in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die liefde van Helena en Paris
, deur Jacques-Louis David, 1788.)
Helena van Troje
,
[1]
[2]
[3]
eintlik meer korrek
Helena van Sparta
(antieke
Grieks
: ?λ?νη
Helen?
), was in die
Griekse mitologie
die beeldskoonste vrou in die wereld. Sy was volgens die meeste bronne die dogter van
Zeus
en
Leda
, en die suster van onder andere Klitemnestra,
Kastor en Polluks
en
Foibe
. Sy was getroud met koning
Menelaos
van
Sparta
.
Volgens tradisie het
Afrodite
haar aan
Paris
belowe nadat hy die godin ’n kompetisie laat wen het. Paris het haar toe ontvoer en na
Troje
geneem.
Haar verhaal is onder meer opgeteken is
Homeros
se
Ilias
en
Odussee
. Omdat baie mans om haar hand meegeding het, het haar pa hulle ’n eed laat afle dat hulle haar huwelik sou verdedig, maak nie saak wie hy kies nie. Menelaos is toe gekies. Toe Paris Helena steel, het die eed veroorsaak dat die
Achajers
na Troje opgeruk het om haar te gaan haal en dit het gely tot die
Trojaanse Oorlog
.
Eindelik is Paris in die oorlog doodgemaak en volgens Homeros is Helena met Menelaos herenig.
- ↑
Galt, John, red. (1837).
The Complete Works of Lord Byron
. Paris: Baudry's European Library. p. 553.
- ↑
Lang, Andrew (1892).
Helen of Troy
. Library of Alexandria. pp. Title page.
ISBN
9781465600868
.
- ↑
Die naam is gewild gemaak deur die 1956-rolprent
Helen of Troy
deur Warner Bros.