Juri Abramovich Bashmet
(
Russies
:Юрий Абрамович Башмет; *
24 Januarie
1953
?) is 'n
Russiese
dirigent
,
violis
en altviolis.
Juri Bashmet is op 24 Januarie 1953 in Rostov-on-Don gebore as die seun van Abram Borisovich Bashmet en Maya Zinovyeva Bashmet (nee Krichever). Sy ouma aan vaderskant, Tsilya Efimovna, het tydens haar jeug vir twee jaar sanglesse by die konservatoria geneem. Sy ouma aan moederskant, Darya Axentyevna, het inheemse Hutsul liedjies geinterpreteer.
[1]
Bashment het in 1971 van die
Lviv
sekondere spesiale-musiekskool gegradueer. Hy het vanaf 1971 tot 1976 by die Moskouse Konservatoria gestudeer. Sy eerste onderwyser wat die altviool betref, was Professor Vadim Borisovsky. Na laasgenoemde se afsterwe in 1972 is hy deur Professor Fyodor Druzhinin opgevolg. Druzhinin het ook gedurende Bashmet se proeftydperk en tydens sy nagraadse studies by die Moskou Konservatoria as sy tutor gedien (1976?78).
In 1972 het Bashmet 'n 1758-altviool wat deur die Milanees Paolo Testore gemaak is gekoop, wat hy sedertdien vir sy uitvoerings gebruik.
Bashmet het gedurende die laat 1970s tot die vroee 1980s sy sololoopbaan ontwikkel. Hy het in 1976 met aktiewe konsertverpligtinge begin met 'n toer van Duitsland saam met die Moskouse Kamerorkes wat deur R. Barshay gestig is. Hy het reeds in leidende konsertsale van regoor die wereld in Europa, die VSA, Kanada, Latyns-Amerika, Australie, Nieu-Seeland en Japan gespeel. Hy was die eerste altviolis om uitvoerings te lewer in konsertsale soos die Amsterdamse
Concertgebouw
, die
Barbican
in Londen, die
Berliner Philharmoniker
,
La Scala
van Milaan, die Groot Saal van die Moskouse Konservatoria en die Groot Saal van die
Leningrad Filharmoniese Orkes
.
Bashmet het onder baie gerekende dirigente opgetree, insluitende
Rafael Kubelik
,
Mstislav Rostropovich
, Seiji Ozawa,
Waleri Gergijef
, Gennady Rozhdestvensky,
Colin Davis
, John Eliot Gardiner,
Yehudi Menuhin
,
Charles Dutoit
,
Neville Marriner
, Paul Sacher, Michael Tilson Thomas,
Kurt Masur
,
Bernard Haitink
, Kent Nagano,
Simon Rattle
, Yuri Temirkanov, en Nikolaus Harnoncourt. Hy het in 1985 begin dirigeer, welke in pas was met sy reputasie as 'n waaghalsige kontemporere kunstenaar wat nie terugstaan vir risiko's nie.
In 1992 het Bashmet die orkes verbonde aan die Moskouse Konservatoria, bestaande uit sommige van die mees talentvolle jong musikante van Rusland, hersaamgestel. Die orkes het in die Groot Saal van die Moskouse Konservatoria gespeel en het ook talle oorsese reise onderneem. Die orkes se uitvoerings is al opgeneem en deur radio-maatskappye soos die BBC, Bayerischer Rundfunk, Radio France en Radio Luxembourg uitgesaai. Die orkes het verskeie
CDs
opgeneem, waaronder 'n opname van die
Alfred Schnittke
Trippelconcerto (
EMI Records
) met soliste
Gidon Kremer
, Juri Bashmet en
Mstislav Rostropovich
. Nog 'n CD van die Dertiende Strykkwartet deur
Sjostakowitsj
en die kwintet deur
Brahms
(
Sony
Classics), was Beste Plaat van 1998 deur die
The Strad
tydskrif gekies en was vir 'n Grammy genomineer.
Bashmet het as solis en as dirigent saam met leidende simfonieorkeste opgetree soos die
Berliner Philharmoniker
, Berliner Symphoniker,
New York Filharmoniese Orkes
,
Вауrische Rundfunk
,
San Francisco Simfonieorkes
,
Chicago Simfonieorkes
,
Boston Simfonieorkes
,
Weense Filharmoniese Orkes
, die
Franse Radio Filharmoniese Orkes
en die Paryse Orkes. Sy repertoire by die orkeste het die simfoniese werke van Brahms, Haydn, Schubert, Mozart, Tsjaikofski en Beethoven ingesluit. Sjostakowitsj se Simfonie No. 13 was tydens 'n besonders onvergeetlike konsert by die Bolshoi Teater in Moskou uitgevoer.
Bashmet het verskeie solo-uitvoerings en samewerkingsgeleenthede gehad saam met gerekende musikante soos
Mstislav Rostropovich
,
Gidon Kremer
,
Sviatoslav Richter
,
Isaac Stern
,
Anne-Sophie Mutter
,
Martha Argerich
,
Evgeny Kissin
,
Mischa Maiski
, M. Portal, Shlomo Mintz, Oleg Kagan, Roberto Carnevale, Viktor Tretiakov, en Maria Joao Pires.
Van besonderse belang was Bashmet se uitvoerings in samewerking met Sviatoslav Richter, te wete twee musikante afkomstig uit verskillende generasies maar met ooreenstemmende artistieke oogpunte. Hulle het saam opgetree tydens die "Desember Aande" fees in die Poeshkin museum in Moskou sowel as op wereldtoere. Bashmet het ook 'n deurleefde artistieke, persoonlike en uitvoerings verhouding met Mstislav Rostropovich gehad.
Verskeie moderne komponiste het werke wat spesiaal vir Bashmet gekomponeer is of aan hom gewy is gekomponeer, insluitende vyftig concertos vir die Altviool en ander werke: A. Schnittke ? "Concerto", "Monoloog"; S. Gubaidullina ? "Concerto", E. Denisov -"Concerto", D. Tavener ? "The Myth Bearer"; M. Pletnev ? "Concerto", A. Golovin ? "Sonata-breve". A. Raskatov ? "Sonata"; V. Sharafyan - "Surgite Gloriae" concerto vir altviool met duduk, bariton en orkes, G. Kancheli ? "Liturgie " en "Styx"; A. Tsjaikofski ? twee "Concertos"; Barkauskas ? "Concert", A. Eshpay ? "Concert"; P. Ruders ? "Concerto". A. Schnittke ? "Concerto vir drie" (gewy aan Mstislav Rostropovich, Juri Bashmet, Gidon Kremer), en vele ander. Juri Bashmet het die "Stryktrio" deur A. Schnittke vir strykorkes getranskribeer; die werk was deur "Sikorsky" (Wene) uitgereik onder die naam "Trio ? Sonata".
Werke wat veral met Bashmet geassosieer word sluit die Chaconne deur J.S. Bach, die Arpeggione Sonate deur F. Schubert, die Sinfonia Concertante vir Viool, Altviool en Orkes (Mozart), Altvioolsonate deur D. Shostakovich, en die Concerto vir altviool en orkes deur A. Schnittke in.
Juri Bashmet het aan verskeie musiekfeeste regoor die wereld deelgeneem insluitende die
Tanglewood Music Festival
(VSA), Tours, Bordeaux, Biarritz, Menton (Frankryk), Brussel, Kainuu, Mikkeli (Finland), Kroyt (Duitsland), Sienna, Sorrento, Camerino, Streza (Italie), en "March Music Lias" (Ruse,
Bulgarye
). Hy is 'n artistieke direkteur en een van die organiseerders van die feeste te Rolandseck (Duitsland), en
Elba
(Italie). Hy is 'n gereelde deelnemer aan die Promenade Konserte in die
Royal Albert Hall
(Londen, VK). Die hoogste aanslaan van Bashmet se talent was sy aanstelling na die posisie van die Kunstedirekteur van die "Desember aande" musiekfees in Moskou, welke posisie vir sewentien jaar deur
Sviatoslav Richter
gehou was.
Bashmet het sedert 2006 saam met die bekende pianis van Wit-Rusland, Rostislav Krimer, die jaarlikse Juri Bashmet Internasionale Musiekfees in Minsk (Wit-Rusland) gehou.
[2]
Bashmet is 'n stigter en voorsitter van die beoordelingspaneel van die Internasionale Kompetisie van Altvioliste in Moskou, welke die enigste geleentheid van sy soort in Rusland is. Hy is die President van die
Lionel Tertis International Viola Competition
in Groot-Brittanje, en die lid van die paneel vir die altviolis kompetisies in Munchen en "Maurice Vie" in Parys.
Bashmet het in Maart 2014 'n brief ter ondersteuning van die posisie van die President van Rusland
Wladimir Poetin
geteken betreffende Russiese militere ingryping in die Oekraine.
[3]
Luidens 'n verklaring van die Lviv Nasionale Musiekakademie het die instansie Bashmet blykbaar in reaksie op sy ondersteuning van Rusland se militere ingryping in die Oekraine van sy titel as ereprofessor ontneem.