in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Potchefstroom
|
---|
Stad
|
Potchefstroom se stadsaal
|
Vlag
|
Byname:
Potch
|
Leuse(s):
Stad van Deskundigheid
Motswe Wa Boitseanape
City of Expertise
|
Potchefstroom se ligging in Noordwes
|
Koordinate:
26°42′S
27°05′O
/
26.700°S 27.083°O
/
-26.700; 27.083
|
Land
|
Suid-Afrika
|
---|
Provinsie
| Noordwes
|
---|
Distrik
| Dr. Kenneth Kaunda
|
---|
Munisipaliteit
| JB Marks
|
---|
Stigting
| 1838
|
---|
Regering
|
---|
? Gestig deur
| Hendrik Potgieter
|
---|
Oppervlak
|
---|
? Totaal
| 185,4 km
2
(71,6 vk. myl)
|
---|
Hoogte
| 1 350 m (4 430 ft)
|
---|
Bevolking
|
---|
? Totaal
| 149 230
|
---|
? Digtheid
| 805/km
2
(2 080/vk. myl)
|
---|
Rasverdeling
(2011)
|
---|
?
Wit mense
| 20,7%
|
---|
?
Indiers/Asiers
| 1,0%
|
---|
?
Bruin mense
| 7,1%
|
---|
?
Swart mense
| 70,7%
|
---|
?
Ander
| 0,4%
|
---|
Taal
(2011)
|
---|
?
Tswana
| 41,1%
|
---|
?
Afrikaans
| 27,9%
|
---|
?
Suid-Sotho
| 10,9%
|
---|
?
Xhosa
| 9,5%
|
---|
?
Ander
| 10,6%
|
---|
Poskode
(strate)
| 2520
|
---|
Poskode
(posbusse)
| 2520
|
---|
Skakelkode
| 018
|
---|
Webwerf
| http://www.potch.co.za/
|
---|
Potchefstroom
is 'n stad in die
Noordwesprovinsie
van
Suid-Afrika
. Dit was die tweede oudste dorp in die ou
Transvaalprovinsie
naas die naburige
Klerksdorp
. Dit is in November
1838
deur
Voortrekkerleier
Hendrik Potgieter
aan die oewers van die
Mooirivier
gestig. Die stad staan ook as die "Stad van Deskundigheid" bekend. Dit beslaan 2 573 km² en het 162 762 inwoners (munisipaliteit 2011).
[2]
Dit is 'n handel- en nywerheidsentrum vir die omliggende
land
- en
mynboustreek
. Potchefstroom is 120 km wes-suidwes van
Johannesburg
.
Daar was 'n poging deur die ANC-beheerde munisipale owerheid om die dorp se naam na
Tlokwe
te verander, maar baie inwoners het in opstand gekom teen die besluit ? hierdie opstand is deur die organisasie Aksie Potchefstroom gelei. Die stadsraad staan tans bekend as
JB Marks Plaaslike Munisipaliteit
, nadat dit in 2016 met
Ventersdorp
saamgesmelt het.
Potchefstroom is 'n groot akademiese dorp. Die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, wat in 1869 op
Burgersdorp
gestig is, is in 1905 na Potchefstroom verskuif. In 1919 het "Het Potchefstroom Universiteitskollege voor Christelike Hooger Onderwijs" ontstaan uit die Literariese Departement van die Teologiese Skool. In 1951 is die PUK erken as 'n selfstandige
universiteit
wat bekend sou staan as die
Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys
(PU vir CHO).
Die PU vir CHO het in 2004 met die University of the Northwest in
Mahikeng
saamgesmelt om die
Noordwes-Universiteit
te word en sou voortaan bekend staan as die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Hierdie multikampus en multidiverse universiteit het tot stand gekom nadat die regering verreikende veranderings in tersiere onderwys aangebring het en wetgewing deurgevoer het wat die aantal tersiere inrigtings in die land verminder het.
Die Potchefstroomkampus het 33 000 studente.
Die universititeit met sy groot aantal studente speel 'n belangrike rol in die dorp se bestaan en gee aan Potchefstroom sy universiteitsdorp-karakter.
Potchefstroom se woonbuurte sluit die volgende in:
- Grimbeeckpark ? langs die gholfbaan, tussen die Paryspad (R53) en die Mooirivier.
- Oewersig ? langs die Mooirivier, langs die Universiteit se sportterrein en die
R501
.
- Dam Omgewing ? langs die Potchefstroom Dam
- Mooivalleipark ? langs die R501
- Van der Hoffpark ? tussen die N12 en die PUK sportterrein.
- Die Bult ? langs die PUK.
- Bailiepark ? tussen die N12 en R53
- Miederpark ? suid van die N12, en wes van die Mooirivier.
- Kannonierspark ? Tussen die R53 en die spoorlyn, suid van die Mediclinic Hospitaal.
- Bult-Wes
- Bult-Oos
- Dassierand ? (aan die westekant van Potchefstroom) wes van die R53 na Ventersdorp
Dit is 'n jaarlikse optog ten bate van liefdadigheid waar al die eerstejaars van die Potchefstroomkampus van die
Noordwes-Universiteit
, in hul koshuisverband, deur die strate van die dorp loop met vlotte wat hulle self gebou en versier het.
Die
Aardklop
Nasionale Kunstefees word jaarliks aan die einde van September in Potchefstroom aangebied.
- Die
N12
nasionale pad gaan deur Potchefstroom.
- 'n Hoenderras, die
Potchefstroom Koekoek
, is vernoem na die stad.
- Potchefstroom is die oudste distrik in die "trans-vaal", die gebied noord van die
Vaalrivier
.
- Tydens die
Krieketwereldbeker 2003
is Potchefstroom se
Senwespark
vir drie wedstryde ingespan.
- Die stad het verskeie museums, insluitend die Andries Bisschiff Geologiemuseum, die Mildred van der Merwe-Radloff-museum (albei op die universiteitskampus), die Potchefstroom-museum, die Goetz-Fleischack-museum, die Andries Pretorius-museum en die Totius-huismuseum.
- Die eikelaan met meer as 700 bome en wat meer as 7 km lank is (dit strek van
Potchefstroomdam
in die noorde van die stad tot by die Landboukollege in die suide van die stad), is ’n nasionale erfenis.
- Die stad huisves die O.P.M. Prozesky-voelreservaat wat oor 70 hektaar strek.
[3]
|
---|
Gestig tussen 1795 en 1830
| |
---|
Gestig tussen 1830 en 1840
| |
---|
Gestig tussen 1840 en 1870
| |
---|
Gestig tussen 1880 en 1902
| |
---|