in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Gweru
(voorheen
Gwelo
) is die hoofstad van
Zimbabwe
se sentrale provinsie en ook die land se vierde grootste stad, naas
Harare
,
Bulawayo
en
Mutare
.
Die stad is in
1894
gestig, verkry in Julie
1914
munisipale status en het stadstutus in
1971
verwerf. Die belangrikste bedryf om die stad is boerdery terwyl nywerheidsontwikkeling baie tot die stad se voorspoed bygedra het tot met die ineentsorting van die land se ekonomie na
2000
.
In
1960
was die stad se bevolking 27 290, waarvan 8 110 wit was, 500 bruin en Indiers, en 18 680 swart. Die geraamde bevolking in
2007
was 148 935.
Voor die afstigting van Gwelo is dit as buitepos van die
Bulawayo
-gemeente bedien. Op
6 November
1920
vergader die ringskommissie van die Ring van
Bulawayo
op Gwelo in 'n sinkkerkie en 'n hele dag se beraadslaging, veral oor die vaslegging van grense, is tot die afstigting van die gemeente oorgegaan. Dit was maar die vyfde gemeente in die destydse Suid-Rhodesie.
Ds. J.N. Geldenhuys van Bulawayo is vir die tweede maal beroep en op
3 Junie
1922
bevestig. Hy vetrek weer in Oktober
1925
waarna sewe vrugtelose beroepe uitgebring word voor ds. G.J. van Zyl op
3 Februarie
1927
bevestig is. Hy het die land na 16 jaar as 'n gebroke man weens swak gesondheid verlaat. Dit is heel te verstane aangesien hy in der waarheid sewe gemeentetjies (met al die buiteposte) moes bedien.
Ds. H. Botha volg ds. Van Zyl op
9 Januarie
1944
op. Na 'n bedrywige bediening van meer as se jaar verlaat hy en sy vrou die land om na die
NG gemeente Fauresmith
te gaan. Ds. en mev. Botha was nie net vir Gwelo nie, maar vir die hele Suid-Rhodesie van onskatbare waarde op geestelike sowel as tydelike gebied en het 'n groot aandeel aan die opbou van Noord-Rhodesie (
Zambie
) vir die kerk gehad.
Soos die ander gemeentes in die land het Gweru se lidmaattalle na onafhanklikheid dramaties afgeneem van 391 in
1978
tot 128 in
1994
, 50 in
2006
en 3 in
2008
.
- Olivier, ds. P.L.
(samesteller),
Ons gemeentelike feesalbum
. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
- George, K.J. (red.),
Official South African Municipal Year Book 1961-1962
, Pretoria, 1962.
- Mayhew, Vic (red.),
Reader’s Digest Illustrated Guide to Southern Africa
, The Reader’s Digest Association South Africa (Pty.) Limited, Kaapstad, 1980.