한국   대만   중국   일본 
Hudsonrivier - Wikipedia Gaan na inhoud

Hudsonrivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hudsonrivier
Bear Mountain-brug oor die Hudsonrivier
Bear Mountain-brug oor die Hudsonrivier
Bear Mountain-brug oor die Hudsonrivier

Die stroomgebied van die Hudsonrivier.

Oorsprong Tear of the Clouds-meer, Adirondack-gebergte , New York ( Verenigde State )
Monding Opper-New Yorkbaai, New York
Atlantiese Oseaan
Stroomgebied New York en New Jersey , Verenigde State
Lengte 507 km (315 myl)
Oorspronghoogte 553 m (1 814 voet)
Mondinghoogte 0 m
Gemiddelde afloop 620 m³/s (21 900 ft³/s) [1]
Stroomgebiedopp. 36 260 km² (14 000 myl²)
Die waterweë van New York Stad: (1) Hudsonrivier, (2) Eastrivier, (3) Long Island Sound, (4) Newarkbaai, (5) Opper-New Yorkbaai, (6) Laer-New Yorkbaai, (7) Jamaicabaai, (8) Atlantiese Oseaan.
Die waterwee van New York Stad: (1) Hudsonrivier, (2) Eastrivier, (3) Long Island Sound, (4) Newarkbaai, (5) Opper-New Yorkbaai, (6) Laer-New Yorkbaai, (7) Jamaicabaai, (8) Atlantiese Oseaan.
Brooklyn Museum - "Boats on the Hudson" geskilder deur Francis Augustus Silva

Die Hudsonrivier ( Engels : Hudson River , [?h?dsn????v?]) is 'n 507 km-lange rivier wat van noord na suid vloei, hoofsaaklik deur die ooste van die staat New York in die Verenigde State . Die rivier het sy oorsprong by Hendersonmeer in Newcomb, New York, in die Adirondack Park, dit vloei suidwaarts verby die hoofstad Albany , en uiteindelik vorm dit die grens tussen New York Stad en die Amerikaanse deelstaat New Jersey by sy monding, voor dit uitmond in die Opper-New Yorkbaai. Die amptelike hidrologiese bron van die Hudsonrivier is "Tear of the Clouds"-meer in die Adirondack-gebergte . [2] Die laer helfte van die rivier is 'n getymonding op die Hudson Fjord, wat tydens die mees onlangse tydperk van Noord-Amerikaanse vergletsering gevorm het, volgens skatting ongeveer 26 000 tot 13 300 jaar gelede. [3] Getyvloei beinvloed die Hudson se vloei van so ver noord as Troy, New York .

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. ( en ) Hudson River freshwater discharge at New York, NY . Ny.water.usgs.gov (2010-10-15). Besoek op 2013-08-09.
  2. ( en ) "Natural History of the Hudson River" . Hhr.highlands.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 September 2013 . Besoek op 9 November 2012 .
  3. ( en ) The Hudson as Fjord Geargiveer 28 Julie 2011 op Wayback Machine New York State se Department Omgewingsbewaring
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.