Hugo die Grote
|
Persoonlike besonderhede
|
Gebore
|
omstreeks 898
Parys
|
Sterf
|
16 Junie 956
(
956-06-16
)
(Ouderdom om en by 57-58)
Dourdan
|
Kind(ers)
|
Beatrix van Frankryk
Hugo Capet
Emma van Parys, Gravin van Normandie
Otto van Boergondie
Hendrik I van Boergondie
|
Hugo die Grote
(gebore omstreeks 898;
[1]
sterf op
16 Junie
956
) was
Hertog
van die
Franke
en Graaf van Parys.
Hugo was die seun van Koning
Robert I van Frankryk
en Beatrix van Vermandois.
[2]
Hy is gebore in
Parys
,
Ile-de-France
,
Frankryk
. Sy oudste seun was Hugo Capet, wat in
987
Koning van Frankryk geword het.
[3]
Sy familie staan bekend as die
Robertyne
.
[4]
In 922 het die baronne van
Wes-Frankie
, na 'n opstand teen die
Karolingiese
Koning
Karel die Eenvoudige
(wat onder hul aanslag uit sy koninkryk gevlug het), vir Robert I, Hugo se vader, as koning van Wes-Frankie gekies.
[5]
Na die dood van Robert I tydens die Slag van Soissons in 923 het Hugo die koningskap geweier, en derhalwe is sy swaer, Roedolf van Frankryk, as die Franse koning gekroon.
[5]
Karel die Eenvoudige het Hugo se neef, Hertog
Herbert II van Vermandois
, om hulp gevra om sy koninkryk te herwin, maar is in pleks hiervan deur Herbert II gevange geneem.
[5]
Herbert II het toe sy vername gevangene (die afgesette Karel) gebruik om sy eie ambisies te verwesenlik. Hy het tot met Karel se afsterwe in
929
herhaaldelik gedreig om die koning vry te laat.
[6]
Van hierdie punt af was Herbert II van Vermandois in 'n stryd gewikkel met Koning Roedolf en Hertog Hugo.
[5]
Herbert II en Roedolf het uiteindelik in
935
'n ooreenkoms bereik.
[5]
Met die afsterwe van Roedolf in
936
is Hugo in besit geplaas van byna die gehele streek tussen die
Loire
en die
Seine
, wat ooreenkom met die antieke streek van Neustrie, met uitsondering van Anjou en die gebied wat in
911
aan die
Normandiers
gegee is.
[7]
Hugo het 'n aktiewe rol daarin gespeel om Koning
Lodewyk IV
(
d'Outremer
) in
936
van die Koninkryk van Engeland oor te bring.
[8]
In
937
is Hugo getroud met Hedwig van Sakse, die dogter van Koning
Hendrik die Voelkyker
van Duitsland en Matilda van Ringelheim. Kort hierna het 'n rusie onstaan tussen hom en Lodewyk IV.
[9]
In
938
het Koning Lodewyk IV begin om vestings en gebiede aan te val wat voorheen behoort het aan lede van sy familie, waarvan sommige behoort het aan
Herbert II van Vermandois
.
[10]
In
939
het koning Lodewyk IV vir Hugo die Grote en Hertog
Willem Langswaard
van Normandie aangeval, waarna 'n wapenstilstand bewerk is wat tot Junie geduur het.
[11]
Daardie selfde jaar het Hugo die Grote, saam met Hertog Herbert II van Vermandois, Hertog
Arnulf I van Vlaandere
en Hertog
Willem I van Normandie
'n eed van getrouheid gesweer aan Keiser
Otto die Grote
van die
Heilige Romeinse Ryk
en hom bygestaan in sy struwelinge met Lodewyk IV.
[12]
Toe Lodewyk IV in
945
deur die
Normandiers
gevange geneem is, is hy oorhandig aan Hugo die Grote, in ruil vir die jong hertog Richard.
[13]
Hugo het Lodewyk IV in
936
vrygelaat op voorwaarde dat hy die Vesting van Laon moet oorgee.
[14]
In
948
, tydens 'n kerkraadsitting by Ingelheim, het die biskoppe, waarvan net twee nie van Duitsland was nie, vir Hugo die Grote
in absentia
veroordeel en geekskommunikeer, en Aartsbiskop Artauld van Reims herstel in sy posisie by Reims.
[15]
Hugo het in antwoord hierop vir Soissons en Reims aangeval, terwyl die ekskommunikasie herroep is deur 'n kerkraadsitting te
Trier
.
[15]
In
953
het Hugo die Grote uiteindelik wel toegewings gemaak, en die vrede herstel met Lodewyk IV, die kerk, en sy swaer Otto die Grote.
[15]
By die afsterwe van Lodewyk IV was Hugo die Grote een van die eerstes om Lotarius van Frankryk as sy opvolger te erken. Met die ingryping van Lotarius se moeder, Gerberga van Sakse, het Hugo ook 'n instrumentele rol daarin gespeel om Lotarius te laat kroon as koning.
[15]
Ter erkenning van sy dienste het Hugo beheer oor die hertogdomme van Boergondie en Akwitanie van die nuwe koning verkry.
[16]
In dieselfde jaar het Hertog
Giselbert van Chalon
egter homself as Hugo se vasaal erken en sy dogter verloof aan Hugo die Grote se oudste seun,
Hendrik I van Boergondie
.
[16]
By Giselbert se dood (8 April 956) het Hugo effektiewelik beheer oor die hertogdom verkry, maar op 16 Junie in Dourdan gesterf.
[2]
Hugo die Grote het aanvanklik in
922
in die huwelik getree met Judith, dogter van
Rogier van Maine
en sy vrou Rothilde, die dogter van Keiser
Karel die Kale
.
[2]
Sy sterf kinderloos in 925.
[2]
Hugo se tweede vrou was
Eadhild
, dogter van
Eduard die Ouere
, koning van die Angele, en halfsuster van Koning
Athelstan van Engeland
.
[2]
Hulle is in 926 getroud, maar ook sy sterf kinderloos in 938.
[2]
Hugo se derde vrou was
Hedwig van Sakse
, dogter van
Hendrik die Voelkyker
en Matilda van Ringelheim. Sy en Hugo se kinders was:
- ↑
Linda Seidel,
Legends in Limestone: Lazarus, Gislebertus, and the Cathedral of Autun
, (University of Chicago Press, 1999), 67.
Widukind (of Corvey),
Deeds of the Saxons
, vertalers, Bernard S. Bachrach en David S. Bachrach, (The Catholic University of America Press, 2014), 43.
- ↑
2,0
2,1
2,2
2,3
2,4
2,5
2,6
Detlev Schwennicke,
Europaische Stammtafeln: Stammtafeln zur Geschichte der Europaischen Staaten
, Neue Folge, Band II (Verlag von J. A. Stargardt, Marburg, Duitsland, 1984), Tafeln 10-11
- ↑
Jim Bradbury,
The Capetians: Kings of France, 987-1328
(Hambledon Continuum, Londen & New York, 2007), p. 69
- ↑
Lucien Bely,
The History of France
( J.P. Gisserot, Parys, 2001), p. 21
- ↑
5,0
5,1
5,2
5,3
5,4
Pierre Riche,
The Carolingians; A Family who Forged Europe
, Vertaler, Michael Idomir Allen (University of Pennsylvania Press, Philadelphia, 1993), p.250
- ↑
Pierre Riche,
The Carolingians; A Family who Forged Europe
, vertaler, Michael Idomir Allen (University of Pennsylvania Press, Philadelphia, 1993), pp.250-1
- ↑
Elizabeth M. Hallam,
Capetian France; 987-1328
(Longman Group Ltd., Londen & New York, 1980), p. 89
- ↑
The Annals of Flodoard of Reims: 919-966
, Reds. & vertalers, Stephen Fanning & Bernard S. Bachrach (University of Toronto Press, 2011), p. xvii
- ↑
Pierre Riche,
The Carolingians; A Family who Forged Europe
, Vert. Michael Idomir Allen (University of Pennsylvania Press, Philadelphia, 1993), p.262
- ↑
The Annals of Flodoard of Reims; 919-966
, Reds. & vertalers, Steven Fanning & Bernard S. Bachrach (University of Toronto Press, 2011), p. 30
- ↑
The Annals of Flodoard of Reims; 919-966
, Reds. & vertalers, Steven Fanning & Bernard S. Bachrach (University of Toronto Press, 2011), p. 31
- ↑
The Annals of Flodoard of Reims; 919-966
, Reds & vertalers, Steven Fanning & Bernard S. Bachrach (University of Toronto Press, 2011), p. 32
- ↑
David Crouch,
The Normans
(Hambledon Continuum, Londen & New York, 2007), p. 16
- ↑
Jim Bradbury,
The Capetians: Kings of France, 987-1328
(Hambledon Continuum, Londen & New York, 2007), p. 40
- ↑
15,0
15,1
15,2
15,3
Jim Bradbury,
The Capetians: Kings of France, 987-1328
(Hambledon Continuum, Londen & New York, 2007), p. 41
- ↑
16,0
16,1
16,2
16,3
Jim Bradbury,
The Capetians: Kings of France, 987-1328
(Hambledon Continuum, Londen & New York, 2007), p. 42
- ↑
17,0
17,1
Detlev Schwennicke,
Europaische Stammtafeln: Stammtafeln zur Geschichte der Europaischen Staaten
, Neue Folge, Band II (Verlag von J. A. Stargardt, Marburg, Duitsland, 1984), Tafel 11