in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Johannes de Villiers
is ’n
Afrikaanse
skrywer oor bewustelikheid (“mindfulness”),
meditasie
en positiewe sielkunde.
Johannes Bertus de Villiers is op
5 Julie
1976
gebore. Hy het op
Beaufort-Wes
en die
Paarl
groot geword. Vanaf 1996 studeer hy aan die
Universiteit van Stellenbosch
, waar hy in 1998?99 B.A.- en B.A. Honneurs-grade in Joernalistiek en in 2008 'n M.A.-graad in Antieke Studies verwerf. Hy verwerf ook in 2000 ’n honneursgraad in
Frans
aan die
Universiteit van die Vrystaat
. Hy werk sedert 2001 as joernalis, eers by
Rapport
en
Die Burger
, en uiteindelik by
Huisgenoot
, waar hy tans as herskrywer werksaam is. Hy het ook in 2013 en 2014 die Rykie van Reenen-leerstoel aan die Universiteit van Stellenbosch se departement joernalistiek beklee.
Sedert 2001 is hy ’n student van Heila Downey, Zen-meester van
The Robertson Dharma Centre
, onder wie hy meditasie en bewustelikheid (“mindfulness”) studeer. In 2017 bekragtig Downey sy status as meditasie-instrukteur in die tradisie van Kwan Um Zen en die Koreaanse leermeester
Seung Sahn
. Hy ondergaan oor die jare verdere opleiding in
Mianmar
, waar hy in 2002 ’n maand in ’n klooster deurbring, en die VSA, waar hy onder Jules Shuzen Harris en Roshi Bodin Kjolhede studeer en retraites doen. Hy woon in
Bloemfontein
, en bied landwyd slypskole en retraites aan met ’n fokus op
meditasie
, positiewe sielkunde en emosionele weerbaarheid.
Sy eerste twee boeke, Agter die Somber Gordyn (2011) en Die Einde van die Wereld (2012) gaan oor spookstories en doemprofessiee.
Hy is egter meer bekend vir sy drieluik boeke oor mindfulness - Kalmte in die Malle Gejaag (2018)
[1]
, Blydskap (2020)
[2]
en Meer as jou Seerkry (2022)
[3]
, wat al drie deur
Tafelberg
uitgegee is. Die boeke kombineer ’n oorsig oor die teorie en wetenskap van meditasie en mindfulness, met praktiese wenke en die verhale van mense wat persoonlike uitdagings moes trotseer.
Die boeke gee aanleiding tot ’n reeks slypskole wat hy vanaf 2023 landwyd oor mindfulness en blydskap aanbied. Sedert 2022 bied hy ook Die Blydskapnavorser op
RSG
aan, ’n insetsel op die oggendprogram Alhoebekker.
[4]
Jaar
|
Publikasies
|
2010
|
Agter die somber gordyn
|
2012
|
Die einde van die wereld en hoe om dit te oorleef
|
2018
|
Kalmte in die Malle Gejaag
|
2020
|
Blydskap
|
2022
|
Meer as jou Seerkry
|
- Fitzpatrick, Marida: “Normaal? Paranormaal…” “By”. 11 Augustus 2012
- Hugo, Trisa: "Post-traumatiese groei: Natuurlik is daar so iets."
Rapport
. 17 April 2022
- Schoeman, Leroux: "Die evangelie van Johannes: Word Wakker!
Netwerk24
. 25 April 2018
- Van der Merwe, Elna: "Die Afrikaanse boek wys hoe jy gelukkiger kan wees."
Huisgenoot
. 9 April 2020