Rolprentpryse
|
Prys
|
Jaar
|
Kategorie
|
Prent
|
Gewen
|
Golden Globe
|
1956
|
Dramatiese akteur
|
Giant
|
Jussi
|
1955
|
Buitelandse akteur
|
East of Eden
|
Benoem
|
Oscar
|
1955
|
Akteur
|
East of Eden
|
Oscar
|
1956
|
Akteur
|
Giant
|
Bafta
|
1955
|
Akteur in ’n hoofrol
|
East of Eden
|
Bafta
|
1955
|
Akteur in ’n hoofrol
|
Rebel Without a Cause
|
James Dean
(
8 Februarie
1931
?
30 September
1955
) was ’n
Amerikaanse
akteur.
[1]
Hy is ’n kulturele ikoon van tiener-ontnugtering, soos gesien kan word in die titel van sy bekendste rolprent,
Rebel Without a Cause
(1955) waarin hy die rol speel van ’n gekwelde tiener van Los Angeles, Jim Stark. Die ander twee rolle wat hom beroemd gemaak het, is die alleenloper Cal Trask in
East of Eden
(1955) en die stuurse plaasarbeider Jett Rink in
Giant
(1956). Dean se voortdurende roem en gewildheid rus vierkant op hierdie drie hoofrolle. Sy voortydige dood in ’n motorongeluk het van hom ’n legende gemaak.
[2]
Hy was die eerste akteur wat nadoods benoem is vir ’n
Oscar
vir beste akteur en is steeds die enigste akteur met twee nadoodse benoemings. In 1999 het die
American Film Institute
hom 18de geplaas onder die beste akteurs van alle tye.
[3]
James Byron Dean
is op 8 Februarie 1931 in
Indiana
,
VSA
, gebore. Hy en sy gesin het later na
Santa Monica
,
Kalifornie
, getrek. Sy ma is dood toe hy nege jaar oud was. Sy pa kon nie sy seun versorg nie en het hom na sy tante op ’n plaas in Indiana gestuur, waar hy in ’n
Kwaker
-omgewing grootgeword het.
Dean het die raad en vriendskap opgesoek van ’n
Metodistepastoor
, eerw. James DeWeerd. Die het blykbaar ’n groot invloed op hom gehad, veral wat betref sy toekomstige belangstelling in bulgevegte, motorrenne en die teater. Volgens Billy J. Harbin het "Dean ’n intieme verhouding met die pastoor gehad . . . wat begin het in die senior jaar van sy hoerskool en wat jare geduur het".
[4]
Hul seksuele verhouding is vroeer gesuggereer in die 1994-boek
Boulevard of Broken Dreams: The Life, Times, and Legend of James Dean
deur Paul Alexander.
[5]
In 2011 is berig dat hy sy medester in
Giant
Elizabeth Taylor
vertel het dat hy na sy ma se dood deur ’n pastoor gemolesteer is.
[6]
In die hoerskool het Dean in die algemeen swakkerig presteer. Hy was egter gewild en het in die skool se
bofbal
- en
korfbalspanne
gespeel. Hy het ook drama studeer. Nadat hy sy skoolloopbaan in 1949 voltooi het, het Dean teruggetrek na Kalifornie en by sy pa en stiefma gebly. Hy het ’n graad aan die Santa Monica-kollege behaal en daarna vir ’n semester aan die Universiteit van Kalifornie studeer.
[7]
Hy het sy hoofvak na drama verander en dit het ’n vervreemding tussen hom en sy pa veroorsaak. Hy is as student uit 350 akteurs gekies om die rol van Malcolm in
Macbeth
te speel. Hy het in die tyd ook in
James Whitmore
se werkwinkel begin toneelspeel. In Januarie 1951 het hy opgeskop om voltyds toneel te speel.
[8]
Dean se eerste
televisie
-optrede was in ’n
Pepsi Cola
-advertensie.
[9]
Hy het in die TV-program
Hill Number One
gespeel en drie klein rolle gehad in
Fixed Bayonets!
,
Sailor Beware
en
Has Anybody Seen My Gal?
Terwyl hy gesukkel het om rolle in
Hollywood
te kry, het hy as ’n parkeeraanwyser by CBS Studios gewerk. In die tyd het hy Rogers Brackett, ’n radioregisseur van ’n advertensiemaatskappy, ontmoet en die het hom professionele raad en leiding aangebied in sy loopbaan, asook ’n plek om te bly.
[10]
[11]
In Oktober 1951 het Dean na die stad
New York
getrek, waar hy in ’n speletjiesprogram gewerk het. Hy het ook in ’n paar CBS-televisiereekse verskyn voordat hy toegang tot die legendariese Actors Studio gekry het om onder Lee Strasberg te studeer.
Sy loopbaan het op dreef gekom en hy het in nog televisiereekse van die 1950's gespeel, soos
Kraft Television Theatre
,
Robert Montgomery Presents
,
Danger
en
General Electric Theater
. Positiewe resensies van sy verhoogrol van Bachir, ’n huiskneg van Noord-Afrika, in
The Immoralist
het die aandag van Hollywood getrek.
[12]
In 1953 het die regisseur
Elia Kazan
iemand gesoek vir die emosioneel komplekse rol van Cal Trask vir die draaiboekskrywer Paul Osborn se aanpassing van
John Steinbeck
se 1952-roman
East of Eden
. Die lang roman gaan oor die families Trask en Hamilton oor die verloop van drie generasies. In teenstelling met die boek handel die rolprent hoofsaaklik oor die karakter Cal Trask.
Voordat Elia Kazan ’n akteur gekies het om Cal te speel, het hy gese hy soek "’n Brando" vir die rol en Osborn het die relatief onbekende James Dean voorgestel. Steinbeck het Dean ontmoet en hoewel hy nie van die stuurse, komplekse jong man gehou het nie, het hy gedink hy is ideaal vir die rol. Dean het die rol gekry en het op 8 April 1954 op die trein na Los Angeles geklim om te begin skiet.
[13]
[14]
[15]
’n Groot deel van Dean se rol in die prent was improvisasie. In een toneel was hy veronderstel om weg te hardloop toe sy pa (Raymond Massey) sy geskenk van $5 000 van die hand wys. In plaas daarvan het Dean se karakter instinktief na sy pa gedraai en hom huilend en met groot emosie omhels. Kazan het die toneel, met Massey se geskokte reaksie, behou. Dean se toneelspel in die prent het gelei tot sy rol van Jim Stark in
Rebel Without A Cause
. Albei karakters is angst-gevulde protagoniste en verstotelinge wat verkeerd verstaan word en desperaat die aanvaarding van ’n vaderfiguur soek.
In 1955 is Dean nadoods benoem vir ’n Oscar vir beste akteur vir sy toneelspel in
East of Eden
, die eerste amptelike nadoodse benoeming in die geskiedenis van die Academy Awards.
Kort na
Eden
het Dean sy rol in
Rebel Without a Cause
losgeslaan, ’n rolprent wat uiters gewild was onder tieners. Die prent is al ’n akkurate voorstelling van tiener-angst genoem.
[16]
Ander rolle is vertolk deur die tienerakteurs
Natalie Wood
,
Sal Mineo
en
Dennis Hopper
. Die regisseur was
Nicholas Ray
.
In
Giant
, wat na Dean se dood uitgereik is, speel hy ’n byrol saam met Elizabeth Taylor en
Rock Hudson
omdat hy nie weer dieselfde rol as in die vorige twee prente wou speel nie. Dit was Dean se laaste prent. Aan die einde was hy veronderstel om ’n dronk toespraak te hou, en die toneel word dikwels "Die Laaste Avondmaal" genoem omdat dit sy laaste toneel was voor sy skielike dood. Hy het egter so gemompel in ’n poging om dit realisties te laat klink dat Nick Adams, wat ’n klein rol gehad het, later sy woorde moes oorse omdat Dean dood is voordat die rolprent geredigeer is.
In 1956 het Dean sy tweede nadoodse benoeming gekry vir sy rol in
Giant
.
Renjaagloopbaan en 'Little Bastard'
[
wysig
|
wysig bron
]
In April 1954, nadat hy die rol van Cal Trask in
East of Eden
gekry het, het Dean ’n 1955-model Triumph Tiger T110, ’n 650 cc-motofiets en ’n tweedehandse rooi 1953-model MG TD-sportmotor gekoop.
[17]
In Maart 1955 het hy die MG ingeruil vir ’n nuwe 1955-model Porsche Super Speedster. Die Triumph T110 het hy ingeruil vir ’n 1955-model Triumph TR5 Trophy.
[17]
Op 26-27 Maart, net voor die verfilming van
Rebel Without a Cause
begin het, het hy aan die Palm Springs Road Races deelgeneem met die Speedster. Hy het eerste in die nuwelingeklas geeindig en tweede in die algemene Sondagresies. Hy het ook op 1-2 Mei by Bakersfield met die Speedster deelgeneem ? hy het eerste in sy klas en derde in die algemeen geeindig. Sy laaste resies met die motor was op 30 Mei in Santa Barbara, waar hy weens motorprobleme nie die resies voltooi het nie.
[18]
Tydens die verfilming van
Giant
van Junie tot middel September het Warner Bros. Dean verbied om te jaag. In Julie het Dean ’n deposito betaal vir ’n nuwe Lotus IX-resiesmotor. Na die verfilming van
Giant
het hy skielik op 21 September sy Speedster ingeruil vir ’n nuwe, kragtiger en vinniger 1955-model Porsche 550 Spyder en ingeskryf vir die opkomende Salinas Road Race, wat op 1-2 Oktober sou plaasvind. Hy het ook ’n nuwe 1955-model Ford Country Squire-stasiewa gekoop om die nuwe Spyder na en van renne te vervoer.
[19]
Volgens Lee Raskin, ’n Porsche-historikus en skrywer van
James Dean at Speed
, het Dean gevra dat ’n verwer die woorde
Little Bastard
op die motor aanbring.
[20]
Daar is verskeie weergawes van wat die woorde beteken.
Toe Dean homself aan die
Britse
akteur
Alec Guinness
voorstel buite die Villa Capri-restaurant in Hollywood, het hy hom gevra om na sy splinternuwe Porsche Spyder te kom kyk. Guinness het gedink die motor lyk "sinister" en het vir Dean gese: "As jy in daardie motor klim, sal jy teen die tyd volgende week dood daarin gekry word." Dit was op 23 September 1955, sewe dae voor Dean se dood.
[21]
[22]
Persoonlike verhoudings
[
wysig
|
wysig bron
]
Die draaiboekskrywer
William Bast
was een van Dean se beste vriende, en dit word erken deur Dean se familie.
[23]
Volgens die eerste biograaf van James Dean (1956)
[24]
was hy en Dean kamermaats by UCLA en later in New York, en het hy Dean tydens die laaste vyf jaar van sy lewe geken. Vyftig jaar na Dean se dood het hy gese hulle vriendskap het seksuele intimiteit ingesluit.
[25]
Bast onthou hul vriendskap: "Jimmy
was
’n liefhebber van dinge, hy
het
geleer deur eksperimentering . . . Maar om te se hy was gay? Dis belaglik."
[26]
Terwyl hy aan UCLA studeer het, het Dean uitgegaan met Beverly Wills, ’n aktrise van CBS, en Jeanette Lewis, ’n klasmaat. Bast en Dean het dikwels op ’n dubbele afspraak met hulle gegaan. Wills het later alleen met Dean uitgegaan nadat sy vir Bast vertel het hulle is verlief.
[26]
Vroeg in Dean se loopbaan, toe hy ’n kontrak geteken het met Warner Brothers, het die ateljee se afdeling van openbare betrekkinge stories begin opmaak oor sy verhouding met verskeie jong aktrises. Persvrystelling het hom gegroepeer saam met twee ander akteurs,
Rock Hudson
en
Tab Hunter
, wat volgens hulle "hubare enkellopers" was wat nog nie die tyd gekry het om hulle aan een vrou te verbind nie."
[27]
Dean se verhouding wat die beste onthou word, was met die jong
Italiaanse
aktrise
Pier Angeli
, wat hy ontmoet het terwyl sy geskiet het aan
The Silver Chalice
. Angeli se ma het egter nie van Dean se kleredrag en optrede gehou nie. Hy het self ook gese hy wil nie trou nie.
[26]
Terwyl hy in Oktober 1954 in New York was, het Angeli onverwags haar verlowing aan die Italiaans-Amerikaanse sanger Vic Damone aangekondig.
[28]
Sy is die volende maand met hom getroud.
Die aktrise Liz Sheridan beweer sy het ’n kort verhouding met Dean in New York gehad.
[29]
Sommige mense is egter skepties daaroor.
[10]
Dean het ook met
Ursula Andress
uitgegaan, maar sy het in die tyd ook met
Marlon Brando
uitgegaan.
[30]
Dean het militere diensplig ontduik deur as ’n homoseksueel te registreer, iets wat destyds deur die Amerikaanse regering as ’n geestesongesteldheid geklassifiseer is. Toe hy daaroor uitgevra is, het hy gese: "Nee, ek is nie ’n homoseksueel nie. Maar ek gaan ook nie deur die lewe gaan met my een hand agter my rug vasgebind nie."
[31]
Op 30 September 1955 was Dean en sy werktuigkundige, Rolf Wutherich, by Competition Motors in Hollywood om Dean se nuwe Porsche 550 Spyder voor te berei vir die resies by Salinas, Kalifornie. Dean wou oorspronklik die Porsche na Salinas sleep, maar omdat die motor nog nie ingery was nie, het Wutherich voorgestel Dean ry met die motor na Salinas om meer myle op te sit. Die groep, met onder andere sy vriend Bill Hickman en die professionele fotograaf Sanford H. Roth, wat Dean tydens die resies sou afneem, het na Bakersfield vertrek.
[32]
Wutherich het saam met Dean gery. Dean is later in ’n spoedlokval voorgekeer nadat hy 105 km/h in ’n 89 km/h-sone gery het. Daarna het Hickman en Dean ’n ander pad gevolg, Roete 166/33, sodat hulle nie deur Bakersfield se 40 km/h-sone hoef te ry nie. Roete 166/33 was ’n bekende kortpad vir renjaers, wat hulle direk by Blackwells Corner by CA-roete 466 uitgebring het. By Blackwells Corner het Dean vir ’n kort rukkie stilgehou vir iets om te eet en daar die mederenjaers Lance Reventlow en Bruce Kessler raakgeloop. Toe Reventlow en Kessler vertrek, het hulle afgespreek om die aand saam te gaan eet.
[33]
Kort daarna is Dean-hulle en Hickman by Blackwells Corner weg, Dean het vetgegee en Hickman agtergelaat. Kort daarna, terwyl hy 136 km/h gery het, het Dean ’n 23-jarige student, Donald Turnupseed, gesien wat van die pad afgedraai en oor die wit streep gery het. Dean wou ’n ongeluk voorkom, maar daar was nie genoeg tyd of plek nie en die motors het mekaar feitlik reg van voor getref.
[34]
Dean is ernstig beseer ? hy het ’n gebreekte nek en verskeie uit- en inwendige beserings gehad. Hy is by sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.
[35]
In ’n nadoodse ondersoek op 11 Oktober 1955 is Turnupseed onskuldig bevind aan ’n aandeel aan Dean se dood. Wyle Dean is ook onskuldig bevind aan onregmatige optrede.
[36]
Debat oor sy seksualiteit
[
wysig
|
wysig bron
]
Dean word dikwels vandag beskou as ’n ikoon vanwee sy "eksperimentele" uitkyk op die lewe, wat sy tweesydige seksualiteit insluit. Daar is verskeie bewerings dat hy seksuele verhoudings met beide mans en vroue gehad het.
William Bast, een van sy beste vriende,
[23]
was Dean se eerste biograaf (1956).
[37]
Hy het ’n onthullende bywerking van sy eerste boek gepubliseer nadat hy jare lank die vraag of hul verhouding seksueel van aard was, ontduik het.
[38]
[39]
Daarin se hy eindelik dat dit wel die geval was.
[25]
In sy tweede boek vertel Bast van die moeilike omstandighede van hul verhouding en behandel hy ook openlik van Dean se ander beweerde gay verhoudings, veral sy vriendskap met Rogers Brackett, die invloedryke vervaardiger van radiodramas.
[40]
Die joernalis Joe Hyams glo enige gay aktiwiteit van Dean was slegs om sy loopbaan te bevorder.
[41]
Dit word egter deur Bast en ander biograwe verwerp.
[42]
’n Medemotorfietsryer, die skrywer John Gilmore, beweer ook hy en Dean het eenkeer in New York "geeksperimenteer", en Dean was toe reeds in sy 20's.
[43]
Die draaiboekskrywer Gavin Lambert, self gay en deel van die Hollywoodse gay kringe van die 1950's en 1960's, beskryf Dean as gay. Die regisseur van
Rebel
, Nicholas Ray, het ook al gese Dean was gay.
[44]
Boonop meen William Bast en die biograaf Paul Alexander ook Dean was gay, terwyl John Howlett se hy was "beslis biseksueel".
[45]
[46]
[47]
Hyams en Paul Alexander beweer ook Dean se verhouding met pastoor De Weerd het ’n seksuele aspek gehad.
[45]
[48]
Bast wys verder Dean het kennis van gay kroee en gewoontes gehad.
[49]
Boonop bevat Robert Aldrich en Garry Wotherspoon se boek
Who's Who in Contemporary Gay and Lesbian History: From World War II to the Present Day
(2001) ’n inskrywing oor James Dean.
- See the Jaguar
(1952)
- The Immoralist
(1954)
- The Metamorphosis
(1952)
- The Scarecrow
(1954)
- Women of Trachis
(1954)
Rolprente
Jaar
|
Titel
|
Rol
|
Notas
|
1951
|
Fixed Bayonets!
|
Doggie
|
Geen krediet
|
1952
|
Sailor Beware
|
’n Bokser
|
Geen krediet
|
1952
|
Has Anybody Seen My Gal?
|
Jong man
|
Geen krediet
|
1953
|
Trouble Along the Way
|
Ekstra
|
Geen krediet
|
1955
|
East of Eden
|
Cal Trask
|
|
1955
|
Rebel Without a Cause
|
Jim Stark
|
|
1956
|
Giant
|
Jett Rink
|
|
- ↑
Obituary
Variety
, 5 Oktober 1955.
- ↑
Goodman, Ezra (24 September 1956). "Delirium over dead star".
Life
. Vol. 41 No. 13. pp. 75?88.
{{
cite news
}}
: AS1-onderhoud: plek (
link
)
- ↑
"argiefkopie"
(PDF)
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 16 Julie 2011
. Besoek op
19 Junie
2013
.
- ↑
Vir meer besonderhede oor hierdie gay verhouding, sien Billy J. Harbin, Kim Marra en Robert A. Schanke, red.,
The Gay And Lesbian Theatrical Legacy: A Biographical Dictionary of Major Figures in American Stage History in the Pre-Stonewall Era
(University of Michigan Press, 2005), 133. Sien ook Joe en Jay Hyams,
James Dean: Little Boy Lost
(1992), bl. 20, waarin beweer word Dean is as seun deur DeWeerd gemolesteer en dit was sy eerste gay verhouding (hoewel DeWeerd self die vriendskap as geheel en al konvensioneel beskryf).
- ↑
Paul Alexander,
Boulevard of Broken Dreams: The Life, Times, and Legend of James Dean
, Viking, 1994, bl. 44.
- ↑
Sessums, Kevin (23 Maart 2011).
"Elizabeth Taylor Interview About Her AIDS Advocacy"
. Besoek op
24 Maart
2011
.
- ↑
"Notable Actors | UCLA School of Theater, Film and Television"
(in Engels). Tft.ucla.edu. 11 Februarie 2010. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 26 Maart 2012
. Besoek op
16 Oktober
2010
.
- ↑
"The unseen James Dean"
. Londen: The Times. 6 Maart 2005
. Besoek op
6 Januarie
2010
.
- ↑
"1950 Pepsi commercial"
(in Engels). YouTube. 13 Desember 1950.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 27 Maart 2020
. Besoek op
16 Oktober
2010
.
- ↑
10,0
10,1
Bast, W.,
Surviving James Dean
, New Jersey: Barricade Books, 2006.
- ↑
Oor nog inligting oor Dean se verhouding met Brackett, sien Hyams,
James Dean: Little Boy Lost
, bl. 79.
- ↑
Reise, R.
The Unabridged James Dean
, 1991
- ↑
Holley, ble. x-196.
- ↑
Perry, ble. 109-226.
- ↑
Rathgeb, bl. 20.
- ↑
Lemire, Christy.
"5 most memorable teen-angst movies"
.
MSNBC
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 17 Desember 2011
. Besoek op
19 Junie
2013
.
- ↑
17,0
17,1
Wasef, Basem;
Leno, Jay
(2007),
Legendary Motorcycles: The Stories and Bikes Made Famous by Elvis, Peter Fonda, Kenny Roberts and Other Motorcycling Greats
, MotorBooks International, pp. 13?19,
ISBN
0-7603-3070-0
,
http://books.google.com/books?id=jxWweoxJrxMC&pg=PA13
, besoek op 2012-05-20
- ↑
Raskin, Lee (2005).
James Dean: At Speed
. Phoenix, Ariz.: David Bull. pp. 47?48, 68?71, 73?74, 78?81, 83?86.
ISBN
978-1-893618-49-7
.
- ↑
Raskin, Lee (2005).
James Dean : At speed
. Phoenix, Ariz.: David Bull. pp. 101?102.
ISBN
978-1-893618-49-7
.
- ↑
Raskin, Lee.
"
"Little Bastard" | The Silver Spyder Porsche/Dean Mystery Revisited"
.
James Dean At Speed
. David Bull Publishing
. Besoek op
21 September
2011
.
- ↑
Guinness, Alec.
Blessings in Disguise
[Random House, 1985,
ISBN 0-394-55237-7
], hoofst. 4 (ble. 34-35)
- ↑
"Premonition of Sir Alec Guinness"
(in Engels). YouTube.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 9 Julie 2018
. Besoek op
16 Oktober
2010
.
- ↑
23,0
23,1
Perry, George,
James Dean
, Londen, New York: DK Publishing, 2005, bl. 68 ("Gemagtig deur die James Dean-boedel")
- ↑
William Bast,
James Dean: a Biography
, New York: Ballantine Books, 1956
- ↑
25,0
25,1
Bast, William:
Surviving James Dean
(Barricade Books, 2006), ble. 133, 183-232.
- ↑
26,0
26,1
26,2
Dalton, David.
James Dean: The Mutant King: A Biography
, Chicago Review Press (1974) bl. 151
- ↑
Michael DeAngelis,
Gay Fandom and Crossover Stardom: James Dean,
Mel Gibson
and Keanu Reeves
, bl. 98.
- ↑
Bast, William,
Surviving James Dean
, bl. 196, New Jersey: Barricade Books, 2006
- ↑
Liz Sheridan,
Dizzy & Jimmy
(ReganBooks HarperCollins, 2000), ble. 144-151.
- ↑
Porter, Darwin.
Brando Unzipped
, Blood Moon Productions, Ltd, (2006) bl. 484
- ↑
Riese, Randall,
The Unabridged James Dean: His Life and Legacy from A to Z
, bl. 239, Chicago: Contemporary Books, Inc., 1991.
- ↑
Raskin, Lee (2005).
James Dean: At Speed
. Phoenix, Ariz.: David Bull. pp. 111?115.
ISBN
978-1-893618-49-7
.
- ↑
Raskin, Lee (2005).
James Dean: At Speed
. Phoenix, Ariz.: David Bull. pp. 116?118.
ISBN
978-1-893618-49-7
.
- ↑
Raskin, Lee (2005).
James Dean: At Speed
. Phoenix, Ariz.: David Bull. pp. 122?127.
ISBN
978-1-893618-49-7
.
- ↑
Raskin, Lee (2005).
James Dean: At Speed
. Phoenix, Ariz.: David Bull. p. 129.
ISBN
978-1-893618-49-7
.
- ↑
Beath, Warren (2005).
James Dean in Death: A Popular Encyclopedia of a Celebrity Phenomenon
. Jefferson, NC: McFarland & Company. pp. 50?51.
ISBN
0-7864-2000-6
.
- ↑
William Bast,
James Dean: a Biography
, New York: Ballantine Books, 1956.
- ↑
Riese, Randall,
The Unabridged James Dean: His Life from A to Z
, Chicago: Contemporary Books, 1991, ble. 41, 238
- ↑
Alexander, Paul,
Boulevard of Broken Dreams: The Life, Times, and Legend of James Dean
, New York: Viking, 1994, bl. 87
- ↑
Bast,
Surviving James Dean
, ble. 133, 150, 183.
- ↑
Val Holley,
Mike Connolly and the Manly Art of Hollywood Gossip
(2003), bl. 22.
- ↑
Donald Spoto,
Rebel: The Life and Legend of James Dean
(HarperCollins, 1996), ble. 150-151. Sien ook Val Holley,
James Dean: The Biography
, ble. 6, 7, 8, 78, 80, 85, 94, 153.
- ↑
John Gilmore,
Live Fast ? Die Young: Remembering the Short Life of James Dean
(New York: Thunder's Mouth Press, 1998).
- ↑
Sien Lawrence Frascella en Al Weisel,
Live Fast, Die Young ? The Wild Ride of Making
Rebel Without a Cause
.
- ↑
45,0
45,1
Alexander, Paul,
Boulevard of Broken Dreams: The Life, Times, and Legend of James Dean
, New York: Viking, 1994
- ↑
William Bast,
Surviving James Dean
(Barricade Books, 2006)
- ↑
John Howlett (1997),
James Dean
, London: Plexus, bl. 167
- ↑
Joe Hyams,
James Dean ? Little Boy Lost
, Warner Books 1992
- ↑
William Bast,
Surviving James Dean
, Barricade 2006, bl. 53-54, p. 135
- Alexander, Paul:
Boulevard of Broken Dreams: The Life, Times, and Legend of James Dean
. Viking, 1994.
ISBN 0-670-84951-0
- Bast, William :
James Dean: A Biography
. Ballantine Books, 1956.
- Bast, William :
Surviving James Dean
. Barricade Books, 2006.
ISBN 1-56980-298-X
- Beath, Warren:
Death of James Dean
. Grove Press, 1986.
ISBN 0-394-55758-1
- Beath, Warren, with Wheeldon, Paula; James Dean in Death: A Popular Encyclopedia of a Celebrity Phenomenon, McFarland & Co.,Inc., 2005.
ISBN 0-7864-2000-6
- Dalton, David :
James Dean-The Mutant King: A Biography
. Chicago Review Press, 2001.
ISBN 1-55652-398-X
- Frascella, Lawrence and Weisel, Al :
Live Fast, Die Young: The Wild Ride of Making Rebel Without a Cause
. Touchstone, 2005.
ISBN 0-7432-6082-1
- Gilmore, John :
Live Fast-Die Young: Remembering the Short Life of James Dean
. Thunder's Mouth Press, 1998.
ISBN 1-56025-169-7
- Gilmore, John:
The Real James Dean
. Pyramid Books, 1975.
ISBN 0-515-03814-8
- Heinrichs, Steve; Marinello, Marco; Perrin, Jim; Raskin, Lee; Stoddard, Charles A; Zigg, Donald; Porsche Speedster TYP540: Quintessential Sports Car, 2004, Big Lake Media, Inc.,
ISBN 0-9746468-0-6
- Holley, Val:
James Dean: The Biography
. St. Martin's Griffin, 1996.
ISBN 0-312-15156-X
- Hopper, Hedda and Brough, James:
"James Dean Was a Rebel With a Cause"
in
The Whole Truth and Nothing But
. Doubleday. 1963.
- Howell, John:
James Dean: A Biography
. Plexus Publishing, 1997. Tweede hersiene uitgawe.
ISBN 0-85965-243-2
- Hyams, Joe; Hyams, Jay:
James Dean: Little Boy Lost
. Time Warner Publishing, 1992.
ISBN 0-446-51643-0
- Martinetti, Ronald:
The James Dean Story
, Pinnacle Books, 1975.
ISBN 0-523-00633-0
- Morrissey:
James Dean Is Not Dead
. Babylon books, 1983.
ISBN 0-907188-06-0
- Perry, George:
James Dean
. DK Publishing, 2005.
ISBN 1-4053-0525-8
- Riese, Randall:
The Unabridged James Dean: His Life from A to Z
. Contemporary Books, 1991.
ISBN 0-8092-4061-0
- Raskin, Lee:
James Dean: At Speed
. David Bull Publishing, 2005.
ISBN 1-893618-49-8
- Sheridan, Liz:
Dizzy & Jimmy: My Life With James Dean : A Love Story
. HarperCollins Canada / Harper Trade, 2000.
ISBN 0-06-039383-1
- Spoto, Donald:
Rebel: The Life and Legend of James Dean
. Harpercollins, 1996.
ISBN 0-06-017656-3