in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
golflengte
van ’n sinusvormige golf is in
fisika
die
ruimteperiode
van die golf, met ander woorde die afstand tussen ooreenstemmende herhalings in die vorm daarvan,
[1]
byvoorbeeld hoogte- of laagtepunte. Dit is dus die omgekeerde van die
frekwensie
, wat die aantal periodes per sekonde is. Dit word gewoonlik bepaal deur die afstand tussen ooreenstemmende punte van opeenvolgende golwe te meet en is ’n eienskap van alle soorte golwe.
[2]
[3]
Golflengtes word gewoonlik deur die
Griekse letter
lambda (λ) aangedui.
As ’n mens aanneem ’n golf beweeg teen ’n vaste snelheid, is die golflengte omgekeerd eweredig aan die frekwensie van die golf: golwe met ’n hoer frekwensie het ’n korter golflengte, en omgekeerd.
[4]
Golflengtes hang af van die medium waardeur die golf beweeg (byvoorbeeld lug, water of ’n vakuum). Voorbeelde van golfverskynsels is klank-, lig- en watergolwe. Klankgolwe is wisselings in
lugdruk
, terwyl watergolwe wisselings in die hoogte van ’n waterliggaam is.
Die reeks golflengtes of frekwensies van golfverskynsels word die spektrum genoem. Die term het ontstaan met die
sigbare spektrum
, maar word nou toegepas op die hele
elektromagnetiese spektrum
, sowel as die klank- en vibrasiespektrum.