in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jovianus
|
Keiser van die Romeinse Ryk
|
![’n Portret van Jovianus op ’n muntstuk.](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d2/Jovian1.jpg/240px-Jovian1.jpg)
’n Portret van Jovianus op ’n muntstuk.
|
Bewind
|
27 Junie 363 - 17 Februarie 364
|
Volle naam
|
Flavius Jovianus Augustus
|
Gebore
|
331
Singidunum (
Belgrado
,
Serwie
)
|
Oorlede
|
17 Februarie 364 (op 33)
Dadastana (in
Anatolie
)
|
Volle naam
|
Flavius Claudius Julianus
|
Voorganger
|
Julianus
|
Opvolger
|
Valentinianus I
|
Vrou
|
Charito
|
Vader
|
Varronianus
|
Godsdiens
|
Christelike geloof
|
Jovianus
(
Grieks
: ?οβιαν??; 331 - 17 Februarie 364) was van Junie 363 tot Februarie 364 keiser van die
Romeinse Ryk
. Hy was lid van die keiserlike wag en het keiser
Julianus
vergesel op sy veldtog teen die
Sassanidiese Ryk
. Na Julianus se dood tydens die veldtog is Jovianus deur die soldate tot keiser verklaar. Met die leer en voorraad wat uitgeput was en omdat hy nie in staat was om die
Tigrisrivier
oor te steek nie, het hy op vernederende terme vrede met
Persie
gesluit. Na sy aankoms in
Edessa
het Jovianus ’n petisie van biskoppe ontvang oor die
Christelike geloof
, en teen September 363 het hy dit weer die staatsgeloof gemaak.
Teen Desember 363 het Jovianus by
Ancyra
sy babaseun, Varronianus, konsul gemaak.
Terwyl hy van daar op pad terug was na
Konstantinopel
, is Jovianus op 17 Februarie 364 by Dadastana, halfpad tussen Ancyra en
Nicea
, dood in sy
tent
aangetref.
Sy dood, wat nooit ondersoek is nie,
was moontlik as gevolg van giftige gasse van die nuut geverfde slaapkamermure.
Jovianus was 33 toe hy dood is. Hy is opgevolg deur twee broers,
Valentinianus I
en
Valens
, wat die ryk tussen hulle verdeel het.
Valentinianus en Valens het enige bedreigings vir hulle amp uit die weg geruim.
Jovianus se seun, Varronianus, is verblind om te verseker hy sou nooit op die troon sit nie.
- Baynes, Norman H. (1967). "Constantine's Successors to Jovian: And the Struggle with Persia". In Gwatkin, H.M.; Whitney, J.P. (reds.).
The Cambridge Medieval History
. Vol. I. Cambridge at the University Press. p. 55-86.
ISBN
9781463690311
.
- Curran, John (1998). "From Jovian to Theodosius". In Cameron, Averil; Garnsey, Peter (reds.).
The Cambridge Ancient History: The Late Empire, A.D. 337-425
. Vol. XIII (2de uitg.). Cambridge University Press. p. 78-110.
ISBN
978-0521302005
.
- Lenski, Noel (2002).
Failure of Empire: Valens and the Roman State in the Fourth Century A.D
. University of California Press.
ISBN
978-0520-23332-4
.
- Treadgold, Warren (1997).
A History of the Byzantine State and Society
. Stanford University Press.
ISBN
9780804726306
.
- Vasiliev, A. A.
(1948).
"Imperial Porphyry Sarcophagi in Constantinople"
(PDF)
.
Dumbarton Oaks Papers
.
4
: 3?26.
doi
:
10.2307/1291047
.