John Logie Baird

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
John Logie Baird
Gebore 13 Augustus 1888
Helensburgh, Dunbartonshire, Skotland
Sterf 14 Junie 1946
Bexhill-on-Sea, Sussex, England
Nasionaliteit Skotland
Bekend vir Eerste TV-stelsel
Kinders Malcolm Baird

John Logie Baird (1888?1946) was ’n Skotse ingenieur en uitvinder wat die eerste televisiestelsel ontwerp het. [1] Hy het die eerste werkende TV-stel op 26 Januarie 1926 in Londen gedemonstreer. Hy het ook die wereld se eerste ten volle elektroniese kleurtelevisiebuis uitgevind. [2] [3]

Baird is op 13 Augustus 1888 in Helensburgh, Dunbartonshire in Skotland gebore. Hy draf skool aan die Larchfield Academy in Helensburgh en studeer daarna aan die Glasgow and West of Scotland Technical College (wat later die Universiteit van Strathclyde sou word), asook die Universiteit van Glasgow . Hy staak egter sy studie met die uitbreek van die Eerste Wereldoorlog .

Baie van Baird se eerste uitvindings was nie suksesvol nie. In sy twintigs probeer hy om diamante te maak deur grafiet te verhit, wat 'n kortsluiting in Glasgow se kragtoevoer veroorsaak het. Later maak Baird 'n skeermes van glas wat nie kon roes nie, maar dit het maklik gebreek.

John Logie Baird in 1925

Hoewel talle uitvinders aan die TV-stel gewerk het, het Baird groot vooruitgang op die gebied gelewer (veral in Brittanje). Baird was die eerste persoon om 'n lewendige, bewegende, swart-en-wit TV-beeld van weerkaatsende lig te beeldsend. Hy het dit reggekry deur 'n beter foto-elektriese sel te maak en die sein te versterk. Hy demonstreer sy TV met bewegende beelde in 1925 by die Selfridges-afdelingswinkel in Londen. In 1928 demonstreer hy die wereld se eerste uitsending in kleur.

Hy is op 14 Junie 1946 na 'n beroerte in Bexhill-on-Sea, Sussex , Engeland oorlede. Hy is saam met sy pa, ma en vrou in die Helensburgh-begraafplaas in Dunbartonshire begrawe. Die ou huis waarin hy die laaste jare van sy lewe gewoon het in 2007 afgebreek.

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. R. W. Burns, ‘Baird, John Logie (1888?1946)’, Oxford Dictionary of National Biography, Oxford University Press, Sept 2004; online edn, May 2007 http://www.oxforddnb.com/view/article/30540 , besoek op 23 April 2010.
  3. " "John Logie Baird was voted the second most popular Scottish scientist" " . Scottish Science Hall of Fame (in Engels). National Library of Scotland. 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Julie 2010 . Besoek op 6 Januarie 2010 .