en as eerste nie-Russiese stad by Rusland ingelyf.
[1]
Die
Kazanse Kremlin
? 'n steengebou wat 'n ouer Tartaarse houtvesting vervang het ? dateer uit hierdie tydperk. Die verowering van Kazan was die historiese beginpunt van Rusland se ooswaartse uitbreiding na Siberie. Ter geleentheid van die militere oorwinning in Kazan is die Moskouse
Sint Basilius-katedraal
opgerig.
Kazan is die geestelike sentrum van die
Islamitiese
godsdiens in Rusland; so is hier in 1999 die eerste Islamitiese universiteit in Rusland geopen. Kazan is daarnaas 'n beduidende nywerheidsentrum, met masjien- en skeepsboubou, lugvaart-tegnologie, chemie, petrochemie (
ruolie
word in Tatarstan ontgin) en die motorbedryf as belangrikste ekonomiese sektore. Die toerismesektor is eweneens hoogs ontwikkel. Naas Moskou en
Sint Petersburg
is Kazan een van die meesbesoekte stede in Rusland, ook danksy die gewildheid van
plesierbootvaarte
op die Wolga.
Toerisme in Kazan het tans nog 'n sterk binnelandse karakter. Intussen bied die Russiese
lugredery
Aeroflot
regstreekse vlugte van belangrike Europese metropole en lugspilpunte soos
Frankfurt am Main
na Kazan aan. Die getal besoekers het van 1,7 miljoen in 2015 gestyg tot 2,5 miljoen in 2016.
Daarnaas speel inligtingstegnologie 'n belangrike rol. Buite Kazan het met Innopolis 'n futuristiese tegnologiepark en -stad ontstaan wat vir 'n bevolking van 155 000 bepan is ? onder wie 60 000 IT-spesialiste. In Innopolis sal volgens die Russiese regering se ekonomiese kernbeleid van digitalisering tegnologiese innovasies ontwikkel word. Die Innopolis-universiteitskampus, wat in 2012 gestig is, is een van die moderne sentra vir navorsing.
[2]
Die hoofstad Kazan en die hele Tatarstan staan vir die vreedsame samelewing van
Christene
en
Moslems
bekend.
[3]
[4]
[5]
Die stad vorm een van die spilpunte van Rusland se vervoernetwerk.
Die Russiese Patentkantoor het aan Kazan in April 2009 die reg vergun om die bynaam ≪Derde Hoofstad≫ van Rusland te dra. Die Kazanse Kremlin is deur
Unesco
as
werelderfenisgebied
gelys. Dit was een van die gasheerstede tydens beide die
FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017
en
FIFA Sokker-Wereldbekertoernooi in 2018
.
- Fedor ?aljapin (Fjodor Sjaljapin, 1873?1938), sanger
- Rudolf Nureev (Roedolf Noerejef, 1938?1993), balletdanser
Russiese stede met meer as ’n miljoen inwoners
|
---|
|