Hugo Maurice Julien Claus
(Nederlands:??y?oː ?kl?u?s;
5 April
1929
?
19 Maart
2008
) was 'n toonaangewende
Vlaamse
skrywer wat onder sy eie naam gepubliseer het sowel as onder verskeie skuilname. Claus se literere bydrae deurkruis die genres van drama, die roman, en ook poesie. Hy het ook 'n beduidende erfenis gelaat as 'n
skilder
en rolprentregisseur. Hy het meestal in
Nederlands
geskryf. Sy dood by wyse van
eutanasie
, welke wettig is in
Belgie
, het tot aansienlike konsternasie gelei.
Hugo Claus is op
5 April
1929
in Sint-Janshospitaal in
Brugge
,
Belgie
gebore.
[1]
Hy was die oudste van vier seuns van wie die vader Jozef Claus was en die moeder Germaine Vanderlinden. Jozef het gewerk as 'n drukker, maar was ook gaande oor teater.
[2]
Hugo het skoolgegaan aan 'n kosskool en die Duitse okkupasie van Belgie tydens die
Tweede Wereldoorlog
meegemaak. Die ondervinding sou 'n formatiewe rol speel in Claus se ontwikkeling, en sou later deur Claus aangepas word tot sy semi-outobiografiese roman
Het verdriet van Belgie
.
[3]
[4]
Baie van Claus se onderwysers was deel van die Vlaamse Beweging, die groep nasionaliste wat simpatiekgesind was tot fascisme, en Claus het aangesluit by die pro-Duitse jeugvlerk van die Vlaamse Nasionale Unie. Sy vader was ook vlugtig aangehou na die bevryding van Belgie op aanklagte dat hy saamgewerk het met die
Spilmoondhede
teen die
Geallieerdes
.
[2]
Claus was op 'n meer gevorderde stadium van sy lewe simpatiekgesind teenoor die
linkses
. Claus sou na bewering in 1960's die sosialistiese model lof toeswaai na 'n besoek aan
Kuba
.
[2]
Die begin van Claus se aansien in letterkundige kringe, en sy buiging as 'n romansier, het in 1950 op die ouderdom van een-en-twintig plaasgevind met die publikasie van
De Metsiers
. Sy eerste gepubliseerde gedigte was eintlik reeds in 1947 deur sy vader gedruk.
[5]
Hy het van 1950 tot 1952 in Parys gewoon waar hy baie lede van die
CoBrA-kunsbeweging
ontmoet het.
[6]
Van 1953 tot die begin van 1955 het Hugo Claus in Italie gewoon waar sy vriendin Elly Overzier (gebore in 1928) gespeel het in 'n paar rolprente. Hulle is getroud op 26 Mei 1955. Hul seun Thomas is op 7 Oktober 1963 gebore. In die vroee 1970's het Claus 'n verhouding gehad met die aktrise
Sylvia Kristel
, wat 23 jaar jonger as hy was, en saam met wie hy in 1975 'n seun genaamd Arthur gehad het. Die verhouding het egter geeindig in 1977 toe Kristel vir Claus gelos het vir die akteur
Ian McShane
.
[7]
Hugo Claus is beskou as een van die belangrikste kontemporere Vlaamse skrywers.
[8]
[9]
[10]
Claus het die roman
Schola Nostra
(1971) onder die skuilnaam
Dorothea Van Male
gepubliseer. Hy het ook die skuilname
Jan Hyoens
en
Thea Streiner
gebruik. Die 1962 roman
De verwondering
en 1983 se
Het verdriet van Belgie
is van Claus se belangrikste werke as
romansier
.
[11]
Lee beskou
Het verdriet van Belgie
as 'n
postmodernistiese
kritiek van nasionale identiteit.
[12]
Hy het egter die meeste werke gelewer in sy literere hoedanigheid as dramaturg. Claus het 35 oorspronklike stukke en 31 vertalings van Engelse,
Griekse
,
Latynse
,
Franse
en
Spaanse
toneelstukke en romans geskryf. Sy dramatiese skets
Masscheroen
is aanvanklik opgevoer by die
Knokke Casino
.
[13]
Die werk is aangeval as godslasterlik en as nadelig vir die publiek se morele welstand. Die opvoering van die toneelstuk het 'n regsaak tot gevolg gehad waarin Claus vervolg en skuldig bevind is aan klagte van openbare onsedelikheid. Claus is beveel om 'n boete van tienduisend Belgiese franc te betaal en om tronkstraf van vier maande uit te dien.
[1]
[2]
[13]
Die vonnis is later versag tot 'n
opgeskorte vonnis
na 'n suksesvolle openbare mosie.
[2]
Claus het ook die draaiboek van 'n
satiriese
strokiesverhaal
, "De Avonturen van Belgman" in 1967 geskryf. Die strokiesverhaal is geteken deur die kunstenaar
Hugoke
(Hugo de Kempeneer).
[14]
Hugo Claus se naam is verskeie kere genoem in verband met die
Nobelprys vir Letterkunde
, waarop hy terloops en ongeerg kommentaar gelewer het: "hierdie prysgeld sal my welgeval".
[15]
Skilderwerk en rolprente
[
wysig
|
wysig bron
]
As 'n skilder was Claus vanaf 1950 'n deelnemer aan die CoBrA kunsbeweging. Hy het vriendskappe ontwikkel met sommige van die beweging se lede, en het in 1949 'n boek deur Pierre Alechinsky geillustreer.
[16]
Hy het met sleutelfigure saamgewerk in die beweging, insluitende Karel Appel en Guillaume Cornelis van Beverloo
[17]
en deelgeneem aan sommige uitstallings.
[16]
Hy het later sy ondervindinge van die tydperk gebruik in sy boek
Een zachte vernieling
.
[18]
Claus was tussen 1964 en 2001 die regisseur van sewe rolprente. Sy rolprent
Het sacrament
is gewys in die
Un Certain Regard
-afdeling tydens die 1990 Cannes Filmfees.
[19]
Claus het gelei aan
Alzheimersiekte
en versoek dat sy lewe deur
eutanasie
beeindig word. (welke 'n wettige prosedure in Belgie is) Hy het op 19 Maart 2008 in Middelheim Hospitaal in
Antwerpen
gesterf.
[20]
Bert Anciaux, die destydse
Vlaamse
Minister van Kultuur,
[21]
het gekonstateer; "Ek het hom goed genoeg geken om te weet dat hy met trots en waardigheid wou heengaan."
[22]
Die voormalige Belgiese eerste minister,
Guy Verhofstadt
het gese dat hy hom kon verbeel dat die aanvang van Alzheimer se siekte "onvermydelike en onuitstaanbare marteling" veroorsaak het. "Ek kan saamlewe met die feit dat hy dus so besluit het" het hy gese, "want hy het ons verlaat as 'n groot gloeiende
ster
, net betyds, net voordat hy sou verval het in 'n
gravitasiekolk
."
[7]
Sy dood deur genadedood het kritiek van die
Rooms Katolieke Kerk
en die Belgiese Alzheimer Liga ontvang.
[23]
Die
Rooms Katolieke Kerk
het die mediadekking gekritiseer en die Belgiese kardinaal Godfried Danneels het verwys na Claus se genadedood in sy Paasfees boodskap.
[24]
Die Belgiese Alzheimer Liga respekteer Claus se besluit, maar glo dat die mediadekking van sy dood veel te wense oorlaat, omrede dit ander opsies vir Alzheimer pasiente verwaarloos.
Pryse (nie volledige lys nie)
[
wysig
|
wysig bron
]
- 1950 ? Leo J. Krynprijs vir
De Metsiers
- 1952 ? Arkprijs van het Vrije Woord vir
De Metsiers
- 1964 ? August Beernaert-prys vir
De verwondering
- 1965 ? Henriette Roland Holst-prys vir al sy toneelstukke
- 1967 ? Edmond Hustinx-prys vir al sy toneelstukke
- 1979 ? Constantijn Huygens-prys
- 1985 ? Cestoda-prys
- 1986 ? Herman Gorter-prys vir
Alibi
- 1986 ? Prijs der Nederlandse Letteren
- 1994 ? Prijs voor Meesterschap vir sy volledige oeuvre
- 1994 ? VSB Poesie-prys vir
De Sporen
- 1997 ? Libris-prys vir
De Geruchten
- 1998 ? Aristeion-prys vir
De Geruchten
- 2000 ? Premio Nonino vir
La sofferenza del Belgio
(Het verdriet van Belgie)
Bibliografie (onvolledige lys)
[
wysig
|
wysig bron
]
Claus het meer as 'n duisend bladsye poesie, meer as sestig toneelstukke, meer as twintig romans, rolprentdraaiboeke, librettos en vertalings geskryf.
- De Metsiers
, 1950)
- Het verdriet van Belgie
(Afrikaans:
Die verdriet van Belgie
), 1983) (ISBN|1-58567-238-6)
- De Zwaardvis
, 1989) (ISBN|0-7206-0985-2)
- Het verlangen
, 1978) (ISBN|0-14-025538-9)
- De verwondering
, 1962) (ISBN|978-0-9800330-1-4)
- Het teken van de Hamster
, 1964) (ISBN|9071345130)
- Vrijdag
, 1968) (ISBN|0706700511)
- Karel Appel, Painter
, 1963 (
Karel Appel, Schilder
, 1964)
- ↑
1,0
1,1
"Een virtuoze alleskunner"
(19 Maart 2008).
De Verdieping
. Opgespoor 18 Junie 2010.
- ↑
2,0
2,1
2,2
2,3
2,4
Coetzee, J. M.
(24 Feb 2007).
"Stepping Stones".
The Guardian
. Opgespoor op 17 Junie 2010.
- ↑
In
Afrikaans
vertaal deur Dr.
Daniel Hugo
onder die titel
Die verdriet van Belgie
.
- ↑
https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boek-die-verdriet-van-belgie/
Opgespoor en besoek op 15 Mei 2020
- ↑
Bloom, Ono (20 Maart 2008).
"De Vlaamse leeuw is dood: In memoriam Hugo Claus 1929 ? 2008"
.
De Verdieping
. Opgespoor 18 Junie 2010.
- ↑
eorges Wildemeersch.
"Introduction ? Studie- en documentatiecentrum Hugo Claus"
. University of Antwerp. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 18 Mei 2011
. Besoek op
12 Februarie
2009
.
- ↑
7,0
7,1
"Author Claus dies by euthanasia"
.
BBC News
(in Engels). 21 Maart 2008.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2019.
- ↑
Radio-Television Belge RTBF (Frans)
Geargiveer
20 Maart 2008 op
Wayback Machine
- ↑
"Le Devoir"
(in Frans). Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 21 Maart 2008
. Besoek op
1 April
2019
.
- ↑
La-Croix.com.
"La Croix - Actualite a la Une en France, en Europe et dans le Monde"
.
La Croix
(in Frans).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2020.
- ↑
Brems, Hugo (2007). "Claus, Hugo (1929?)". In Bernard A. Cook (Red.),
Europe Since 1945: An Encyclopedia
, Volume 1 (pp. 204?205). Londen: Taylor & Francis.
ISBN 0-8153-1336-5
.
- ↑
Lee, M. (2002). National Identity and Its Construction: The Codification of Flemish Identity Illustrated through
Het verdriet van Belgie
deur Hugo Claus.
Dutch Crossing: A Journal of Low Countries Studies
, 26(2), 212?232.
- ↑
13,0
13,1
Willinger, David (2007). "Introduction". In Hugo Claus,
The Sacrament and Other Plays of Forbidden Love
(bl. 11?80). Selinsgrove, Pennsylvania: Susquehanna University Press.
ISBN 978-1-57591-110-6
- ↑
"De avonturen van Belgman"
.
Blues Online
(in Nederlands).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 1 April 2019.
- ↑
Revue de la presse belge (Frans)
Geargiveer
20 April 2008 op
Wayback Machine
- ↑
16,0
16,1
"Hugo Claus"
(in Engels). Jaski Art Gallery. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 6 Februarie 2007
. Besoek op
12 Februarie
2009
.
- ↑
"Hugo Claus's position as poet-painter in Flemish/Dutch experimentalism (1947?1955)"
(in Engels). University of Antwerp.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 25 Augustus 2016
. Besoek op
12 Februarie
2009
.
- ↑
"Hugo Claus: Mild Destruction (Een zachte vernieling)"
. NLPVF ? Foundation for the Production and Translation of Dutch Literature. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 14 November 2010
. Besoek op
12 Februarie
2009
.
- ↑
"Festival de Cannes: The Sacrament"
.
festival-cannes.com
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 4 April 2015
. Besoek op
7 Augustus
2009
.
- ↑
svh.
"Hugo Claus overleden"
.
De Standaard
(in Nederlands).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 1 April 2019.
- ↑
"Regeringen Peeters"
.
Vlaanderen.be
(in Vlaams). 10 September 2014. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 3 Maart 2018
. Besoek op
3 Maart
2018
.
- ↑
LCI (Frans)
Geargiveer
21 Maart 2008 op
Wayback Machine
- ↑
"Welkom - Alzheimer Liga vzw"
.
www.alzheimerliga.be
(in Nederlands).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 31 Desember 2018
. Besoek op
1 April
2019
.
- ↑
"Kardinaal Danneels: 'de dood omzeilen is geen heldendaad'
"
.
De Standaard
(in Nederlands).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 1 April 2019.