한국   대만   중국   일본 
Grytviken - Wikipedia Gaan na inhoud

Grytviken

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Grytviken

Kaart Vlag
Wapen
  Land Vlag van Verenigde Koninkryk  Verenigde Koninkryk
  Oorsese gebied Suid-Georgie en die
Suidelike Sandwicheilande
  Koordinate 54°16′53″S 36°30′29″W  /  54.281472°S 36.508028°W  / -54.281472; -36.508028
  Stigting November 1904
  Oppervlakte:  
 - Totaal 4 vk km
  Hoogte bo seevlak 2 m
  Bevolking:  
 - Totaal (2006) 2
 - Bevolkingsdigtheid 0,5
  Tydsone UTC -02:00
  Burgemeester
'n Uitsig oor King Edward Point met Grytviken links op die agtergrond

Grytviken is die hoofstad en grootste dorp van die Suid-Georgie en die Suidelike Sandwicheilande , 'n oorsese gebied van die Verenigde Koninkryk . Die dorp is met 'n bevolking van twee mense 'n spookdorp en het 'n oppervlakte van 4 km². Die dorp is in November 1904 deur die Sweedse landmeter Johan Gunnar Andersson gestig. Naby die verlate walvisstasie le King Edward Point , wat as hoofstad van Suid-Georgie en die Suidelike Sandwicheilande dien.

Geskiedenis [ wysig | wysig bron ]

Die stigting van die Grytviken-nedersetting, op 16 November 1904, word toegeskryf aan die Noorse kaptein  Carl Anton Larsen . Hy het hom aan die rand van Suid-Georgie gevestig wat reeds deur walvisjagters besoek is. Die naam "Grytviken" is egter  Sweeds  en beteken "Potbaai". Hierdie naam is twee jaar voor die stigting deur die Sweedse argeoloog en geoloog Johan Gunnar Andersson gegee, na die flesse wat gebruik is om  lewertraan  te berei.

Die bekende Arktiese ontdekkingsreisiger  Ernest Shackleton is in die Grytviken-begraafplaas begrawe. Hy is in 1922 aan boord van die  Quest dood terwyl sy boot in die hawe geanker het. Die oorskot van sy kollega Frank Wild is ook hier herbegrawe.

In April 1982 met die Falklandoorlog het Grytviken vir 'n rukkie  Argentyns geword na 'n kort geveg teen die Britte. Drie weke later het die Britte egter hul posisie by Grytviken terug verower. Tot 2001 was daar 'n klein Britse garnisoen op die eiland. In 1990 is die eiland weer onder burgerlike bestuur geplaas.

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]