in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
George Herbert Hyde Villiers, die Graaf van Clarendon
(
Engeland
,
7 Junie
1877
-
13 Desember
1955
) was goewerneur-generaal van die
Unie van Suid-Afrika
.
Hy kry sy skoolopleiding aan
Eton-kollege
en word in 1922 hoofsweep van die regering in die Hoerhuis van Brittanje. In 1925 word hy onderminister van dominiale sake en voorsitter van die Overseas Settlement Committee. Twee jaar later word hy voorsitter van die
British Broadcasting Corporation
. In 1931 stel die Britse koning hom aan as goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika. Hy keer in 1938 terug na Engeland waar hy 'n belangrike amp in die koninklike huishouding aanvaar. Hy tree in 1952 af en sterf drie jaar later.
Die Laer en Hoer Meisieskool Clarendon in
Oos-Londen
is na hom vernoem.
- Albertyn, dr. C.F. (red.) 1962.
Die Afrikaanse Kinderensiklopedie
. Kaapstad, Bloemfontein, Johannesburg: Nasionale Boekhandel Bpk.