in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Iwan Bilibin
|
---|
Portret van Iwan Bilibin deur Boris Koestodijef, 1901.
|
Geboortenaam
|
Iwan Jakowlewitsj Bilibin
(Ива?н Я?ковлевич Били?бин)
|
---|
Gebore
|
(
1876-08-16
)
16 Augustus 1876
Sint Petersburg
|
---|
Sterf
|
07 Februarie 1942 (op 65)
Leningrad
|
---|
Nasionaliteit
|
Russies
|
---|
Veld
|
Illustrasies, verhoogontwerp
|
---|
Beinvloed deur
|
Slawiese mitologie
Tradisionele Japannese kuns
|
Iwan Jakowlewitsj Bilibin
(
Russies
: Ива?н Я?ковлевич Били?бин;
16 Augustus
1876
?
7 Februarie
1942
) was een van die invloedrykste
20ste-eeuse
illustreerders en verhoogontwerpers in
Rusland
. Dwarsdeur sy loopbaan is hy sterk deur die
Slawiese mitologie
beinvloed.
Bilibin is in ’n voorstad van
Sint Petersburg
gebore. Hy het onder andere onder
Ilja Repin
studeer
[1]
en daarna sy studies in
Munchen
voortgesit. In 1902?1904 het hy in die noorde van Rusland gereis waar hy betower is deur ou houtgeboue en Russiese folklore. Hy het sy bevindings in 1904 gepubliseer in die
monografie
Volkskuns van die Russiese Noorde
. Nog ’n groot invloed op sy werk was tradisionele
Japannese
kuns.
Bilibin het in
1899
bekend geword toe hy sy innoverende illustrasies van Russiese feeverhale gepubliseer het. Tydens die
Russiese Rewolusie
van
1905
het hy rewolusionere tekenprente gemaak. Die
Oktober-revolusie
het hom egter nie geval nie. Na kort rukke in
Kairo
en
Alexandrie
het hy in
1925
in
Parys
gaan woon. Daar het hy private huise en Ortodokse kerke versier. Hy het egter na sy vaderland verlang en nadat hy die Sowjet-ambassade in
1936
versier het, het hy na die
Sowjetunie
teruggekeer waar hy klas gegee het tot in
1941
. Bilibin is tydens die
Beleg van Leningrad
dood.
-
Die handelaars besoek tsaar Saltan (1905).
-
Verhoogdekor vir die
opera
Die Goue
Haan
(1909).
-
Tsaar Dadon voor die
Sjemacha-koningin in
Die Goue Haan
(1906).
-
-
Baba Jaga
uit
Wasilisa
die Mooie
(1899).
-
Die Rooi Ruiter uit
Wasilisa die Mooie
(1899).
-
Iwan Tsarewitsj
vang die
vuurvoel
se veer (1899).
-
-
Ilja Moeromets
en
Solowei die Rower.
-
-
Regspleging van die Roes.
-
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel
en:Ivan Bilibin