John Irving
|
|
|
|
Geboortenaam
|
John Wallace Blunt jr.
|
Geboorte
|
(
1942-03-02
)
2 Maart 1942
Exeter,
New Hampshire
, VSA
|
Beroep
|
Skrywer
|
Eerbewyse
|
Oscar
, National Book Award for Fiction vir
The World According to Garp
|
Bekende werke
|
The World According to Garp
The Cider House Rules
A Prayer for Owen Meany
A Widow for One Year
|
Webblad
|
john-irving
.com
|
John Winslow Irving
(gebore as
John Wallace Blunt jr.
; 2 Maart 1942)
[1]
is 'n
Amerikaans
-
Kanadese
roman- en draaiboekskrywer.
Irving het wereldwyd beroemd geraak na die sukses van
The World According to Garp
in 1978. Baie van sy boeke was topverkopers, insluitende
The Hotel New Hampshire
(1981),
The Cider House Rules
(1985),
A Prayer for Owen Meany
(1989) en
A Widow for One Year
(1998). Hy het in 2000 op die
72ste Oscar-toekenningsaand
die Oscar gewen vir sy verwerkte draaiboek van
The Cider House Rules
.
[2]
Vyf van sy romans is verfilm:
Garp
,
Hotel
,
Meany
,
Cider
en
Widow
. Verskeie van sy verhale speel af in Exeter,
New Hampshire
, waar hy gebore is.
Irving se loopbaan het op 26-jarige ouderdom begin met die publikasie van sy eerste
roman
,
Setting Free the Bears
(1968). In die laat 1960's het hy saam met
Kurt Vonnegut
aan die Universiteit van Iowa se Skrywerswerkwinkel studeer.
[3]
Sy tweede en derde roman,
The Water-Method Man
(1972) en
The 158-Pound Marriage
(1974), het soos die eerste roman nie groot sukses behaal nie. In 1975 het Irving assistentprofessor van
Engels
geword aan die Mount Holyoke-kollege in
Massachusetts
.
[4]
'n Jong John Irving.
Irving het sy vierde roman,
The World According to Garp
(1978), deur 'n ander uitgewer laat uitgee en dit het 'n internasionale topverkoper geword. 'n
Rolprent
is later van
Garp
gemaak, met George Roy Hill as regisseur en met
Robin Williams
en
Glenn Close
; dit het verskeie
Oscarbenoemings
gekry, insluitende vir Close en
John Lithgow
.
Ook Irving se volgende boeke was topverkopers. Die eerste een was
The Hotel New Hampshire
(1981), wat goed verkoop meer uiteenlopende resensies gekry het. 'n Rolprent is daarvan ook gemaak, met Tony Richardson as regisseur en met
Jodie Foster
,
Rob Lowe
en
Beau Bridges
. "Interior Space", 'n kortverhaal wat oorspronklik in 1980 in die tydskrif
Fiction
verskyn het, is later gebruik in O. Henry Prize se Storieversameling van 1981.
[5]
In 1985 het Irving
The Cider House Rules
uitgebring en in 1989
A Prayer for Owen Meany
(1989). Dit is beinvloed deur
The Tin Drum
(1959) deur
Gunter Grass
,
[6]
en die storielyn bevat verdere sinspelings na
The Scarlet Letter
(1850) deur
Nathaniel Hawthorne
en die werk van
Dickens
.
Owen Meany
was Irving se eerste topeverkoper na
Garp.
Irving se ingewikkeldste en moeilikste boek was moontlik
A Son of the Circus
(1995). Die tema en liggings in die verhaal was anders as in sy vorige boeke en resensente het dit afgeskiet.
[7]
Tog het dit 'n internasionale topverkoper geword danksy Irving se reputasie. Irving het in 1998
A Widow for One Year
uitgegee.
In 1999 is 'n fliek gemaak van Irving se draaiboek vir
The Cider House Rules
, met
Michael Caine
,
Tobey Maguire
,
Charlize Theron
en
Delroy Lindo
. Dit is vir verskeie Oscars benoem, insluitende beste prent, en Irving het 'n Oscar gewen vir die verwerkte draaiboek.
[8]
Irving se 10de boek,
The Fourth Hand
(2001), was ook 'n topverkoper. In 2004 is
A Sound Like Someone Trying Not to Make a Sound
, 'n kinderboek, gepubliseer. Sy 11de roman,
Until I Find You
, is in Julie 2005 uitgegee. Op 28 Junie 2005 het
The New York Times
'n artikel gepubliseer wat onthul het
Until I Find You
bevat twee persoonlike elemente oor sy eie lewe wat hy nog nooit tevore in die openbaar bespreek het nie: die seksuele misbruik van Irving op 11-jarige ouderdom deur 'n ouer vrou en die verskyning kort tevore van sy biologiese pa se familie in sy lewe.
[1]
In sy 12de roman,
Last Night in Twisted River
(2009), is Irving se sentrale karakter 'n romanskrywer met 'n loopbaan wat, soos die resensent Boyd Tonkin gese het, baie soos Irving s'n verloop.
[9]
Vier van Irving se romans was nommer een op die topverkoperlys van
The New York Times
:
The Hotel New Hampshire
(27 September 1981), wat sewe weke lank boaan die lys gebly het;
The Cider House Rules
(16 Junie 1985);
A Widow for One Year
(14 Junie 1998); en
The Fourth Hand
(29 Julie 2001).
- Setting Free the Bears
(1968, Random House;
ISBN 0-345-21812-4
)
- The Water-Method Man
(1972, Random House;
ISBN 0-394-47332-9
)
- The 158-Pound Marriage
(1974, Random House;
ISBN 0-394-48414-2
)
- The World According to Garp
(1978, E.P. Dutton;
ISBN 0-525-23770-4
)
- The Hotel New Hampshire
(1981, E.P. Dutton;
ISBN 0-525-12800-X
)
- The Cider House Rules
(1985, William Morrow;
ISBN 0-688-03036-X
)
- A Prayer for Owen Meany
(1989, William Morrow;
ISBN 0-688-07708-0
)
- A Son of the Circus
(1994, Random House;
ISBN 0-679-43496-8
)
- The Imaginary Girlfriend
(niefiksie, 1995)
- Trying to Save Piggy Sneed
(versameling, 1996, Arcade Publishing;
ISBN 1-55970-323-7
)
- A Widow for One Year
(1998, Random House;
ISBN 0-375-50137-1
)
- My Movie Business
(niefiksie, 1999)
- The Cider House Rules: A Screenplay
(1999)
- The Fourth Hand
(2001, Random House;
ISBN 0-375-50627-6
)
- A Sound Like Someone Trying Not to Make a Sound
(2004)
- Until I Find You
(2005, Random House;
ISBN 1-4000-6383-3
)
- Last Night in Twisted River
(2009, Random House;
ISBN 1-4000-6384-1
)
- In One Person
(2012, Simon & Schuster;
ISBN 9781451664126
)
- Avenue of Mysteries
(2015, Simon & Schuster;
ISBN 9781451664164
)
[10]
- The Last Chairlift
(2022)
Rolprente van sy skryfwerk
[
wysig
|
wysig bron
]
- The World According to Garp
(1982)
- The Hotel New Hampshire
(1984)
- Simon Birch
(1998, gedeeltelik gebaseer op
A Prayer for Owen Meany
)
- The Cider House Rules
(1999)
- The Door in the Floor
(2004, uit
A Widow for One Year
)
- ↑
1,0
1,1
Smith, Dinitia (28 Junie 2005).
"While Excavating Past, John Irving Finds his Family"
.
The New York Times
. Besoek op
10 September
2014
.
- ↑
"John Irving 1999 Acceptance Speech on Winning the Oscar for Best Adapted Screenplay"
,
oscars.org
- ↑
"John Irving remembers the late Kurt Vonnegut"
.
EW.com
(in Engels (VSA)). 22 April 2007
. Besoek op
11 November
2017
.
- ↑
Nicholas Wroe (13 Augustus 2005).
"Grappling with life"
.
The Observer
. Londen
. Besoek op
5 November
2009
.
his parents had married six months before his birth
- ↑
"The O. Henry Prize Stories"
.
www.randomhouse.com
. Besoek op
11 November
2017
.
- ↑
"A Soldier Once"
, oor Grass se outobiografie,
Peeling the Onion
, 8 Julie 2007.
- ↑
"NYTimes"
.
www.nytimes.com
. Besoek op
26 Januarie
2017
.
- ↑
"Browser Unsupported - Academy Awards Search | Academy of Motion Picture Arts & Sciences"
.
awardsdatabase.oscars.org
. Besoek op
26 Januarie
2017
.
- ↑
Boyd Tonkin (23 Oktober 2009).
"Cooking up a storm: John Irving's latest saga reveals the secrets of authors and chefs alike"
.
The Independent
. Londen
. Besoek op
5 November
2009
.
- ↑
Peschel, Joseph (8 November 2015).
"John Irving revisits odd characters, circuses, orphanage in new novel"
. St. Louis Post-Dispatch.