한국   대만   중국   일본 
Fula (volk) - Wikipedia Gaan na inhoud

Fula (volk)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Fula

Fula-vroue met tradisionele gesigtekeninge.
Totale bevolking: ca. 20?25 miljoen [1] [2]
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Nigerië  Nigerie 7 miljoen [3]

Vlag van Guinee  Guinee 4,7 miljoen [4]
Vlag van Mali  Mali 2,8 miljoen [5]
Vlag van Niger  Niger 1,5 miljoen [6]
Vlag van Kameroen  Kameroen 700 000 [3]
Vlag van Tsjad  Tsjad 128 000 [3]
Vlag van Soedan  Soedan 90 000 [3]

Taal: Fula ? Engels ? Arabies ? Frans
Geloofsoortuiging: Islam
Verwante etniese groepe: Hausa , Kanuri , Toucouleur

Die Fula , Fulani of Fulbe ( Fula : Ful?e ; Frans : Peul ; Hausa : Fulani of Hilani ; Portugees : Fula ; Wolof : Pel ; Bambara : Fulaw ) is 'n etniese groep inheems aan Wes-Afrikaanse lande soos Nigerie , Guinee , Mali en Niger . Die etniese groep omvat sowat 20?25 miljoen mense [7] en hulle praat Fula as moedertaal en Engels , Arabies of Frans as tweede taal. Dit is een van die grootste en mees verspreide etniese groepe in beide die Sahel en Wes-Afrika. [8]

Fula-jihad-lande in Wes-Afrika, omstreeks 1830 [9] [10]
Verspreidingskaart van Fula. Donkergroen: grootste etniese groep; middel: aansienlike bevolking; lig: kleiner aandeel

Die Fula is 'n hoofsaaklik Islamitiese volk van oorspronklik nomadiese veeherders wat in onlangse tye gevestig het. Die Fula is verwant aan die Hausa en vorm naas die Joroeba , Igbo en Hausa die vierde grootste etniese groep in Nigerie. Die Fula het in die 19de eeu belangrike ryke in die Soedan-gebied langs die Niger- en die Senegalriviere gestig.

Die Fula vorm die grootste etniese groep in Guinee, Senegal , Mali, Burkina Faso en Niger. In lande soos Mauritanie , Ghana , Gambie , Sierra Leone , Benin , Guinee-Bissau , Kameroen , Ivoorkus , Nigerie, Togo , Suid-Soedan , die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Liberie vorm die Fula 'n aansienlike deel van die bevolking. Ander lande met met 'n belangrike Fula-bevolking sluit in Ethiopie , Soedan en Tsjad .

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. ( en ) Felicity Crowe (2010). Modern Muslim Societies . Marshall Cavendish. p. 262. ISBN   978-0-7614-7927-7 .
  2. ( en ) Steven L. Danver (2015). Native Peoples of the World: An Encylopedia of Groups, Cultures and Contemporary Issues . Routledge. pp. 31?32. ISBN   978-1-317-46400-6 .
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 ( en ) Kays, Stanley J. (2011). Cultivated Vegetables of the World: A Multilingual Onomasticon . Springer Science & Business Media. p. 747. ISBN   9086867200 .
  4. ( en ) "Guinea" . Central Intelligence Agency . Besoek op 29 September 2021 .
  5. ( en ) "Mali" . Central Intelligence Agency . Besoek op 29 September 2021 .
  6. ( en ) "Niger" . Central Intelligence Agency . Besoek op 29 September 2021 .
  7. ( en ) David Levinson (1996). "Fulani". Encyclopedia of World Cultures: Africa and the Middle East, Volume 9 . Gale Group. ISBN   978-0-8161-1808-3 .
  8. ( en ) Richard M. Juang (2008). Africa and the Americas: Culture, Politics, and History . ABC-CLIO. p. 492. ISBN   978-1-85109-441-7 .
  9. ( en ) Johnson, Marion (1976). "The Economic Foundations of an Islamic Theocracy ? The Case of Masina". The Journal of African History . Cambridge University Press. 17 (04): 481?495. doi : 10.1017/s0021853700015024 .
  10. ( en ) Walter van Beek (1988). "Purity and statecraft: The Fulani Jihad". The Quest for Purity: Dynamics of Puritan Movements . Walter de Gruyter. pp. 149?177. ISBN   978-3-11-011382-2 .

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]