in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Han-dinastie
(
Vereenvoudigde Chinees
: ?朝;
Tradisionele Chinees
: 漢朝; pinyin:
Han Chao
; Wade?Giles:
Han Ch'ao
; IPA: [xan t??????], 206 v.C. ?
220 n.C
) was ’n
Chinese
dinastie wat vooafgegaan is deur die
Qin-dinastie
(221?207 v.C.) en opgevolg is deur die
Drie Koninkryke
(220?280 n.C.). Dit is gestig deur die rebelleleier Liu Bang, nadoods bekend as keiser Gaozu van Han. Dit is kortliks onderbreek deur die Xin-dinastie (9?23 n.C.) van die vorige heerser Wang Mang. Die tussentydperk verdeel die Han in twee tydperke: die Westelike Han (206 v.C. ? 9 n.C.) en die Oostelike Han (25?220 n.C.). Die bewind van die Han, wat oor vier eeue gestrek het, word beskou as ’n goue era in die Chinese geskiedenis.
[1]
Tot vandag verwys China se grootste etniese groep na hulself as die "Han-volk" en die Chinese skrif word "Han-karakters" genoem.
[2]
Die Han-ryk is verdeel in gebiede wat regstreeks deur die sentrale regering beheer is en ’n paar halfoutonome koninkryke. Die koninkryke het mettertyd hul onafhanklikheid verloor. Die Xiongnu, ’n nomadiese konfederasie op die
Eurasiese
steppe
,
[3]
het die Han in 200 v.C. verslaan en die ryk ’n minderwaardige vennoot gemaak, maar steeds die Han-grense aangeval. Keiser Wu van Han (r. 141?87 v.C.) het verskeie militere veldtogte teen hulle geloods. Die eindelike oorwinning van die Han het die Xiongnu-leiers gedwing om leenhere te word. So het die Han hul gebied in Sentraal-Asie uitgebrei en die Xiongnu in twee aparte konfederasies verdeel. Dit het help lei tot ’n uitgebreide handelsnetwerk bekend as die
Syroete
, wat tot aan die
Middellandse See
gestrek het.
Die gebiede noord van die Han-grens is kort daarna oorgeneem deur die nomadiese Xianbei-konfederasie. Keiser Wu het ook suidwaarts uitgebrei; hy het Nanyue in 111 v.C. en Dian in 109 v.C. verower, en in 108 v.C. militere veldtogte geloods in die
Koreaanse Skiereiland
.
Na 92 n.C. het die paleis se
eunugs
al hoe meer betrokke geraak by die politiek en daar was gewelddadige magstryde, wat eindelik gelei het tot die einde van die Han-dinastie. Na die dood van keiser Ling (r. 168?189 n.C.) het die militere offisiere die eunugs uitgemoor en hierna het die aristokrasie en militere goewerneurs krygshere geword wat die ryk verdeel het. Toe Cao Pi, koning van Wei, keiser Xian se troon afneem, het die dinastie tot ’n einde gekom.
- ↑
Zhou, Jinghao (2003).
Remaking China's Public Philosophy for the Twenty-First Century
, bl. 34. Westport: Greenwood Publishing Group, Inc.
ISBN 0-275-97882-6
- ↑
Schaefer, Richard T. (2008).
Encyclopedia of Race, Ethnicity, and Society
: Volume 3, bl. 279. Thousand Oaks: Sage Publications Inc.
ISBN 1-4129-2694-7
- ↑
Bailey, H.W. (1985).
Indo-Scythian Studies being Khotanese Texts
Volume VII, , bl. 25?26. Cambridge University Press.
Chinese keiserlike dinastiee
|
---|
|