Hudsonbaai
|
Nasa
-Satellietbeeld van die Hudsonbaai
|
Kaart van die Hudsonbaai
|
Koordinate
:
| 60°N
85°W
/
60°N 85°W
/
60; -85
Koordinate
:
60°N
85°W
/
60°N 85°W
/
60; -85
|
Ligging:
| Manitoba
,
Nunavut
,
Ontario
,
Quebec
(
Kanada
)
|
Soort:
| See van die
Arktiese Oseaan
/
Atlantiese Oseaan
|
Oppervlakte
:
| 1 230 000 km² (470 000 myl²)
|
Gemiddelde diepte:
| 100 m (330 vt)
|
Maksimum diepte:
| 270 m (890 vt)
|
Lengte
:
| 1 370 km (851,28 myl)
|
Breedte
:
| 1 050 km (652,44 myl)
|
Invloei:
| Albany,
Churchill
, Nelson, Nottaway, Severn
|
Uitvloei:
| Arktiese Oseaan/Atlantiese Oseaan
|
Eiland/e
:
| Belcher-eilande, Coats-eiland, Mansel-eiland,
Southampton-eiland
|
Nedersettings
:
| Churchill, Sanikiluaq
|
Gevries:
| mid-Desember tot mid-Junie
|
Die
Hudsonbaai
(
Engels
:
Hudson Bay
,
Frans
:
Baie d'Hudson
) is 'n
baai
in die noordooste van
Kanada
. Sy uitgestrekte wateroppervlakte beslaan 1,23 miljoen vierkante kilometer, en die baai dreineer 'n baie groot gebied wat onder meer dele van
Ontario
,
Quebec
,
Saskatchewan
,
Alberta
, die grootste deel van
Manitoba
, dele van
Noord-Dakota
en
Minnesota
, en die suidooste van
Nunavut
insluit. 'n Kleiner tak van Hudsonbaai, Jamesbaai, le in die suide.
Die Internasionale Hidrografiese Organisasie (IHO) lys Hudsonbaai in sy
Special Publication 23 (Limits of Oceans and Seas, vierde uitgawe)
as 'n deel van die
Arktiese Oseaan
. In die ooste word die baai deur die Hudson-seestraat met die
Atlantiese Oseaan
se
Labradorsee
verbind en in die noorde deur die Foxe-bekken (wat nie as deel van Hudsonbaai beskou word nie) met die res van die Arktiese Oseaan. In die noorde van die Hudsonbaai is
Southampton-eiland
, die grootste eiland, gelee. Ander eilande sluit in Belcher-eilande in die suidooste, Coats- en Mansel-eiland in die noorde. Sy geografiese koordinate is 78° tot 95° Wes, 51° tot 70° Noord.
In die Oostelike
Cree
-taal word die baai
Winipekw
(suidelike dialek) of
Winipakw
(noordelike dialek) genoem, wat letterlik "brakwater" beteken. Die plaaslike
Cree
het 'n eenderse naam vir die
Winnipegmeer
.
Hudsonbaai is vernoem na Henry Hudson wat die baai in 1610 met sy skip
Discovery
verken het. Op sy vierde seereis het hy om die weskus van
Groenland
en uiteindelik na Hudsonbaai geseil en kaarte van die grootste deel van die ooskus geteken. Die
Discovery
het egter tydens die winter in die ys vasgevang geraak, en die bemanning moes aan land gaan waar hulle aan die suidelike punt van die Jamesbaai oorleef het. Toe die ys in die lente gebreek het, was Hudson van plan om die res van die gebied te verken. Op 22 Junie 1611 het sy bemanning egter gemuit.
Sestig jaar later het die skip
Nonsuch
die baai bereik en handel met die plaaslike Cree gedryf wat bewervelle aan die Europeers verkoop het. Hierdie handelsbande het die aanleiding tot die stigting van die Hudsonbaai-kompanjie (
Hudson's Bay Company
) gegee wat hierdie naam nog steeds dra. Die Britse Kroon het aan die kompanjie 'n handelsmonopolie vir die Hudsonbaai-bekken (wat Rupert's Land genoem is) toegeken.
Frankryk
het hierdie monopolie aanvanklik betwis en 'n aantal militere ekspedisies na die gebied gestuur, maar sy aanspraak in die Verdrag van Utrecht in April 1713 laat vaar.
Die Hudsonbaai-kompanjie het in hierdie tydperk verskeie forte en handelsposte langs die kus opgerig wat meestal by die mondings van groot
riviere
gelee was soos byvoorbeeld Fort Severn (Ontario), York Factory en Churchill (beide Manitoba). Die strategiese ligging van hierdie forte en poste het die verkenning van die binneland en veral ook die handel met
inheemse volke
vergemaklik. Die Eerste Nasies-stamme van die gebied het hul pelse na die handelsposte gebring van waar die kompanjie dit regstreeks na Europa vervoer het ? wat oor 'n korter afstand bereik kon word as
Montreal
. Die kompanjie het tot by die vroee 20ste eeu van hierdie handelsposte gebruik gemaak.
In 1870, toe die handelsmonopolie afgeskaf is, is die gebied met 'n oppervlakte van sowat 3,9 miljoen vierkante kilometer as deel van die Noordwes-gebiede aan Kanada afgestaan. Weens 'n verandering in die naamkonvensie staan
Hudson's Bay
in Engels nou amptelik as
Hudson Bay
bekend. Daar word egter nog steeds dikwels met die ou benaming na die baai en die kompanjie verwys.