Interslawies
(
med?uslovjansky jezyk, меджуслов?анскы ?езык
[m?d??us??'vjansk? 'jæz?k]) is 'n
kunsmatige taal
wat ontwerp is om kommunikasie met en tussen verteenwoordigers van verskillende
Slawiese volke
te vergemaklik. Die grondgedagte is dat die
Slawiese tale
so eenders is dat dit op grond van gemeenskaplike eienskappe moontlik moet wees om 'n taal te skep wat deur alle Slawiers sonder voorafgaande studie verstaan kan word.
[2]
Grammatika sowel as woordeskat is gebaseer op die hierdie ooreenkomste. Gevolglik het Interslawies drie
geslagte
en 'n volledige verbuiging en vervoeging, in teenstelling met hoogs vereenvoudigde internasionale hulptale soos
Esperanto
en
Interlingua
. Interslawies word geskryf met sowel die
Latynse
as die
Cyrilliese
alfabet.
Die taal word hoofsaaklik in internetverkeer gebruik, maar bevat ook 'n aantal elektroniese en gedrukte publikasies. Boonop vind internasionale konferensies sedert 2017 plaas. In teenstelling met baie soortgelyke projekte het Interslawies nie 'n sambreelorganisasie nie, maar kan die ongeveer 15 000 gebruikers en belangstellendes hoofsaaklik op
sosiale media
gevind word. Besluite oor leerhulpbronne, grammatika en woordeskat word deur 'n komitee van vyf lede geneem.
[3]
Deur die eeue heen is baie pogings aangewend om 'n gemeenskaplike literere taal vir Slawiers te skep. Die eerste Pan-Slawiese grammatika is in die jare 1659?1666 geskryf deur die Kroatiese priester Juraj Kri?ani?. Tientalle ander projekte het in die 19de en 20ste eeu die lig gesien. Aanvanklik het hul skrywers geglo dat alle Slawiers verenig kon word deur 'n gemeenskaplike skryftaal, wat 'n moderne voortsetting van die
Ou Kerkslawies
sou wees. Later het die doelstelling geleidelik verander en het hulle bloot probeer om (dikwels met
Esperanto
as voorbeeld) 'n taal vir die onderlinge kommunikasie tussen verskillende Slawiese volke te skep. Na die
Tweede Wereldoorlog
het hierdie idee op die agtergrond verdwyn, maar aan die begin van die 21ste eeu het dit danksy die koms van die internet 'n nuwe impuls gekry.
Die hedendaagse Interslawies is in 2006 onder die naam
Slovianski
begin deur 'n groep mense uit verskillende lande. Hulle het 'n eenvoudige en naturalistiese taal beoog wat die Slawiers kan verstaan ??sonder dat hulle dit geleer het, en wat slegs bestaan ??uit materiaal wat in alle of die meeste Slawiese tale voorkom, sonder kunsmatige toevoegings. In 2012 het Slovianski etlike honderde sprekers gehad.
[4]
In 2010 het die Tsjeggiese informatikus Vojt?ch Merunka 'n ander Pan-Slawiese taalprojek publiseer, genaamd
Novoslovienskij
("Nieuslawies").
[5]
Anders as Slovianski, was dit nie baseer op die moderne Slawiese tale nie, maar was dit 'n poging om Ou Kerkslawies te vereenvoudig en by die moderne tyd aan te pas. Vanaf 2011 het albei projekte nou saamgewerk onder die gemeenskaplike naam
Interslawies
, 'n naam wat in 1908 vir die eerste keer deur die Tsjeg Ignac Ho?ek voorgestel is.
[6]
In 2017 het hulle uiteindelik saamgesmelt in een enkele standaardtaal.
Interslawies speel ook 'n rol in die Tsjeggiese regisseur Vaclav Marhoul se rolprent
The Painted Bird
, wat tydens die Venesiaanse filmfees van 2019 vrygestel is.
[7]
[8]
Hierdie rolprent, 'n swart-wit verfilming van Jerzy Kosinski se roman
Die geverfde voel
, beskryf die ervarings van 'n (waarskynlik joodse) seuntjie wat tydens die Tweede Wereldoorlog rondval op 'n platteland iewers in Oos-Europa en wegkruip onder wrede kleinboere. Hierin is Interslawies die taal van die plattelandse inwoners. Marhoul was op soek na 'n "Slawiese Esperanto" om nie 'n spesifieke Slawiese volk te identifiseer met die gruweldade wat in die film afspeel nie.
[9]
[10]
Veral sedert die premiere van die film het die gebruikersgemeenskap van Interslawies vinnig gegroei. Tans het die hoofgroep op
Facebook
meer as 15.000 gebruikers en belangstellendes.
[11]
'n Belangrike beginsel van Interslawies is dat elke Slaaf die taal maklik op sy eie sleutelbord kan skryf.
[12]
Daarom kan dit met die
Latynse
sowel as die
Cyrilliese alfabet
geskryf word. Die Latynse alfabet bestaan uit 30 letters, insluitend drie digrawe (
d?, lj, nj
) en vier letters met 'n omgekeerde
kappie
(
?, ?, ?, ?
). Die Cyrilliese alfabet bevat letters uit Serwies en Masedonies (
?, ?, ?
), Russies en Belarussies (
ы
) en Oekraiens (
?
). Alternatiewe spellings word voorgestel vir letters wat nie op alle Slawiese sleutelborde voorkom nie.
Afgesien van die basiese alfabet hierbo, kan in die Latynse alfabet ook 'n reeks addisionele letters gebruik word. Hulle verskil van die standaardortografie deur 'n diakritiese teken toe te voeg en is bedoel om bykomende etimologiese inligting oor te dra en Interslawies direk aan Ou Kerkslawies te koppel.
Opsionele tekens
|
A
|
?
|
D?
|
đ
|
?
|
?
|
?
|
?
|
?
|
?
|
?
|
T?
|
?
|
?
|
Uitspraak (
IFA
)
|
?
|
t??
|
d?
?
|
d??
|
?
?
|
j
æ
|
l?
?
|
n?
?
|
?
?
|
r?
r?
|
s?
?
|
t?
c
|
o
?
|
z?
?
|
Interslawies het, net soos die ander Slawiese tale, drie geslagte (manlik, vroulik, onsydig).
Selfstandige naamwoorde
,
byvoeglike naamwoorde
,
voornaamwoorde
en
telwoorde
word verbuig in sewe
naamvalle
(nominatief, genitief, datief, akkusatief, instrumentalis, lokatief, vokatief) in enkelvoud en meervoud. Daar bestaan rofweg vier
deklinasies
. Daar is geen
lidwoorde
in Interslawies nie.
Werkwoorde
word vervoeg volgens tyd (teenwoordige tyd, verlede tyd, toekomende tyd), persoon, wyse en getal. Daarnaas beskik werkwoorde oor die kategorie aspek, waarmee die voltooidheid of onvoltooidheid van 'n handeling uitgedruk word.
Dit is kenmerke wat gewoonlik in internasionale hulptale angsvallig vermy word. Nogtans is 'n hoe mate van vereenvoudiging bereik deur onreelmatigheid tot 'n minimum te beperk.
Hier volg die
Onse Vader
in Interslawies:
Latynse alfabet
|
Cyrilliese alfabet
|
Vertaling
|
Ot?e na?, ktory jesi v nebesah,
nehaj sveti se ime Tvoje.
Nehaj prijde kraljevstvo Tvoje,
nehaj bude volja Tvoja, kako v nebu tako i na zemji.
Hl?b na? vsakodenny daj nam dnes,
i odpusti nam na?e gr?hy,
tako kako my odpu??ajemo na?im gr??nikam.
I ne vvedi nas v poku?enje,
ale izbavi nas od zlogo.
Ibo Tvoje jest kraljevstvo i mo? i slava, na v?ky v?kov.
Amin.
[13]
|
Отче наш, кторы ?еси в небесах,
неха? свети се име Тво?е.
Неха? при?де кра?евство Тво?е,
неха? буде во?а Тво?а, како в небу тако и на зем?и.
Хл?б наш всакоденны да? нам днес,
и одпусти нам наше гр?хы,
тако како мы одпушча?емо нашим гр?шникам.
И не введи нас в покушен?е,
але избави нас од злого.
Ибо Тво?е ?ест кра?евство и моч и слава, на в?кы в?ков.
Амин.
|
Onse Vader wat in die hemele is,
laat u Naam geheilig word,
laat u koninkryk kom,
laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde.
Gee ons vandag ons daaglikse brood,
en vergeef ons ons skulde,
soos ons ook ons skuldenaars vergewe.
En lei ons nie in die versoeking nie,
maar verlos ons van die Bose.
Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid.
Amen.
|
- (
de
)
Barandovska-Frank, V?ra
.
Panslawische Variationen
. Brosch, Ciril i Fiedler, Sabine (ed.), Florilegium Interlinguisticum. Festschrift fur Detlev Blanke zum 70. Geburtstag. Peter Lang Internationaler Verlag der Wissenschaften, Frankfurt am Main, 2011,
ISBN 978-3-631-61328-3
, bl. 209?236.
- (
eo
)
Duli?enko, Aleksandr D
.
Pravigo de la slava interlingvistiko: slava reciprokeco kaj tutslava lingvo en la historio de Slavoj
. Grundlagenstudien aus Kybernetik und Geisteswissenschaft, no. 57:2, June 2016, Akademia Libroservo, ISSN 0723-4899, bl. 75?101.
- (
en
)
Kocor, Maria, et al
.
Zonal Constructed Language and Education Support of e-Democracy ? The Interslavic Experience
.
Sokratis K. Katsikas & Vasilios Zorkadis eds.
, E-Democracy ? Privacy-Preserving, Secure, Intelligent E-Government Services. 7th International Conference, E-Democracy 2017, Athens, Greece, December 14?15, 2017, Proceedings (Communications in Computer and Information Science no. 792, Springer International Publishing, 2017,
ISBN 978-3-319-71116-4
, 978-3-319-71117-1), bl. 15?30.
- (
en
)
Kuznetsov, Nikolai
.
The Interslavic Language: Way of Communication Among the Slavic Nations and Ethnic Groups.
Journal of Ethnophilosophical Questions and Global Ethics 2.1 (2018): bl. 18-28.
- (
en
)
Meyer, Anna-Maria
.
Slavic constructed languages in the internet age
. Language Problems & Language Planning, vol. 40 no. 3 (January 2016), bl. 287?315.
- (
de
)
Meyer, Anna-Maria
.
Wiederbelebung einer Utopie. Probleme und Perspektiven slavischer Plansprachen im Zeitalter des Internets
. Bamberger Beitrage zur Linguistik 6, Bamberg: Univ. of Bamberg Press, 2014,
ISBN 978-3-86309-233-7
.
- (
en
)
Merunka, Vojt?ch
,
Interslavic zonal constructed language: an introduction for English-speakers
(Luka? Lho?an, 2018,
ISBN 9788090700499
).
- (
en
)
Merunka, Vojt?ch
.
Neoslavonic zonal constructed language
. ?eske Bud?jovice, 2012,
ISBN 978-80-7453-291-7
.
- (
en
)
Merunka, Vojt?ch; Her?ak, Emil; Molhanec, Martin
.
Neoslavonic Language
. Grundlagenstudien aus Kybernetik und Geisteswissenschaft, no. 57:2, June 2016, Akademia Libroservo, ISSN 0723-4899, bl. 114?134.
- (
ru
)
Рупосова, Л.П.
,
История межславянского языка
. Вестник Московского государственного областного университета. Московский государственный областной университет, 2012 no. 1 (
2224-0209
), bl. 51?56.
- (
en
)
Steenbergen, Jan van
.
Constructed Slavic languages in the 21st century
. Grundlagenstudien aus Kybernetik und Geisteswissenschaft, no. 57:2, June 2016, Akademia Libroservo, ISSN 0723-4899, bl. 102?113.
- (
pl
)
Steenbergen, Jan van
.
J?zyk mi?dzysłowia?ski jako lingua franca dla Europy ?rodkowej
Geargiveer
1 Julie 2021 op
Wayback Machine
. Ilona Koutny, Ida Stria (eds.): J?zyk / Komunikacja / Informacja nr XIII (2018). Pozna?: Wydawnictwo Rys, 2018.
ISBN 978-83-65483-72-0
, ISSN 1896-9585, bl. 47?61.