Frederik Willem van Eeden
(
3 April
1860
,
Haarlem
?
16 Junie
1932
, Bussum) was 'n
laat-negentiende eeuse
en
vroee 20ste eeuse
Nederlandse
skrywer
,
digter
, en
psigiater
. Hy was een van die voorste lede van die
Tagtigers
en die Significs-groep. Sy werk het ook vanaf 1885 gunstige resensies ontvang van die redakteurs van
De Nieuwe Gids
, gedurende die roemryke eerste paar jaar daarvan.
Van Eeden was die seun van die
plantkundige
Frederik Willem van Eeden, direkteur van die Koninklike Tropiese Instituut in Haarlem.
In 1880 het hy geneeskunde in
Amsterdam
studeer waar hy 'n boheemse leefstyl gehandhaaf het en
poesie
geskryf het. Terwyl hy in die stad gewoon het, het hy die term
lucide droom
(
Nederlands
) uitgedink, wat in verband staan met
geestelike helderheid
. Die term is deesdae 'n klassieke begrip in die Droom literatuur en - studieveld, en beskryf 'n toestand waartydens die mens
droom
terwyl hy bewus daarvan is dat hy droom. Dit is gepopulariseer in rolprente soos
Dreamscape
(1984) waarin Alex Gardner (gespeel deur
Dennis Quaid
) ander mense se drome kan binnedring, en in die filosofiese rolprent
Waking Life
(2001) deur Richard Linklater wat ook handel oor
lucide drome
. Die hoofkarakter beland in sy eie drome en filosofeer met die droomkarakters wat hy ontmoet oor die doel en betekenis van die lewe en die heelal. Hy praat ook oor die verskynsel van
lucide drome
. Ook die rolprent
Vanilla Sky
(2001) (die Amerikaanse weergawe van
Abre Los Ojos
), met
Tom Cruise
,
Cameron Diaz
en
Penelope Cruz
, handel oor
lucide drome
. Hierin gaan dit oor die feit dat 'n
lucide droom
kan uitdraai in 'n ware nagmerrie. In die aksiefilm
Inception
(2010) met Leonardo DiCaprio, Ken Watanabe en Ellen Page, speel
lucide drome
ook 'n beduidende rol.
In sy vroee skrywes is hy sterk beinvloed deur
Hindoe
idees van die self, deur
Bohme
se mistisisme, en deur
Fechner
se pansichisme. Hy het 'n produktiewe skrywer geword en verskeie romans, gedigte, toneelstukke en essays geskryf. Hy was in sy eie tyd alom bewonder in Nederland vir sy skrywes, sowel as vir sy status as die eerste internasionaal prominente Nederlandse psigiater.
Van Eeden se sielkundige praktyk het ingesluit dat hy sy mede-
tagtiger
Willem Kloos
as 'n pasient in 1888 begin behandel het. Sy behandeling van Kloos het egter slegs beperkte voordele gebied aangesien Kloos in
alkoholisme
verval het en toenemende simptome van geestesongesteldheid vertoon het. Van Eeden het ook sy psigiatriese insigte in sy latere werke geinkorporeer, soos in die sielkundige roman getiteld
Van de koele meren des doods
. Die roman, wat in 1900 gepubliseer is, spoor die stryd van 'n vrou wat aan
morfien
verslaaf is op intieme wyse na, soos wat sy liggaamlik en geestelik agteruitgaan.
Sy bekendste geskrewe werk,
De Kleine Johannes
, wat die eerste keer in 'n uitgawe van
De Nieuwe Gids
verskyn het, is 'n fantastiese avontuur van 'n gewone man wat grootword om die harde realiteite van die wereld om hom en die leegheid van hoop op 'n beter hiernamaals te affronteer, maar wie uiteindelik sin vind in die bevordering van die welsyn van diegene rondom hom. Hierdie etiek word herdenk in die reel
"Waar de mensheid is, en haar weedom, daar is mijn weg."
Van Eeden wou nie net oor etiek skryf nie, maar dit ook beoefen. Hy het 'n kommune met die naam Walden-kolonie gestig.
Thoreau
se boek getiteld
Walden
het hom geinspireer. Die kommune in Bussum,
Noord-Holland
, se inwoners het probeer om in soveel moontlik van hul behoeftes te voorsien en alles te deel. Hier het hy 'n lewenstandaard geniet ver bo dit waaraan hy gewoond was. Hierdeur word die Tagtigers se neiging tot sosialisme weerspieel; 'n ander Tagtiger,
Herman Gorter
, was in 1909 'n stigterslid van die wereld se eerste
Kommunistiese
politieke party, die Kommunistiese Party van Nederland (Sosiaal-Demokratiese Party).
Van Eeden het ook die VSA besoek. Hy het kontak gemaak met
William James
en ander sielkundiges. Hy het ook vir
Freud
, wie hy in Nederland bekendgestel het, in
Wene
ontmoet. Hy het met
Hermann Hesse
, die mediese hipnotikus Charles Lloyd Tuckey en die taalkundige Harold Williams gekorrespondeer, en was 'n vriend van Peter Kropotkin, die Russiese anargis wat in Londen woonagtig was.
Van Eeden het ook baie belanggestel in die Indiese filosofie. Hy het
Tagore
se
Gitanjali
vertaal.
In sy latere lewensjare het Van Eeden 'n
Katoliek
geword.
[1]
- De Paddestoel of De gevaarlijke hartstocht, Blyspel (1882)
- Het sonnet (1883)
- Frans Hals (1884)
- Het poortje, of De duivel in Kruimelburg (1884)
- De kleine Johannes (1885)
- Grassprietjes (onder die pseudoniem Cornelis Paradijs) (1885)
- De student thuis - Blyspel- (1886)
- Het hypnotisme en de wonderen (1886)
- Gedachten (1887)
- Noorderlicht (1888)
- Don Torribio (1890)
- Studies (1890)
- Ellen, Een lied van de smart (1891)
- Johannes Viator, Het boek van de liefde (1892)
- De broeders (1894)
- Studies. Tweede reeks (1894)
- Het lied van schijn en wezen (1895-1922)
- Lioba (1897)
- Studies. Derde reeks (1897)
- Enkele verzen (1898)
- Waarvan leven wij ? -Nutsrede - (1898)
- Waarvoor werkt gij ? - Toespraak- (1899)
- Van de koele meren des doods (1900)
- Van de passielooze lelie (1901)
- Binnenlandsche kolonisatie (1901)
- De waterlelie (1901)
- De blijde wereld (1903)
- Over woordkunst (1903)
- Gemeenschappelijk grondbezit (1903)
- Studies. Vierde reeks (1904)
- De kleine Johannes II en III (1905, 1906)
- Het Poortje of De Duivel in de Kruimel (1906)
- Minnestral (1907)
- Fragmenten eener Briefwisseling uit de jaren 1889-1899 (1907)
- Dante en Beatrice (1908)
- IJsbrand (1908)
- De idealisten of Het beloofde land - Toneelspel - (1909)
- De nachtbruid (1909)
- Het paleis van Circe - Toneelspel - (1910)
- Welt Eroberung durch Heldenliebe (1911)
- Open brief aan de padvinders (1911)
- Sirius en Siderius deel 1 De Ouders (1912)
- Happy Humanity (1912)
- Paul's ontwaken (1913)
- In kenterend getij - Drama - (1913)
- Sirius en Siderius deel 2 Het Kind (1914)
- Sirius en Siderius deel 3 Geroepen of Verkooren (1914)
- Aan de vrije jeugd (1914)
- De heks van Haarlem (1914) ter ere van de opening van die Stadskouburg van Haarlem
- Bij het licht van de oorlogsvlam (1915)
- De Bokkenrijder of het skelet (1917)
- Jezus' leer en verborgen leven (1919)
- Van de Passielooze Lelie (1920)
- Het godshuis in de lichtstad (1921)
- Kerk en communisme (1921)
- Het roode lampje - 2 delen - oorpeinsinge - (1921)
- Aan mijn Engelbewaarder en andere gedichten (1922)
- Uit Jezus' openbaar leven (1922)
- Ismea, of De stervende vlinder, een sprookje (1923)
- Langs den weg (1925)
- Jeugd-verzen (1926)
- Liber Amicorum (1930)
- Mijn dagboek (deel 1-4, 1931)
- Brieven aan Henri Borel (1933)
- Eucharistie - met titelplaat van Jan Toorop - (sonder jaar)
- Postuum gepubliseer
- Mijn dagboek (deel 5-8, 1933-1934; deel 9, [1946])
- De geestelijke verovering der wereld (1933)
- Over dromen (1956)
- Dromenboek (1979)
- ↑
Verschave, Paul (1924), ≪Un converti hollandais, le poete Frederic Van Heeden≫,
Le Correspondant
(25 Julie), pp. 311 -338.