in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jomo Kenyatta
|
Jomo Kenyatta in 1978
|
1ste President van Kenia
|
Ampstermyn
12 Desember
1964
–
22 Augustus
1978
|
Vise
|
Jaramogi Oginga Odinga
Joseph Murumbi
Daniel arap Moi
|
Voorafgegaan deur
|
Nuwe amp
|
Opgevolg deur
|
Daniel arap Moi
|
1ste Eerste Minister van Kenia
|
Ampstermyn
1 Junie
1963
–
12 Desember
1964
|
Monarg
|
Elizabeth II
|
Voorafgegaan deur
|
Nuwe amp
|
Opgevolg deur
|
Amp afgeskaf
|
Voorsitter van KANU
|
Ampstermyn
1961
–
1978
|
Voorafgegaan deur
|
James Gichuru
|
Opgevolg deur
|
Daniel arap Moi
|
Persoonlike besonderhede
|
Gebore
|
ca. 1897
Gatundu
,
Brits-Oos-Afrika
(nou
Kenia
)
|
Sterf
|
22 Augustus 1978 (op 89)
Mombasa
,
Kenia
|
Politieke party
|
KANU
|
Eggenoot/-note
|
Grace Wahu
(huwelik in 1919)
Edna Clarke
(1942?1946)
Grace Wanjiku
(dood in 1950)
Mama Ngina
(1951?1978)
|
Kind(ers)
|
Peter Muigai
Margaret
Peter Magana
Jane
Christine
Uhuru
Anna
Muhoho
|
Alma mater
|
University College London, London School of Economics
|
Jomo Kenyatta
(omstreeks 1897 ?
22 Augustus
1978
) was ’n
Keniaanse
politikus en die eerste president van Kenia. Kenyatta was die land se leier van onafhanklikheid in 1963 tot sy dood in 1978 en het as eerste minister gedien van 1963?’64 en daarna as president. Hy word beskou as die vader van die Keniaanse nasie. Kenyatta was ’n welopgevoede intellektueel en die skrywer van talle boeke. Hy word onthou as ’n Pan-Afrikanis. Sy seun
Uhuru Kenyatta
is die land se huidige president.
Talle instellings en plekke dra Kenyatta se naam, onder meer
Nairobi
se
Jomo Kenyatta Internasionale Lughawe
, Nairobi se hoofstraat en hoofstrate in talle dorpe en stede, verskeie skole, twee universiteite (die Kenyatta-universiteit en Jomo Kenyatta-universiteit van Landbou en Tegnologie), die land se belangrikste verwysingshospitaal, markte en behuisingsontwikkelings. ’n Standbeeld is vir hom opgerig in Nairobi se middestad en talle ander oral in die land. Kenia het ’n openbare vakansiedag (Kenyatta-dag) tot sy eer op 20 Oktober elke jaar gevier tot die Grondwet van 2010 dit afgeskaf en vervang het deur Mashujaa-dag (Heldedag). Voor die nuwe Grondwet aanvaar is, het Kenyatta se gesig op alle Keniaanse note en muntstukke gepryk, behalwe die 40-sjieling-muntstuk.